Melkboerdery is 'n 'oop tronk’

E-forum
User offline. Last seen 40 weke 2 dae ago. Van lyn af
Aangesluit: 7 Jul 2009
Inskrywings:

Een van Suid-Afrika se voorste melkboere, Gerdie Landman, beskryf melkboerdery as ‘n “oop tronk”. Lees hier hoekom:

Oor die dalende melkprys, mielieprys, koringprys noem maar op:

Voordat mens hierdie debat kan voer, moet ons eers 'n paar feite bespreek en besluit of ons dit as aannames in die redenasie kan gebruik? Die blote verwysing na boereverneukery, dra nie genoeg gewig nie, ons moet na die feite kyk.
Is daar tans 'n afname in die ekonomiese groei van die wêreld en van die RSA, wat tot verswakte verbruikersbesteding lei? Ja of nee?
Word daar beduidende volumes landbouprodukte ingevoer wat die plaaslike aanbod verder vergroot? Ja of nee?
Is die voorraadvlakke van landbouprodukte as gevolg van bogenoemde twee faktore meer as wat die RSA mark benodig? Ja of nee?
Indien die antwoord "ja" is, dan sien ons bloot die werking van vraag en aanbod wat in 'n "vrye mark" funksioneer. Ek skryf die woord vrye mark in aanhalings tekens want ons weet die mark voldoen nie aan al die vereistes van die vrye mark per definisie nie. Maar ons as produsente het min beheer daaroor - as die mielieboere 'n goeie produksiejaar beleef, dan styg die volumes en die mielieprys daal. Dit kan mos nie andersom werk nie?

Beperkte rakleeftyd
Waarom sal die melkboere nou ligter daarvan afkom? As die melkboere meer kragvoer aan hul koeie voer omdat die kragvoerprys (mielieprys) daal, dan styg die koeie se produksie en saam met die invoere, styg vooraadvlakke van kaas, langlewe melk, suiwelprodukte. Met baie van hierdie produkte wat 'n beperkte rakleeftyd het, moet die bemarkers die prys laat sak om hule eie handelsmerk vinniger van die rak af te kry, en dit lei tot 'n spiraal van dalende pryse aan die verspreidingspunte... of die laer pryse na die verbruiker deurgegee word, is debateerbaar?

Soms is die bitterste medisyne die beste medisyne - stuur die marksein vinnig en hard uit, verminder produksie of die prys daal nog verder! Die teendeel is natuurlik ook waar, as die melkboer se prys daal, produseer hy net meer liters om die melktjek dieselfde te hou, want sy verpligtinge moet gediens word. Solank die melkkopers die produsente toelaat om teen die markbehoefte se kurwe te produseer, gaan vooraadvlakke van suiwelprodukte in sekere tye van die jaar styg en dan het verspreiders rede om pryse te laat daal.

Natuurlik glo ek en baie ander produsente dat die fabrikante nie so doeltreffend soos die melkprodusente is nie - en daarvoor neem ons die fabrikante kwalik - "Julle moet nou op maksimum doeltreffendheid opereer, en ons indruk is dat dit nie so gebeur nie!

Grootste pak slae
Terloops, die groot melkerye kry in hierdie tye die grootste pak slae. As jy teen 'n verlies moet melk, stapel die verliese maandeliks baie vinnig op. Eintlik ervaar almal die verlaging in die melkprys in verhouding tot hul melkery omvang, dieselfde. Vandaar my vermaning aan ons eie bestuurspan - "Raak maksimum doeltreffend, fokus op die kernbesigheid en hou besteding laag tot die omgewingsfaktore weer begin draai," en ja, ek glo die vraag en aanbod situasie vir landbouprodukte gaan weer draai!

Die fundamentele redes vir die behoefte aan kos bly steeds staan - die bevolking van die wêreld groei, die RSA se middelklas word meer en eet al meer Westerse kos, die "Barrier of entry" word net groter (duurder) - daar is geen nuwe toetreders tot die melkbedryf nie.

Grond wat deur produktiewe kommersiële boere bedryf word, word net minder. Melkboerdery is steeds 'n oop tronk - wat maak dat min mense kans sien vir die uitdagings wat daarmee saamgaan. Tans is die beloning vir die ondernemer totaal onaanvaarbaar - ons werk vir volk en vaderland. gratis en verniet!

En ja, ons hou nog aan, want ons het geen ander keuse nie - die koeie kan nie met die druk van 'n knoppie aan en afgeskakel word nie.

Geskryf deur Gerdie Landman van Mooimelk Koeihotel, Cookhouse, op die gespreksfourm.

23 Junie 2010

4.65
 
 
scorpiondip
User offline. Last seen 6 weke 3 dae ago. Van lyn af
Aangesluit: 10 Jun 2009
Inskrywings:

Ek het so van die duskant af net 2 opmerkings, vandat Kooperasies Privaatmaatskappye geword het en boere met "aandele" belieg het, het ontmagtiging van melkprodusente begin.

