Kom boer in Mosambiek

Herman Marais
User offline. Last seen 32 weke 5 dae ago. Van lyn af
Aangesluit: 31 Mei 2010
Inskrywings:

 

Mozambiek se Regering het my, in ‘n onlangse vergadering, gevra om te kyk of ons nie boere kan kry om daar te gaan boer nie.
Hulle is nou baie oop vir onderhandelinge en sal baie toegewings maak t.o.v  sekere soorte belastings en die huur van die grond. Hulle sal egter nie help met insetkostes nie.
Grond word gehuur vir ‘n tydperk van 50 jaar met ‘n opsie vir ‘n verder  50 jaar.
Om grond te bekom moet die boer ‘n stuk grond identifiseer en ‘n aanbod aan die Regering maak. Dit sal onderhandel word met alle betrokke partye en die grond sal beskikbaar gestel word as dit goed verloop.
Daar is vreeslik baie vrugbare grond wat beskikbaar is in gebiede met baie goeie reënval . Hierdie grond is ook naby hawens vir uitvoere na die Ooste, Midde Ooste en Europa. Infrastrukture soos spoorlyne en paaie is redelik  toeganklik.
Mozambiek is ‘n baie taai wêreld vir besigheid en daar moenie die ulisie bestaan dat ‘n mens sommer net gaan vooruitgaan nie. Dit sal baie harde werk wees en boere sal regtig moet kophou, saamwerk en beplan. Sukses is egter baie moontlik.  
Die kultuur van die mense is baie meer gevorderd en hulle besef dat jy moet werk om iewers te kom. Daar moet egter nog gelet word op korrupsie en ‘n mens moenie sommer val vir enige geldmaak voorstel nie. Moet ook nie sommer die Afrikaners daar vertrou nie. Sommige van hulle is klaar besig om ander mense in te doen. Daar is wel baie goeies maar ons moet hulle eers identifiseer.
Ek behou my besisghede in SA en kyk of ek stelselmatig iets op die been kan bring daar sonder om te veel geld in te ploeg. Ek het baie aanbiedings gekry vir belegings maar sal dit nie waag nie.  Ek sal beter voel as boere ook baie versigtig te werk gaan.
Ek sal voorstel dat boere in groepe werk en dat ons hulle help met die onderhandelinge. Ons ken  die regte mense om hierdie dinge SONDER KORRUPSIE te reël.
Ons sou baie graag wil sien dat Afrikaner boere in gemeenskappe gevestig word en dat mens so ‘n verteenwoordigers aanstel om met die Regering te onderhandel oor probleme wat mag opduik. Mens kannook makliker ander ondersteunende besighede en kultuurbehoeftes vestig.
 Armmoede is ‘n groot problem in die landelike gebiede en mens sal dit dalk moet help beveg (Meer met kennis en tyd as met geld). So is daar problem e met basiese skolerening  en gesondheid wat mens in gedagte sal moet hou. Taal is ook ‘n groot faktor maar ons sal klasse op “Skype” aanbied om dit te vergemaklik. Portugees is veel minder ingewikkeld as wat dit klink.
Hierdie kan ‘n oplossing wees vir boere wat hulle grond hier gaan verloor maar versitgheid sal die wagwoord moet wees.
Ek sal dit waardeer sa ek terugvoering van die boere kan kry. Ek sal, as daar belangstelling is, die nodige advertensies op hierdie blad plaas.
3.4
 
 
Janbez
User offline. Last seen 1 dag 21 ure ago. Van lyn af
Aangesluit: 3 Apr 2009
Inskrywings:

Herman, kan jy meer oor jouself skryf, asb? Hier sal gewis belangstelling wees, maar ons lesers sal oor jouself wil weet, die organisasie wat jy verteenwoordig (indien enige) en so aan.
Jan Bezuidenhout, landbou.com

Herman Marais
User offline. Last seen 32 weke 5 dae ago. Van lyn af
Aangesluit: 31 Mei 2010
Inskrywings:

Hi Jan,

Ek is 'n sakeman van 58 jaar en my maatskappy, EMD Professional Consulting Services, bestaan vanaf 2001. Ek is al in besigheid vanaf 1994.

