Konynboerdery: vatbaarheid?

jakeslouw
User offline. Last seen 2 years 28 weke ago. Van lyn af
Aangesluit: 21 Jul 2009
Inskrywings:

Ek bly al 6 jaar op so 21 Ha in die Brits/Harties (De Wildt) omgewing.

As gevolg van die platinum myne, is water hier maar skaars, so grootskaalse boerdery is in elkgeval buite die kwessie.

Ek het onlangs begin eksperimenteer met hase/konyne: (ek het so klomp verniet as geskenk gekry van 'n dorpsbewoner wat nie meer kans sien vir die goed nie).

Nou my vrae is:

- Is daar 'n bestaande gemeenskap van sulke konyn boere in SA?

- Indien ja, wie en waar?

- Is daar 'n mark vir die vleis, pelse en/of lewende diere (buite die sierkonyn mark)

Groete

Jakes

 

 

 

 

4
 
 
Jakkals
User offline. Last seen 1 year 45 weke ago. Van lyn af
Aangesluit: 6 Jul 2009
Inskrywings:

As jy net die goed verkoop kan kry by die mynwerkers kan dit dalk werk. As dit die wit hase met die rooi oe is weet ek my werkers sit nie hulle mond daaraan nie maar eet smaaklik aan 'n gewone wilde haas. Miskien pasteitjies maak en dit verkoop en se net dis wild???

warren
User offline. Last seen 1 year 17 weke ago. Van lyn af
Aangesluit: 9 Jul 2009
Inskrywings:

Nee wat ons Suid Afrikaners is bederf met vleis nie soos in europa waar konynvleis nogal groot is. En dis moeilik want n konyn geslag en n kat wat geslag is sonder stert en kop lyk baie na mekaar. Dis wat ek as terug voer gekry het by my werkers op die plaas. Ek wou al self daarmee begin het.

Is n jammerte maar vir uitvoer wie weet?

Onbekende besoeker

Hier in die Kaap,Helderberg area om presies te wees, is ons besig met 'n konyn boerdery. Die Italianers, Belge en Nederlanders wat hulle in SA gevestig het is mal daaroor. Om oor die "lyk soos 'n kat" kommentaar te lewer, die kop moet aangelos word te alle tye anders koop die buitelanders dit geensins nie. Ek stem saam en ja dit lyk noggals sooooooos 'n katjie. Wel ons verskaf aan 'n groothandelaar en hulle bestel so 70 hase 'n maand afgeslag weeg dit so ongeveer 1.5 tot 2kg per konyn. Laat maar weet of daar nog mense is sodat ons broei pare kan uitruil. Persoonlik dink ek dit werk goed in die areas waar buitelanders hulself in SA gevestig het. Dankie vir die site geniet dit noggals. Jeanne

Onbekende besoeker

Wat kry julle +- per kg vir haas?

andre bruyns
User offline. Last seen 2 years 18 weke ago. Van lyn af
Aangesluit: 16 Sep 2009
Inskrywings:

Jakes, Ek sal dit waardeer as jy my sal skakel, e-pos bruyns58@yahoo.com of 0798442728. Ek stel ook al geruime tyd in die boerdery belang en studeer alles wat ek in die hande kry.
Ek soek dringend na NEW ZEALAND WHITE broei konyne. Miskien kan die persoon daar in die kaap vir my se watter ras teel hulle mee.
Sover dir die bemarking aangaan, voel ek nog altyd dat daar is 'n mark vir alles. Of jy moet dit vind, of jy moet dit self stig. In hierdie geval dink ek dis 'n geval van ons het net maar nog nooit die goed geeet nie en dit is nie redelik beskikbaar nie. Dit was nog maar altyd net 'n simpele troetel dier. Die waarheid is dat dit nie alleen een van die lekkerste vleise is nie, maar, dit is ook die gesondste vleis wat jy kan eet. Hirdie is 'n mark wat ontgun moet word want die hoenders is te duur om kleinskaal groot te maak. As jy jou appel ken, is konyne belaglik goedkoop om te boer. Die mark moet net eenvoudig geskep word.

Wat dink julle mense daarvan

groete
Andre

andre bruyns
User offline. Last seen 2 years 18 weke ago. Van lyn af
Aangesluit: 16 Sep 2009
Inskrywings:

hullo jeanne,

Ek het ook baie lank gesoek vir enigiemand wat 'n vereeniging vir die boerdery het en toe kry ek 'n adres vir natal rabbit club (tim nixon) fox_rabbits@yahoo.com. Het vir hulle 'n boodskap gestuur maar wag nog vir 'n antwoord. Miskien kom jy reg.