So moeilik as wat gaan wees om dit moontlik te glo, gaan hier duskant Rustenburg in 'n Swartbemagtigingsbelegging van R1,8 miljard, met die beplanning van 30 000 melkbeeste oor die volgende 10 jaar in die volgende maand of wat aangekondig word. Die "issue" was net elektrisiteit voordat die goedkeuring kon plaasvind. Daar word reeds alternatiewe van Hongarye vir krag ingevoer. Weet SA se melkprodusente dit, wat gaan die impak wees op die huidige bedryf en hoe gaan dit hulle bedryf raak. Ek het maar net gewonder wat dit aan die huidige bedryf soos wat dit nou is gaan doen omdat daar reeds ondernemings is van aankope by die belangrikste afsette in SA?

Onbekende besoeker 

Die bogemelde swartbemagtiging ontwikkeling by Rustenburg sal moontlik net vir n jaar 'n invloed op die melkprys he, moontlik nie eers so lank nie, want ons swart landsburgers het mos die idee dat boerdery jou onmiddelik ryk maak en dat koeie nie oor 'n naweek gemelk hoef te word nie. Gelukkig het ons die skrif aan die muur gesien en aan die begin van hierdie jaar ons melkery tot niet gemaak ons het net nie meer kans gesien vir dronk werkers en werkers wat net eenvoudig nie opdaag vir werk nie, en die teenstrydige seine wat vanaf die melkkopers aan die een kant en die MPO aan die ander kant uitgestuur is was die finale spyker in ons melkery se doodskis. Sterkte aan almal wat nog vasbyt, raak so gou moontlik van parmalat ontslae hulle is deel van die probleem.

Sas van Wyk 

Noem my maar dom, onnosel, oningelig - ek gee nie om nie, maar hier in die karoo het ek al in die sewentigs geleer dat as jou plaas kos het vir 2 melkkoeie dan hou jy een aan. Ek het mos gedink ek sal vir pa wys hoe melk ek 8 koeie i.p.v. sy 4. Kragvoer koop. Groot uiers melk, maar o wee, mastitus, melkkoors, wat ons nooit geken het nie, dit was my voorland. En toe die droogte nog doer aankom, het voer koop my winsies opgevreet.
Gelukkig het die groot boere met die groot melktenks ons klein melkkan-boertjies al daardie tyd uit die bedryf gemelk. Toe kon ek my aandag aan my skape en bokke gee wat my nog nooit in die steek gelaat het nie.

Onbekende besoeker 

xscorpiondip, jammer ek kan nie vir jou epos stuur nie. Ons het die antwoord vir kragprobleme, sonkrag, bietjie duur maar beslis aanvaarbaar. Ons verskaf krag op die oomblik aan huise en veral aan die selfoonbedryf. Indien julle wil kontak maak, sal ek graag wil help. Mods, ek wil nie die epos of selfoonnommer oor oop forum gee nie, kan julle help.

scorpiondip
User offline. Last seen 6 weke 3 dae ago. Van lyn af
Aangesluit: 10 Jun 2009
Inskrywings:

Ek sal vir Jan vra om my jou adres te gee. Waarin ek werklik belangstel is n sonkragopwekkingstelsel vir my elektroniese dipstel. Hier is my nommer, 0822208386 of 0126674755 of my epos is pierrevn@telkomsa.net

Onbekende besoeker 

Menere
Op Agriaim.com sal jy vinnig vind wat jy kort.

Henry Mey 

Ja die terme oop tronk is al lank deel van die melkboere se woordeskat.Maar as jy daarmee grootgeword het en jou plaas ingerig is daarvoor beur jy maar vorentoe en maak planne om die wolf by die deur weg te hou.Ons melkboere se probleem is die 3 groot Supermarkte.Weet almal hoeveel wins maak die Supermarte met ons melk.Kom ek verduidelik julle hoe werk dit.Ten eerste moet die verwerker rakspasie koop by die Supermark.D.w.s waar sy produk op die rak gaan staan.Elke rak het sy eie prys.Die slim mense het bepaal dat die 2de of 3 de rak se produkte vinniger verkoop dus is hulle duurder.So moet die verwerker ook mense hê wat van winkel tot winkel ry om seker te maak hulle produkte staan op die gekoopte rakke.By sommige winkels moet die verskaffer die produkte op die rakke pak.As die produkte nou by hulle vervaldatum kom moet die verwerker die produkte self verwyder.Dan aan die einde van die maand moet daar nog 'n "kick back" aan die supermarkte betaal word.En dan die "Cherrie op die koek"is die 3% van sy rekening administrasiefooi wat die verskaffer aan die supermark moet betaal.Hierdie genoemde aksies kos die Verskaffer alles geld en die verskaffer moet dit iewers verhaal.Dus net by die verbruiker,Maar hulle ontwikkel 'n kopers weerstand.So wie bly oor?Die Melkboer,want hy sit met die melk,dis bederfbaar,so laat sak net die boer se prys.Hulle kan dit vat, as hulle ophou is daar altyd 'n ander ou wat dink hy gaan dit maak en dan begin hy melk.Of die groter ou raak nog bietjie groter.Verder sit ons met 'n MPO wat wat doen.As 'n krisis opduik sê hulle manne nou moet ons saamstaan,betaal julle ledegeld dan sal alles regkom.Moenie dink om die fabrieke terug te sit in die boere se hande nie.Die waatlemoen was al in die windpomp toe ons nog Koöperasies was.Die Direkteure sit en worry op die vergaderings oor die koeie wat in die Lusern wei en dalk kan opblaas en die bestuur vertel net hoe hulle die "show" gaan run.Bg.is maar een van die "truuks" wat die winkels uithaal.Dan is daar nog die invoere en promosies ens.Hoekom sê ek die dinge?Ek was daar en ek is nou 'n melkboer,hoe dom kan mens wees.Ek glo ook maar soos almal van ons die wiel gaan draai voor ek eendag doodgaan.Ons boer mos maar almal vir eendag...Lekker vroeg opstaan.

