|
|
|
| Bygewerk: | 26 May 08:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 88% |
| Wind: |
Hallo almal daar buite .
Ek is opsoek na inligting oor Biodiesel.
Wat sal n +/- 200 Liter perdag aanleg kos ?
Dan wat is die kostes van n Methaane aanleg ( Anaerobic digestion en die Combuster / Generator )
Ek het n melkery en wil die mis van die beeste gebreuk om krag mee te maak.
Ek wil krag voorsien vir my hele plaas.
n Gerator van so 60Kw behoort dit te doen .
Ek het n klomp goed van die net af gelaai ma al die inligting is van die oorsee lande.
Eskom rak nou duur !
Enige komentaar , inligting en raad is welkom !
Dankie aan almal wat op die sal regeer .
Groete
Johan
Volgende links kan probeer word
http://www.arc.agric.za/home.asp?PID=1&ToolID=2&ItemID=1944
http://mybroadband.co.za/vb/content.php/2457-Limpopo-community-turns-cow...
http://90by2030.wordpress.com/tag/biogas/
- die beter link dalk- http://www.90x2030.org.za/oid%5Cdownloads%5CAgama%20Biogas%20technology%...
Ek probeer ook die saak ondersoek: hier is nog n paar "links":
www.biogassa.co.za
Laat ons weet hoe vorder jy.
Dir LNR het boeke oor baie onderwerpe, wat maklik verstaanbaar is. Ek het ook die een waar jy mis kan omskakel in gas, BIOgas. Na ontrekking van die gas, is die mis natuurlik gereed as bemesting. Die biogas boek gee sketse oor die bou daarvan asook berekeninge oor hoeveel gas jy behoort te herwin.
Kontak
Elmarie Stoltz
ARC-Institute for Agricultural Engineering (ARC-AE) Private Bag X519, Silverton, 0127 Tel. 012 842 4017 Fax 012 842 4176
Geniet ‘n heerlike dag vandag
Christiaan
Dis die regte ding om te doen. Ek probeer al lankal om 'n forum in plek te kry waar idees oor alternatiewe energie in die landbou uitgeruil kan word.
Die landbou met sy enorme hoeveelheid plantreste en oop ruimtes bied baie geleenthede.
Die beperking op die biobrandstof op plase is dat die waarborge van meeste enjins nie geldig bly as tuisbereide brandstowwe gebruik word nie.
Enkele roetes om die energie uit beskikbare materiaak na elektrisiteit im te sit is:
roumateriaal: beesmis -vermenteer na metaan en gebruik metaan as aanvulling vir diesel enjin
of vergas in vergasser en gebruik gas om binnebrand enjin aan te dryf.
of gebruik hoe temp pirolise om biomassa te vervlygtigen gebruik dan die gas as brandstof.
Rofwek kan maksimum van 1 megawatt uur met een ton biomassa opgewek word.
Die koste van biobrandstof sukkel om laer as die van fosielbrandstowwe te kom.
Om energie koste te vergelyk moet ons eers alles omskakel na vergelykbare eenheid
Krag vanaf eskom kos bv R1 vir 3600 megajoule
Diesel kos R10 vir 30000 megajoule
Sonpanele raak al goedkoper en omsetter tegnologie al beter.
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24
Johan, ek stem saam. Eskom raak nou onekonomies en tariewe sal nog verder styg in die toekoms! Hoe gouer jy selfonderhoudend raak, hoe beter.Ek sou se dat jy kan aanklop by die ingenieurswese-fakulteite van ons onderskeie universiteite en technikons asook die onderskeie landbounavorsings-kolleges in jou streek. Johan, net n netelige punt - daar is n groot verskil tussen biodiesel en metaangas.In beide gevalle kan jy selfonderhoudend raak. Moet ook nie vergeet van sonselle nie- daar is nou dunplaattegnologie in SA beskikbaar wat meer effektief en goedkoper plaaslik vervaardig word. Kontak Universiteit van Johannesburg in hierdie verband. Voorspoed met jou navorsing en hou ons op die hoogte van jou vordering! Enige ander kommentaar lesers? Louis Roux Gauteng