Katbos

Coert Smit
User offline. Last seen 1 year 24 weke ago. Van lyn af
Aangesluit: 4 Aug 2010
Inskrywings:

Kan iemand vir my raad gee om katbos vinnig, goedkoop en effekief te bestry sonder om my weiveld te benadeel?

Is dit waar dat Damara skape hierdie katbos verkies om te eet bo ander plante?

3
 
 
Onbekende besoeker 

Dit was by my ook n probleem. Het van boerbokke gebruik gemaak en die bos is vernietig. Wat ek gesien het was dat die bokke die loof en die nuwe groei opvreet en sodoende vrek die plant mettertyd maar die dooie stokke was nog daar en dit moet uitgekap word of met n een skaar ploeg omgegooi word. Daarna moet dit goed dopgehou word vir hergroei of sade wat opkom, die damara kan dalk ook help

Onbekende besoeker 

Ek kan nie van bokke of skape gebruik maak nie. Swart woongebied te naby.
Daar is n gif Arsenaal wat in Januarie en Februarie gespuit word wat help Sterkte

Millenium Landboudienste 

Ek het vir jou gif wat werk op katbos, indien jy sou algeheel uitspuit werk dit net so oor die R200 per hektaar, maar jy spuit mos nou net elke bos hier en daar sommer met die rugsak spuit.

nico louw 

laat weet asb watse gif dit is SUKKEL OOK!

Onbekende besoeker 

Nico as jy katbos het moet jy die bang wees vir sukkel nie dit bly harde werk om dit uit te roei,daar is geen maklike oplossing nie.

Onbekende besoeker 

Gebruik n Vuurvegter 400 lt( druk nie te hoog) 250 gr. Brushoff, 10 lt. Roundup Turbo Januarie - Vroeg in Maart benat die plant goed

Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.