Groete

Andre

Onbekende besoeker

Daar is restaurante in Johannesburg wat sal belangstel. Kontak my: 082-676-3554.

ons verskaf emoe-vleis aan 'n paar van hulle.

Konrad

Onbekende besoeker

bly om te sien daar is nog mense wat soos ek dink,ek boer in die klein karoo en het slaghuis op di plaas maar ek bedryf dit ni meer nie,di konynvleis het by my op gekom vnaand opad huis toe toe daar i haas oor di pad gehol het. het nog geen navorsing gedoen om te kyk of daar dalk i mark onder die swartmense is of wat nie.
as iemand dalk v my bietjie inligting het oor waar mens broeipare kan kry en so sal ek baie waardeer,dalk di ou van heidelberg,dis sommer net hier naby my.
gooi da i email v my asb by attiematthee@hotmail.com

attie

Willem Bouwer
User offline. Last seen 1 year 43 weke ago. Van lyn af
Aangesluit: 15 Jul 2009
Inskrywings:

Ek dink ook dat 'n mens na hondekos en katkos moet kyk. Die mark vir gevriesde kos in stede is groot.

Groete.

Carina 

Di wat broeipare kan verskaf, gaan geld maak soos bossies! Eks ook opsoek na nuwe broeipare. Ek bly in Noordwes. As enige iemand aan my kan verkoop kontak my gerus 0716247787.

Onbekende besoeker 

Ek stel voor dat die wat wel broeipare het dit nie gaan verkoop, en die mark oop maak vir elke jan rap en sy maat nie.

Onbekende besoeker 

Ek het n' paar new zeeland konyne. Goeie broei pare in Natal gekry. Ek is nog op klein skaal besig maar hoop om binne kort bietjie meer uit te brei. Ek sal graag meer informasie wil hê maar is bereid om dit wat ek wel weet en het te deel. My nommer is 0741855933.

Onbekende besoeker 

As iemand my asb asb kan help en vir my se wat kan ek doen met die pelse, en waar kan ek nog konyne verkoop. Ek het onlangs begin met die konyn boerdery en het bietjie hulp nodig. As julle so gaaf sal wees om my n luitjie te gee sal ek dit waardeer.
Groete Cobus
082 850 3573

Onbekende besoeker 

Hi aan almal vat al met konyne boer ek is van Gauteng en wil met konyne begin boer kan iemand vir my raad gee oor hoe die hokke lyk en watter siektes hulle kry. dankie

Onbekende besoeker 

SOEK AFSET VIR KONYNE SKAKEL 0729176447

Onbekende besoeker 

Ek bly in die Boland/Wes-Kaap area en soek ook 'n afset vir konyn vleis en pels. Kontak my asb indien jy van enige weet.
Dankie

Ursula Visser 

Hi
Ek bly in Noord Wes naby Magaliesburg en Rustenburg en stel ook belang in die konyn boerdery.Sal die ouens wat reeds daarmee besig is help met alle die inligting wat nodig is. My no is 0828215321
Dankie aan almal wat bereid is om inligting te deel.
Ursula

Quintin 

Hi daar, bly ook in die Weskaap. Al jare besig met navorsing. Al probleem is afset punte, want die KONYNE, nie skaap of bees nie. Sal dalk kan help met inligting inruil. Help my ook met kopers of afset punte.
Dankie

Adele Wilmot 

Ek het tans 'n klein groepie Newzeelan white hase vir die doel om mee te teel. My kennis is maar beperk het dringende hulp nodig om die hokke en plek waar die hase kan kleintjies kry reg te kry is daar iemand wat kan help of raad gee sal dit baie waardeer. My no. 082 950 4235 HELP asb.

Jakes daar is 'n uitsoek mark vir die vleis in SA kyk uit vir 'n duitse slaghuis in jou omgewing hulle is altyd opsoek na haas vleis en sal jou na 'n slagpale kan verwys as jy nie self slag nie.

