Goeie Dag Almal
Ek is besig met 'n studie van landbou kostes en wil graag inligting oor die volgende inwin.
As daar boere is wat die kostes kan deurgee sal ek dit opreg waardeer.
Ek benodig die koste per hektaar vanaf die grond voorbereiding stadium tot waar die saad gelewer word aan die silo's. As daar boere is wat die kostes kan opbreuk in groepe soos: Diesel, saad,bemesting,gif,oes koste en vervoer koste sal dit hoog opprys gestel word.
Ek stel belang in die kostes van mielies, sonneblom,koring,soya, grondboontjies,suikerboontjies indien moontlik.
Dui asb aan of dit droe land of onder besproeing is.
Dan wil ek ook weet wat is die koste per skaap en per bees om aan te hou oor 'n jaar tydperk. Dui ook aan of dit veld bees/skaap is en of dit voerkraal intensief is.
Baie dankie
Groete
Pieter du Toit