Lê meel vir erdwurms

John Jones
User offline. Last seen 10 weke 6 dae ago. Van lyn af
Aangesluit: 28 Aug 2009
Inskrywings:

Ek het onlangs gehoor dat lê meel gebruik kan word om die groe van erdwurms te stimuleer. Is daar iemand wat kan help?

0
 
 
driesvonweidtz
User offline. Last seen 51 weke 5 dae ago. Van lyn af
Aangesluit: 10 Jun 2009
Inskrywings:

Dagse John

Ek weetie so lekker vd lemeel nie en sal ok graag wil weet .

As hengelaar het ons baie wurms nodig en ek het gevind dat beesmis koeke (semi droog) fantastiese
voedig ens vir hulle bied .
Hoop dit help .

Groetnis
Dries

Tuliman
User offline. Last seen 2 years 15 weke ago. Van lyn af
Aangesluit: 22 Aug 2009
Inskrywings:

Hi John,
Hulle sal le meel eet maar dit kos geld probeer eerder enige organiese materiaal behalwe vette en vleis. Probeer gerus versnipperde koerant papier en karton(week eers in water ), ou grassnysels, strooi(moet natterig wees), kombuisafval(gesnipper), kompos, beesmis, ou blare ens. Baie belangrik is om hulle nie te nat te hou nie, maar moet goed klam wees. 'n Ander belangrike ding: Sprinkel elke nou en dan bietjie landboukalk oor en as jy kan FYN eierdoppe: hulle HAAT suur mediums.
Hoop dit help. Ek help graag as jy nog wil weet.

Groetnis my ou matta,
Tuliman

Tuliman

John Jones
User offline. Last seen 10 weke 6 dae ago. Van lyn af
Aangesluit: 28 Aug 2009
Inskrywings:

Dankie vir die terugvoer. Ek gebruik al die bogenoemde tans maar is aangenaam verras deur die aanvraag nadat ek begin adverteer het. Ek is net bang ek maak te groot duik in my "vooraad" en kan nie lewer na 'n ruk nie. Typies Suid Afrikaner was ek op soek na 'n kort pad om my getalle te vermeerder. Nog 'n ding wat regtig goed werk is om bruin suiker elke nou en dan by te voeg, hulle is mal daaroor.

Vernon G 

John
As jy 'n visserman is, kan gerus voortgaan om lemeel, gesifde kuiken meel,gebruik om hul vetter te maak. Maak seker dat jy slegs 'n dun laagie bo op die wurms gooi, en dan liggies natspuit. Indien jou wurms oop is, dam maak toemet 'n nat koerant. Moet nooit die meel inwerk nie, dit sal suur raak en die wurms sal vrek.
Indien jy soos ons, vermicast maak, dan word die gebruik van meel sterk as geraai aangesien die meel vet wurm minder begin vreet en "lui" word.
Vir meer inligting, of om wurms te koop, skakel my gerus by info@magicworms.co.za, of skakel my by 071 670 2220 tussen 08:00 en 17:00.
Vernon

Onbekende besoeker 

ek vind dat my erdwurms die beste groei op pampoen!

Pieter Kruger 

Ek wil graag my boerdery vergroot maar die kommersiele "kaste" is baie duur. Het iemand dalk 'n goedkoper stelsel wat al beproef is.Ek het ook gehoor dat perdemis goed is as jy wil he die wurms moet vinniger vermeerder.

KOBUS PRETORIA 

mnre. ja ek het net so gesukkel met my (erties)rooi kariebas,tot ek vir my swart plastiek bakke gekry het wat ek klein gaatjies in die bodem geboor het.dit vol gemaak met droe perde mis,dit pap nat gemaak sodat al die suur uit dreineer.ek het dit vir 2 dae laat staan en my wurm boerdery begin,ek gee hul net een keer in 2 weke n gaar gemaakte murg pampoen,en glo vir my en deel daagliks wurms uit.groete

kobusk@hotmail.co.uk

herman klerksdorp 

Pampoen werk soos 'n bom. Ek boer tans in ou 'deep freeze' sonder 'n motor.

Mariana Beytell 

Ek wil graag begin met 'n wurmboerdery. Ek is woonagtig in die Klerksdorp-omgewing, kan jy my bietjie tou wys maak en is dit moontlik dat dat ek kan kom kyk hoe dit gedoen word?

Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.