Ons doen konsultasiewerk soos besigheidsontwikkeling, personeelplasings, rekenaarprogrammering, webtuiste-ontwikkeling ens. Agv die huidige swak ekonomiese toestande, het ons op verskeie vlakke besigheid verloor, veral op personeelplasings en besigheidsontwikkeling. Besighede maak nou meer toe en is bang om te waag op uitbreiding. Met die rekenaarprogrammering gaan dit nog goed. Ek ontwikkel ook tans rekenaarprogramme vir Hygrotech SA, een van die voorste saadmaatskappye in SA en adviseer hulle op verskeie gebiede in hierdie proses. Ek was voorheen ook baie betrokke by uitvoeradministrasie en het ook programmering gedoen in dokumentasie en ook Kredietbriewe, wat uiters belangrik is vir enige uitvoere.
Voor die ekonomiese-insinking het dit baie goed gegaan met my maatskappy maar dinge loop nou skeef en ons maak ander planne. Alle politiek uitgesluit, het ek nie vertroue in die SA ekonomie nie a.g.v. stakings, die BEE-storie en ander faktore. Sakelui gaan al hoe moeiliker besigheid kry. Ons weet wat aangaan met julle boere. Blankes gaan al hoe meer sonder werk sit a.g.v. volgehoue druk om meer swartes aan te stel. Dit is die rede dat ons besigheidsgeleenthede in Mozambique gaan soek het.
Ek ken Dr Nicolau Sululo , Verteenwoordiger en Raadgewer van ekonomie en handel van Mozambiek, baie goed. Hy het vir my baie advies gegee oor die besigheidskultuur in Mozambiek en my voorgestel aan verskeie Direkteur Generaals en ander sakelui met wie ek tans baie nou saamwerk.
Gedurende my onderhandelings met hierdie mense het hulle my gevra of ek kan boere werf en behulpsaam sal wees met onderhandelinge. Dit is ook hierdie mense wat my waarsku teen korrupsie. Hulle wil graag besighede en boerderye stig wat volhoubaar is en ek het hulle geadviseer dat dit net bereik sal kan word met eerlike en deursigtige onderhandelinge.
Ek is gladnie ‘n boer nie en van ‘n plaas weet ek niks nie. In my betrokkenheid by hierdie onderhandelinge sal ek net betrokke kan wees by die besigheidsaspek van boerdery , behulpsaam kan wees om soveel as moontlik belastingvoordele te bekom, die logistieke en infrastrukture by sodanige ontwikkelings en die ontwikkeling van odersteunende besighede en dienste.
Ons konsultasiefooie sal ek deursigtig met die boer en die Regering bespreek.
Ons is tans besig om 2 besighede teen lae insetkostes in Maputo te stig en gaan ook vakansies teen meer bekostigbare pryse aanbied. Ons adviseer ook ander sakelui oor besigheid en besigheidskontakte daar en reël vir bekostigbare akkommodasie vir hulle.
Ons webtuiste www.mozambique-info.biz, is nog in die proses van ontwikkeling, maar is reeds op die webwerf vir besigtiging. Hierdie webtuiste sal ook aangewend word om besighede in SA en Mozambiek te adverteer.

Janbez
User offline. Last seen 1 dag 21 ure ago. Van lyn af
Aangesluit: 3 Apr 2009
Inskrywings:

Baie dankie, Herman!
Groete,
Jan

frans Jackson 

Ek is tans in die buite land, wil graag n besigheid begin, wat is die kanse in Mozambiek? Hoe goed is die vooruitsigte? Hoeveel kapitaal word benodig?

Herman Marais
User offline. Last seen 32 weke 5 dae ago. Van lyn af
Aangesluit: 31 Mei 2010
Inskrywings:

Hi Frans,

Ek het vir jou 'n epos gestuur om uit re vind in watter rigting jy is en waar jy bly.

Dir is vreeslik belangrik om nie sommer net in enige rigting in te gaan nie maar seker te maak waarin jy ondervinding het. Voorts sal dit nodig wees dat jy behoorlikke marknavorsing doen.
Daar is genoeg geleenthede. Mosambiek is groot en die plek gaan 'n buitengewone groei toon. Agv van SA se beleid van "BEE" verwag ek dat daar meer Afrikanerkennis soontoe sal gaan en 'n groot inspuiting vir hulle ekonomie wees. Ek verwag verder dat van die breinkrag wat SA verlaat het ook soontoe sal gaan. Baie van die mense pas nie aan in die buiteland nie en sal graag wil terukom Afrika toe.

