"Boer maak 'n plan" die gesegde ken ons almal mos. Die dae van bloudraad en tang en 'n stuk tube is verby. As jy kyk hoe die boerdery bedryf verander het oor die afgelope jare dan kan jy nie meer op die manier werk nie. Dis nie meer daardie "laid back" tipe van boerdery nie. Als gaan oor tyd, want staan tyd kos geld. Wat ek beplan om te doen is om 'n instandhoudings program aan te bied wat oor 6 maande strek. In die program gaan ons instandhoudings bestuur doen.
Dit begin by beplanning en bestuur self en gaan deur die tipes van instandhouding. Daar word ook gekyk na die beginsels van meganika,hidroulika, elektrisiteit, verkoeling ens. Aan die einde doen ons die finaniele kant soos begroting, koste beheer, materiaal aankope en stoor bestuur. Ek dink veral die manne wie se koppe Kongo toe staan sal baie baat vind by die program, daar kan jy nie gou 'n elektrisien of werktuigkungige bel nie.
Wat ek wil weet? Hoe voel u oor so program? Onthou vrouens kan ook deel neem. Indien ek goeie belangstelling kry sal ek 'n advertensie plaas vir meer besonderhede en ook wat die program behels.
Groete