|
|
|
| Bygewerk: | 26 May 08:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 88% |
| Wind: |
Die huidige storm oor Boskop Layer Chicks wat glo van haantjies ontslae raak deur hulle in 'n dam te gooi en te laat vrek het baie mense na die spreekwoordelike pen laat gryp en nog meer mense die harnas ingejaag. Daar is selfs 'n rubriek (Ferdi Greyling) in Beeld oor nuwe moraliteit vir diere geskryf. (http://jv.news24.com/Beeld/Opinie/Rubrieke/0,,3-2085-66_2548475,00.html).
Selfs die vrome supermarkgroepe het die geleentheid gebruik (uitgebuit) om die bekommmerde verbruiker te laat weet dat hulle ALLE bande met die boer verbreek. Sover ek kon lees het nie een van hulle eiers by hom gekoop nie! Punte vir hulle toe hulle die geleentheid vir so bietjie PR sien.
Ek wil nie 'n mening daaroor uitspreek op hierdie stadium nie maar wonder oor 'n ding:
Wat het die NDBV (Nasionale Dierebeskermingsvereeniging) met die spulletjie te make? Al wat ek tot dusver van die DBV gesien het is dat hulle opstokers is en 'n hengse bohaai maak by elke geleentheid wat hom voordoen. As die media daar is, is hulle by! Dalk kry hulle geld of borgskappe op daardie manier. Ek verwys nie hier spesifiek na die kuikenmoord
nie maar sommer in die algemeen. Die vraag is egter of hulle regtig enigsins by die landbou betrokke moet raak en het hulle enigsins 'n positiewe bydrae om te maak? Hulle gebrek aan landboukennis staan soos 'n paal bo water.
Dalk kan LBW gaan uitvind wat regtig daar gebeur het en dit in perspektief plaas.
Wat dink julle?
Ek wonder of jy al sulke haantjies grootgemaak het? Ek het die fout gemaak en 'n boks van honderd gekoop.
Nooit ooit weer nie. Hulle vreet netsoveel soos braaikuikens en groei baie baie stadiger en as hulle begin haan word word alles op die werf gejaag om gedek te word, van 'n gans tot 'n eend of enige ding met vere word doodgetrap deur 'n massa. Hulle pak tot mekaar en dit is net bloed en vere. Ek dink dit is wreder om die goed aan enige organisasie te skenk. Maak van kant so gou as moontlik.
Dit maak sin vir my ja.
Ek sien meeste mense lees net en beweeg aan. Ek wonder nog steeds wat is julle mening oor die DBV se inmenging (ek sien dit as inmenging) in die landbou. Hulle het 'n opinie oor bykans elke ding maar oor landboukennis beskik hulle gewis nie nie. Hulle moet maar by katte en honde in dorpe en stede hou.
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24
AS JY JOU SOUT WERD IS IN VANDAG SE BOERDERY OMSTANDIGHEDE SAL JY NIE SOVER GAAN OM ENIGE KUIKENS VAN KANT TE MAAK NIE, MAAR AS DIT VIR JOU ENIGSINS N UITGAWE IS SAL JY DIT VERKOOP OF SKENK AAN INSTANSIES WAT DIT BENODIG EN SAL KAN VERSORG.