Laat weet ook waar jy tans is. Daar is baie bemarkings moontlikhede in die buiteland, wat dalk 'n goeie begin kan wees. Ek is tans besig om die moontlikhede van seker dienste vanuit Mosambiek te ondersoek en mag dalk van jou hulp gebruik kan maak. My plan is om ook Afrikaners daar te vestig wat hierdie dienste kan lewer.

Groete
Herman

Alna Nel 

Goeie dag Herman,

Watter voordele is daar vir boere uit SA? Belasting is `n wye begrip, wat se belasting voordele? Na watter gebiede in Mozambiek kyk jy? Het jy al deur die hele proses gegaan om grond te identifiseer en die onderhandelinge deur gevoer? Hoeveel kapitaal het `n boer nodig vir die onderhandelinge vir grond. Is daar ander prosedures wat ook gevolg moet word?

Johannes Van Dam 

Afrika bly maar Afrika en niks word gedoen sonder dat daar vir die onderhandelaar "gesorg" word nie. Onlangs het 'n familielid 'n huis daar gebou op die strand en hulle ekonomie help ondersteun deur daar te koop en almal wat daarnatoe gegaan het het daar gekoop veral van die plaaslike of landelike mense. Ewe skielik is daar nou nuwe wetgewing wat hulle vereis om die huis soos 'n hotel te bestuur, voltydse arbeiders aan te stel, internasionale hotelregulasies toe te pas pas en hulle moet 'n gedeelte aan die regering oorbetaal. Die man het die huis net so gelos en nou het hulle 'n geskenk gevat, net op 'n ander wyse. Jy sien hulle het mooi by kommuniste geleer hoe om demokrasie en die kapitalistiese stelsel uit te buit. Jy het net miljoene idiote nodig om 'n land se beheer te verkry en dan doen jy net wat jy wil deur die wette te verander.

Herman Marais
User offline. Last seen 32 weke 5 dae ago. Van lyn af
Aangesluit: 31 Mei 2010
Inskrywings:

Hi Johannes,
Jy is heeltemaal reg en dit is hoekom ek nie sommer vir boere wil aanbeveel om in te gaan nie. Ek hoor ook nou van ander boere dat hulle in Mosambiek hulle vasgeloop het teen korrupsie, hoë grondkostes ens.
Ek het vir die regering geskryf oor die probleem maar nog nie reaksie gekry nie. Aangesien ek ‘n baie goeie kontak in die regering het sal ek maar kaarte rondskuif en kyk waarmee hulle vorendag kom. Ek sal hierdie in my eie tyd doen sonder om fooie te vra. Ek wil nie my goeie besigheidsnaam skade aandoen deur mense te mislei en nie deursigtig te wees of om geld te vra vir onuitvoerbare prosesse nie. Ek sal dit tog waardeer as mense my webtuiste sal dophou en my ondersteun in dienste wat hulle benodig. www.mozambique-info.biz
Ek sal die uitslae bekendmaak op hierdie forum en boere moet asseblief nie sommer alleen besluite neem nie. As ons iets kan reël behoort ons ‘n kommissie van verteenwoordigers aan te stel wat met die mense gaan praat in ‘n poging om werkbare ooreenkomste met waarborge daar te stel.
Ek dink tog daar is van hierdie Afrikamense wat besef hulle sal moet reg te werk gaan om voort te bestaan. Die Mosambiekers het swaar gelewe in die oorlog en die armoede vang hulle. In Maputo is die misdaad baie afgebring en dit is al baie veiliger daar vir buitelanders.
Die korrupsie is ‘n ander probleem en selfs van die Polisie probeer om buitelanders te intimideer. Daar is natuurlik ook baie van dié tipe mense in die regering en ek probeer om by hulle verby te kom. Ons moet gladnie val vir hierdie korrupsie nie, aangesien dit net onderhandelinge moeilik sal maak en ons gaan in elkgeval ons geld verloor.
Ons besef dat ons tans ook in ‘n Afrikaland bly en dat arrogansie hier ook ‘n groot probleem is, aangesien hierdie mense nog nie besef jy moet werk vir jou geld en nie staak daarvoor nie. Derhalwe moet ons maar saamstaan in ‘n poging om vir ons iets iewers uit te werk al is dit om vireers ons manier van werk te verander.