Groetnis.
Adele

Quintin 

Baie belangrik, kry ten minste 'n skriftelike ooreenkoms. Begin dan eers met 1 mannetjie en 5 wyfies. Soos almal weet teel hulle baie gou aan. Doen goed beplanning.#16 kontak my gerus.
Groetnis

Quintin 

Enige afset punte in die Wes-Kaap? Ek kan help met teling ook.Kontak my gerus.
Quintin

Quintin 

Jeanne van Helderberg area kontak my asseblief. Jou kontak besonderhede ontbreek.
Dankie
Quintin
quasi1@live.co.za
0835508103

Mari 

kan iemand my help en vertel waar ek dalk konyne kan kry? Ek stel belang om met konyne te boer,het hokke en als kort net konyne. Kontak my gerus info@prettyducks.co.za

Dankie

Mari

Vernon @ Bokashi 

Net buite Brandtford is daar 'n boer wat organiese konyne boer - spesifiek vir wol en pels - Hy verskaf dit alles aan Woolworths. Weet nie wat hy met die vleis maak nie.

Onbekende besoeker 

Hallo al die konyn boere. Wat gaan aan met die boerdery. Is daar lig in die tonnel. Is dit winsgewend,en is daar n aanvraag!

Onbekende besoeker 

Ek wil ook graag weet waar ek konyne kan kry het klaar die hokke en plek. Ek bly in brits in die Noord Wes. My E-pos is rudi@topmail.co.za

Kobus de Ru 

Waar in die Wes Kaap is Vleis Konyne vir teel doeleindes te kry? En Pryse indien moontlik. my e-mail adress is kbsderu@gmail.com

Cassie  

Kyk gerus na http://www.daff.gov.za

Click op Publications, en dan op Info-Paks, en soek vir die artikels oor "rabbits" - mens moet ver af "scroll"

Onbekende besoeker 

Ek wil ook graag met konyne begin boer vir vleis. Kan iemand my asb help, en se waar kan ek n teelpaar kry... Baie dankie my epos is mjp33@telkomsa.net.

Paul Bester 

Dis nice om te sien dat daar mense is wat mekaar wil help maar dan lees ek ook dat daar mense is wat se moenie dat ander mense van die broeipare in die hande kry nie. Dis nou regtig suid Afrikaans.My naam is paul en ek is besig met werk in Angola en ek is van voorneeme dat die angloleese en portegeuse sal belangstel aan konyn vleis. Ek praat volgende week weer met die mense en ek sal julle op hoogte hou. Miskien kan ons iets doen dat almal voordeel kan terk.

Tewie Brits 

Hi ek is ook p soek na so 4 broeipare en dan natuurlik afset vir die vleis en pels. Woon in Bloemfontein en wil graag begin met konynboerdery ook. Julle kan my e-mail by maxxis@webmail.co.za

oomsarel 

Hi julle, het enige iemand al begin met konyne boer/teel vir vleis. Is daar mark?
Laat weet.
oomsarel@absamail.co.za

L Seyffert 

Komaan julle. daar is n mark vir alles van die haas. SA is groot en het kos nodig. Ons het al 124 hase in 4 maande. Die mark is nog beperk, maar help eet. Ons pasteie is heerlik, en die uitlanders vrek daaroor. Voorspoed!

Onbekende besoeker 

Mosambiek het n groot aanvraag vir konyn vleis jy kan n killing maak

Riaan Cronje 

Die gedagte het ook skielik by my opgekom nadat ek die duur vleis op rakke gesien het. Stel ook belang in inligting omtrent vleis hase. Daar moet `n vraag wees. 072 924 1153 Bethlehem

Kalahari Sannie 

Soos ek al navorsing gedoen het, lyk my is die mark daar vir haasvleis. Julle kan hierdie webtuiste besoek http://www.wix.com/coniglioconiglio/colignio Het die mense gekontak en dit klink na 'n goeie plan, maar daar is maar vrae aangaande hulle kontrak wat julle moet uitsorteer. Ek is tans besig, het nog nie begin boer nie, maar ons sorteer nog vrae uit aangaande die proses ens.
Sterkte

Frans Hattingh 

Wou ook al lankal vir die arm gemeentskap alternatiewe vleis beskikbaarstel. Ek sit hier in die groot Karoo en probeer my boerdery uitbrei en risiko's verlaag. As iemand vir my raad en inligting wil gee ten opsigte van voeromset en boerdery praktyke sal ek dit hoog op prys stel. Weet enige iemand wat die ras uiteensetting is? Ek sal darem die regte konyn vir die regte doel wil kry. Ek glo dit is nie 'n nismark nie maar nog 'n manier om die hongeres te voed.

Tewie Brits 

Hallo, iemand wat belangstel kontak my. Ek het so 250 konyne wat nou slaggereed is.
My # 082 412 5246.
# 34 kontak my asb.
Dankie.

