|
|
|
| Bygewerk: | 26 May 08:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 88% |
| Wind: |
Hi mensies! Hoe kry mens jou skape in 'n sisteem sodat elkeen 'n nommer het sodat jy hom kan uitken?
Agtergrond: Ons het 'n bees stoetery hanteer waar elke bees 'n nommer het bv, JMS10123, menende dag die bees die 123ste kalf is van 2010. Die beesplaatjies het baie plek om op te skryf so daar was altyd genoeg plek en genoeg nommers vir al die beeste.
Ons het ons eie handjievol skapies gehad wat ek genommer het soos ons hulle gekoop het, van 1 tot 13. Toe hulle begin lam, het ek die lammers ook 'n jaartal gegee en dan die hoeveelste bv. 11-07 en dit het baie goed vir my gewerk, aangesien daar op die skaap plaatjie plek was vir alles.
Maar nou het ons 'n hele plaas vol skape
(400+) en geen een van hulle het 'n nommer nie. Waar begin mens? En hoe kry mens al die inligting op 'n plaatjie? Ek en my man het ons eie planne, maar dit klink vir my ingewikkeld en soms onnodig. Soos om die skaap se nommer in die oor te tattoo en op 'n plaatjie te skryf (soos in die beesstoet). Gebruik mens dan maar net die ander oor vir die verpligte tattoo (bv JMS). Ek hou baie van die Da-Jo stelsel waarvan ek in die Landbouweekblad van 25 November 2011 gelees het, maar na al die nommers, tattoo's, cable-ties en plaatjies gaan die arme goed se ore vol gate wees!
Ons boer in die Karoo en wil graag die dinge reg doen, op 'n maklike manier. Vir eers gaan ons nie 'n program soos Shepherd gebruik nie, en net op Excel werk. Ons het kommersiele skape: dorpers, witdorpers en dan 'n paar damaras en meatmasters.
Ek glo en vertrou dat hier iemand sal wees wat heelwat meer kennis as ek het en my op die regte pad kan lei. Baie dankie! Annelie
Waar kry 'n mens die INFOTEG plaatjies te koop stel ook graag belang
Claasen se plan is baie goed. Ek merk elke jaar se lammers met 'n ander kleur, Brand ook die nommers self in want die merkpen word dof. Begin die nommer met die jaar vb laasjaar was dit 11 en die jaar 12 en dan die eerste lam van die jaar wat aankom kry 12001 nommer, die tweede een 12002 ens. Ek skryfook regs bo in die hoekie 'n T as dit tweeling was en regs onder die voorletter van die ram se naam bv W vir Wintie. Op die onderste plaas skryf ek met 'n merkpen die ma se nommer. Klomp inligting vinnig op een oor. Ek het vir elke ooi 'n nommer in 'n boek. Daar skryf ek op geboortedatum geboortegewig ,speengewig, vowasse gewig. Elke lam wat sy kry se besonderhede word by haar nommer aangeteken. Wat vir my belangrik is is al haar lammers se speengewigte. kg wat sy speen.
Het sopas vir my i klompie VLEISMERINO ooitjies aangeskaf. Baie interresant al die gemerkery.Sal bly wees as julle vir my kam se waarmee word die syfers in die oorplaatjie ingebrand.Die ink hou net sowat 3 jaar op die plaatjie ,al skryf jy dik op die plaatjie.
BAIE dankie vir die oulike raad! Ek dink ook die verskillende kleure vir elke jaar kan goed werk. Ons het Infotags gekry en maar vir eers met 'n merkpen op dit geskryf, al weet ons dit gaan nie lank hou nie. Waar kry mens die masjientjie om nommers in te brand en hoeveel kos dit?
Ons het die klomp jong ooitjies wat dus laasjaar gebore is geel plaatjies gegee met nommers op. En tot dusver het ons nog net 3 nuwe lammers aangekry en dan vir hul 'n groen plaatjie gegee met 001 ens op. Die ooi het dan 'n rooi plaatjie gekry. Ou ooie sonder tande het swart plaatjies gekry. Binne 'n paar jaar sal ons presies weet watter jaar al die diere gebore is. Ons tattoo die voorletters in die ander oor en dan merk my man ook watter maand hulle gebore is.
Onbekende besoeker gebruik seker die gewone plaatjies wat lekker groot is. Hulle is heelwat duurder as die infotags, maar ek hou ook meer van hulle omdat hulle meer spasie het.
Weereens dankie! Klink darm of ons op die regte pad is.
Hi J.G Claasen,
Ek stel baie belang in LANDSKAAP ramme, ek het n trop dorper ooie en het gehoor hulle teel goed. Kan u vir my bitjie meer vertel van hoe die lammers groei, ens. Waar kan ek landskaap ramme kry in die Vryburg/Delareyville omgewing.
Dankie, Jongboer van Vryburg
Ek soek weer Ile de France ramme. Is daar iemand in die Wes-Kaap wat geregistreerde ramme verkoop?
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24
Ek het 'n Landskaap stoet en dan 'n kommersiele vleismerino, dorper kudde van so 300 waarop ek landskaap ramme gebruik. By die kudde het ek so 'n paar jaar terug begin deur al die ooie te nr 1-300 met wit INFOTEG plaatjies-die langwerpigge plaatjie. Daarna het ek vir elke jaar se lammers 'n ander kleur gebruik Daar is nogal baie kleure selfs pienk soos die Bloubulle se nuwe truie! Dit vergemaklik uitkenning veral as ooie oud raak of oorslaan ens. INFOTEG se plaatjies is duur maar veeldoelig soos dat dit 'n klein gaatjie in het vir cable-ties/gekleurde draadjie en knoppies wat jy knip elke keer as 'n ooi lam. So jy kan monitor hoeveelkeer sy al gelam het.Jy kan ook aan die binnekant die ram/pa se nr of iets skryf.Ek brand nommers in op die plaatjie sodat dit altyd leesbaar bly.Dan tatoeer ek net die verpligte voorletters in die ander ooi.Hoop dit help