Patrick
User offline. Last seen 1 year 27 weke ago. Van lyn af
Aangesluit: 21 Jul 2009
Inskrywings:

Hi Herman,
Ek is tans werksaam in mosambiek al vir 3 jaar. Ek het my eie besigheid oopgemaak en grond aangekoop. My voorstel aan boere is om prokereurs te gebruik vir alle besigheids registrasies en om "due deligence" te doen op die grond en besigheid tesame. Ek is opsoek na 'n vennoot in my boerdery, alles sal deur die prokereurs gedoen word. Laat my weet of daar belangstelling is van hard werkende boere in sa

Groetnis

Herman Marais
User offline. Last seen 32 weke 5 dae ago. Van lyn af
Aangesluit: 31 Mei 2010
Inskrywings:

Hi Patrick,

Dankie dat jy my gebel het en ek sien uit na jou besoek.

Terugvoering van die Mosambiekers is nogal 'n probleem. Ek was onlangs weer in Maputo maar kon nie die regte mense sien nie.

Ek sal volgende week weer met Dr Sululo by die ambasade gaan gesels en 'n paar voorstelle maak om te probeer om die dinge glad te laat verloop.

Ek sal terug rapporteer.

Deon Harris 

Hi Herman,
Ek en gesin stel belang om in Mosambiek te gaan boer. Kan jy my in die regte rigting wys. Ons wil graag met varke,olywe en mielies boer.

Onbekende besoeker 

Hi Herman,
Ek boer nie self maar het baie onderviding van onder meer suiwel.Dit strek van melkboerdery tot vervaardigind/verpakking.Is daar potesiaal en kans om in te kom?Wat is die beste pad om te volg.
Johan

Vanda Gauche 

Die moontlikhied vir enige boerdery is goed. Projekte wat ek van weet is baie. Grands is tans baie besig om mense op klein skaal met nethuise en tonnels te help. Daar is ook tans mense wat gesoek word om op kontrak te plant.Die moontlikhede is goed. Al raad wat ek kan gee is om grond op die regte manier te bekom en weet dat dit nie oornag plaas vind nie.

Juan Myburgh 

Hi Herman. Eks woonagtig in Johannesburg en wil graag net weet, ek wil goedere verkoop in Mosambiek en wil graag net jou inset he. Het jy enige inligting omtrent kliente wat goedere in Suid Afrika wil koop. Ek sal self die vervoer ook reel. Kan jy my dalk se of hulle enige elektriese kabels of krag opwekkers nodig het. Ek is tans n JACK OF ALL TRADES. Laat my weet asb.Het jy enige kontakte?

Groete
Juan Myburgh

Arthur Purdy 

I am part of a church orginisation that runs a Christian School www.3RCA.co.za, and skills development factory www.goldilogs.co.za
Looking into the posibility of starting a christian school in mozabique and also do vegetable farming to supliment. What do you think the possibilities are and if you could sent me details of contacts

andre maritz 

Beste Herman ek sal bitter graag meer inligting wil bekom of daar n moontlikheid is om n skaap of bok boerdery te vestig

Henk Lombard
User offline. Last seen 46 weke 6 dae ago. Van lyn af
Aangesluit: 4 Des 2009
Inskrywings:

Herman, ek en my gesin oorweeg dit al lank om in Mosambiek te vestig.
Ek is 'n beesplaasbestuurder en my vrou is 'n onderwyseres. Ons besit nie genoeg kapitaal om iets op ons eie te begin nie, maar sien kans om vir iemand anders te gaan werk. Wat sou ons kanse wees op sukses?