Jac 

Hierdie mense verskaf broeipare, ens. Hulle verwag ook dat jy 'n kursus by hulle doen, maar dan waarborg hulle dat hulle die lewende konyne by jou sal aankoop, ongeag van die hoeveelheid. Daar is 'n groot mark vir dit in Europa, mar om die uitvoerkonneksie te kry is nie maklik nie. Ek dink hierdie ouens het so iets in plek. Enigste probleem is transport. Hulle koop die hase lewend aan maar is onder in die Kaap. http://coniglio.webs.com/

Onbekende besoeker 

klink na die ouens wat kursus aanbied en konyne aan kursusgangers verkoop...piramide skema

Wil weet 

Is daar miskien iemand wat konynhokke maak en wat is die prys? Verkieslik Gauteng-omgewing. Baie dankie, Hein.

Onbekende besoeker 

Ek is opsoek na inligting oor konynboerdery, siektes, huisvesting, lewensvatbaarheid, beskikbaarheid van broeipare. Woonagtig in Mpumalanga.

Onbekende besoeker 

Kan iemand my asb meer inligting email i.v.m konyntelery. Hoe die hokke moet lyk ens. Is daar iemand wat lewendige konyne sal aankoop om self te laat slag? Ek het 'n klomp teelpare en stel belang om met die konyne te teel.

corlivdm
User offline. Last seen 1 dag 12 ure ago. Van lyn af
Aangesluit: 18 Jan 2011
Inskrywings:

Hi almal

Vir dié wat vrae het oor konynboerdery, ek hoop die volgende sal help.

Die volgende inligtingspakke (Info Paks) is verkrybaar van die hulpbronsentrum van die Nasionale Departement van Landbou se Hulpbronsentrum: Rabbits: Keeping Rabbits; Rabbit recipes. Kontak 012 319 7141 of besoek www.nda.agric.za/publications.

Kontak ook Karoline en Tjaart Steenkamp, Tel: 021 685 4474 (h); Tel: 021 469 2426 (o); Karolines@picasso.co.za vir inligting.

Groete
Corli van der Merwe
Webredakteur

Onbekende besoeker 

Oppas net vir Coniglio meat onder in die Wes Kaap. Julle gaan julle rieme styf vasloop en groot verliese lei.

Onbekende besoeker 

Die hokke en om die teelpare te kry is nie vir my 'n probleem nie dis net waantoe gaan mens met die konyne as dit tyd is om te verkoop en wie gaan dit koop ek wil dit nie self slag nie. Dit is nogal 'n probleem vir my is om kontakte te kry. Ek is in Mpumalanga as enige iemand my kan se waar om te begin sal dit nice wees. Dankie uysronnie@yahoo.com is my email

Onbekende besoeker 
Caldene 

Hi almal

Ek wil ook graag in die konynbedryf inklim en het op die oomblik geen benul waar en hoe om te begin nie. Kan een van die kenners in die bedryf asb. tog hierdie leek biejtie raad en hulp gee. Byvoorbeeld wat is die koste om in die bedryf te klim en is dit winsgewend. Dit word opreg waardeer. My nommer: 022 931 2379 of caldene01@gmail.com.

corlivdm
User offline. Last seen 1 dag 12 ure ago. Van lyn af
Aangesluit: 18 Jan 2011
Inskrywings:

Hi Caldene
Die mense om te kontak hieroor is Karoline en Tjaart Steenekamp, Tel: (021) 469 2426; Karolines@picasso.co.za.

Hulle sal met alles en nogwat oor konyne kan help.
Groete,
Corli van der Merwe

Liezel Slabbert 

Hi almal. Ek bly op 'n hoewe buite Bloemfontein. Ek en my man het konyne present gekry. Maar nou het hulle so aangeteel dat wild gaan. Dit pla ons eintlik glad nie, want ek gee elke oggend vars wortels en hulle het selfs 'n feeder wat konyn kos in het. Maar daar is ongelukkig ook baie wilde katte daar en ek wil elke keer in trane uitbars as ek sien die kleintjies raak net weg, en ek weet dit moet die katte wees. Dus wil ek nou vir hulle 'n lekke groot hok bou om veilig in te bly en miskien van die kleintjies verkoop, ek sal hulle nie kan slag nie. Kan ek asb enige raad kry hoe om 'n hok te bou en kan ek al die konyne in een hok wees? Enige raad sal goed wees. Laat weet my asb deur email na lslabbert@vodamail.co.za

Baie dankie
Liezel

Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.