Tjaart Steenekamp 

Ek onthou dat as kind in die sewentigs melkkoepons en melk wat direk by die huis afgelewer is deur destydse Dairy Bell in voorstede van Pretoria. Nogal met 'n elektriese voertuig wat stil was sodat die buurt nie te vroeg wakker gemaak is nie. Ek onthou ook hoe melktreine by boere al langs die spoor naby plattelandse dorpe gestop het om hulle melkkanne op te tel en na die 'dairy' op die dorp geneem het. Ek sou graag wou sien hoe daar weer ware samewerking tussen boere kon plaasvind om hulle absolute afhanklikheid van kettingwinkels en produsente te bewerkstellig. Ek verstaan dat dit nie maklik gaan wees nie, maar eenvoudig is dit gewis. Twee aspekte moet na gekyk word;
1. Voeg self waarde toe, pasteurisering,verpakking, kaas en joghurt vervaardiging.
2. Versprei die produk self, hetsy of deur eie kleinhandel markte/ winkels of deur 'n soortgelyke stelsel wat destyds gebruik is deur Dairy Bell in Pretoria met hulle koeponne en 'omgewings vriendelike' elektriese voertuie lank voordat ons geweet het van omgewings vriendelikheid. Ons het 'n goeie produk afgelewer gekry, letterlik op die voorstoep teen 'n goeie prys. Is dit net ek wat hieroor opgewonde raak...??

Nico Badenhorst 

Goeie dag,Tjaart, Wat n wonderlike idee. Ek het ook in daardie tye grootgeword en is onmiddelik opgewonde oor die idee. Lieflike herinneringe wat dit meebring.

Henry Mey 

Ja goeie idee wat julle hier bo noem. Ongelukkig is daar 'n paar van ons wat nie naby die dorp of groot stede is nie. Dit en die infrastruktuur vir die verwerking van melk maak die kool nie die sous werd nie. Selfs net om melk te pasteriseur en in 'n tenk by 'n kafee/kleinhandelaar te gaan aflaai is al klaar 'n besigheid op sy eie. Verder kan jy nie die koeie afskakel in die dooie (derde) week van die maand nie. Wat maak jy dan met die melk? Soos ek al hier bo gesê het "been there done that".
Dit wil voorkom of die MPO bietjie gevoelig is, wat goed is. Dit wys hulle let op, want sedert ek hier bo geskryf het het ek 'n oproep van hulle ontvang...Ek het 'n paar planne vir hierdie melk situasie. Eerstens kan ek nie glo dat die lae mielieprys vir die baie melk verantwoordelik is nie. Dis winter en die grootste melkstreek in die land is nog steeds droog. Almal hier rondom my produseer minder melk, so waar maak hulle die meer Koeisap?
Ek het al 'n gesprek met Koos Coetzee gehad oor generiese bemarking, maar volgens hulle is die boere nie bereid om daarvoor te betaal nie. Het die MPO al 'n begroting op die tafel gesit vir wat dit die MPO sal kos om melk se verbruik te bevorder. As daar dan 'n oorskot is moet die verbruik verbeter. Ons het 'n gulde geleentheid met die sokker wêreldbeker laat verbygaan om die verbruik van melk te bevorder. Ons het net een foto van 'n gewilde sokkerspeler met 'n "melksnor" nodig om die verbruik bietjie aan te wakker. Ek het gehoor hoe Thys Swart vertel het hoe onkundig die mense in die stede is oor die hele melkbedryf na die Landbou uitstalling in die Kaapse Konferensiesentrum. Moet ons nie liewer daar begin nie? Voed die verbruiker op,dan drink hulle meer melk.
Dit sal nou interessant wees om te sien met hoeveel Parmalatprodukte se rakprys sak na hul produsente se 30 sent prysverlaging...Miskien moet die produsente van die kopers wat so pryse laat sak hulle melk net so vir 'n week langs die pad of in die dorp/nedersettings gaan verkoop. Dis natuurlik onwettig om rou melk te verkoop, maar "desperate times calls for desperate matters". Breek net die ketting vir so 'n week dalk kom die kettinwinkels agter waar melk vandaan kom of nie kom nie...
Dis moeilik,maar dis soos om botter met 'n warm naald in 'n ystervark se agterend op te druk, dit is moontlik...
Melkgroete

Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.