Jay Loubser 

Ek bly in Beira, sentraal Mosambiek sedert 2006. Ek het twee kleinhoewes, een in Dondo en die ander net noord van Gorongoza. Ek sien boerdery as n besigheid, en dit is soms moelik om besigheid hier te doen as gevolg van die burokrasie wat hier gestig is deur die portugese en vervolmaak is deur die Mosambiekers (ek bedoel dit nie lelik nie!)
Die twee kleinhoewes het my net minder as R25,000 gekos om my naam te kry vir n tydperk van 25 jaar. Ek gaan my konsentreer op die aanplant van boontjies en lusern (lusern wat totaal onbekend is hier)Ek is ook in proses om n klein skaap kudde aan te teel en probeer om die 'local' Suid Afrikaners te voorsien van goeie skaapvleis. Let wel boerdery is nie my prioriteit hier nie, aangesien ek n reeds gevestigde
besigheid hier het.
Die enigste raad wat ek het: Leer so gou moontlik Portugees en baie geduld aan.

Jay Loubser 

Kyk gerus hierna: http://www.open.ac.uk/technology/mozambique/pics/d128217.pdf Dit is n projek wat in die Zambezi provinsie afgeskop het, ek het baie daar verbygery en was regtig beindruk met wat ek gesien het.
Groetnis

Riaan Beneke 

Hi Herman
Ek stel regtig baie belang om in Mosambiek te gaan boer. Ek het met mnr. J. Roux van Agri Mosambiek gepraat en hy het my meegedeel dat hulle grond beskikbaar het van R50 000 tot R100 000 vir 3000 ha.Ek sal binne 3 maande kan begin boer as ek deur hulle werk. Kan jy my dalk laat weet of ek op die regte pad is?

Hermann Wilz 

Hello Herman
I am doing research for a group of commodity investors looking to rent up to 20 000 ha of land in Mozambique. Can you help us complete our feasibilty study?
Baie dankie, Hermann.

Herman Marais
User offline. Last seen 32 weke 5 dae ago. Van lyn af
Aangesluit: 31 Mei 2010
Inskrywings:

Ek was weer vandag by die ambassade. Die rompslomp van die Mosambiek se regering bly 'n groot probleem. Hulle het nou 'n kommissie aangestel om te kyk wat gedoen kan word om grond makliker besikbaar te stel. Ek het geen idee hoelank dit gaan vat nie maar ek verstaan dat Agri S A redelik vêr gevorder het met onderhandelinge. Boerdeye daar is maar 'n besigheid. Julle sal alles self moet finasier. Moenie verwag dat julle veel hulp sal kry van die regering af nie. Die ambassade het belowe om my op hoogte te hou maar ek sal kyk of ek meer inligting kan kry direk van die regering. Hulle kultuur is een van more is nog 'n dag.

Nelius van der Merwe 

Hallo Herman, ek het 'n baie suksesvolle konstruksiebesigheid in Suid-Afrika, maar wil graag in 'n vennootskap gaan met iemand wat 'n plaas het. Kan jy my dalk in verbinding sit met 'n paar mense veral as die plaas in Suid-Afrika is, ek moet sê ek hou liewer by die bekende!

hanno van rensburg 

het grond in sa,soek n vennoot.ons teel skaarspesie wild.

hanno van rensburg 

Nelius van der Merwe,kontak my asb.Hanno v Rensburg 0834633507 email hanno@baltimore.co.za

Frik de lange 

Stel ook belang om grond tebekom vir groente en bees boerdery, kan jy my help

Mev E J Otto 

Besig om my grond te verkoop. Wil graag in Pemba gedeelte grond bekom.

Mev E J Otto 

Hoekom verskyn hier niks meer oor "Kom boer in Mosambiek" Ek wag angstig

Willie Michau 

Herman
Ek wil net weet of daar nog boerdery geleenthede in Mosambiek is en wat is die moontlikheid van besproeingsgeleenthede? Hoe gaan ek te werk om meer uit te vind? Ek hoop jy kan my dalk help>

Maruis vd Walt 

Ek is tans werksaam by n famielie besigheid waar ons kampeertoerusting herstel en all produkte kan maak waar industriele naaldwerk masjiene betrokke is, het jy dalk n kontak in moz om so n industrie van die grond af kan kry

Francois Brytenbach 

Ek wil graag boer,maar het nie grond of kapitaal nie.Het goeie kennis. Kan iemand asb. help

Koos Vermaak 

Nelius van der Merwe jy moet eers 'n hele paar eienaars se deposito's terug betaal op huise wat jy nie gebou het nie voor jy wil gaan bele in 'n plaas ou maat.

Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.