My buurman is my boorgat

Janbez
User offline. Last seen 1 dag 22 ure ago. Van lyn af
Aangesluit: 3 Apr 2009
Inskrywings:

Deur CLAUDE MöLLER

Goeie verhoudings met jou bure, is soos boorgatsake. Dit verg waterwys, beplanning, geld en harde werk, instandhouding - dit kom nie sommer vanself nie - maar uiteindelik bring dit lewe tot almal se voordeel.

Om ’n goeie buurman te hê, is soos om ’n betroubare boorgat te hê: ‘n Mens kan nogal sê: My buurman is my boorgat.

Maar versórg moet jy hom versórg. Beslis. Dis nie sommer net “van-pomp“ nie.

So bv. sit die Mareetsane-boere volgende week hul Buurmanskap-projek voort, as hulle die Kraaipan-nedersetting in die Ratlou-munisipaliteit besoek – en praktiese buurmanskap beoefen.

Beeste word gewerk, gemerk, gedip en gedoen - ’n ieder en inkilte een van hulle.

Almal neem deel: NWK, Veemedisyne-maatskappeye, die Departement van Landbou, munisipale raadslede, en ‘n paar handevol Mareetsane-boere met groot harte, handige hande en knap koppe.

Probleme en knelpunte word bespreek - en strategie word gepraat; in Buurmanskap-taal. En die spreekwoordelike boorgat word gediens.

Goeie buurmanskap is ’n duur ding; maar swak buurmanskap kos jou uiteindelik meer as die goeie een . . .

As jy nog nooit in jou buurman belê het nie, vra jouself net hierdie vragie: Hoeveel kos dit my omdat ek dit NIE doen nie?

’n Wyse ou man het eendag gesê: You must dig your well WELL, before you are thirsty. Boor jou Boorgat Betyds!

Dankie Mareetsane-boere vir die tipe Boorgat-Buurmanskap wat jul uitstal. Ek het altyd geweet daardie Buhrmansdrif-naam in jul omgewing, móét simbolies wees!

As my Buurman my Boorgat is, dan is Goeie Buurmanskap, die windpomp.

En die wind dan? Ag, nou ja… dis al die probleme, en dramas, en skulde en pyne, dingeses in die drinkwater, wat ons boere moet “face”; maar wat help dit jy’t ‘n boorgat en ‘n windpomp, maar die wind waai nie!

Dis mos hoe mens ’n Land Bou, Landbouer!

Kontakpersone:
Dirkie Loubser 082 788 5658
Eric van Wyk 082 389 9422

Geskryf deur Claude Möller (claude@claudemoller.co.za)

(Claude is 'n orator. Sy leuse is: "Building magic people of great character". Jy kan ure na hom luister. Sy webwerf is www.claudemoller.co.za - Red.)

16 Maart 2010
 

4
 
 
Alwyn Steenkamp 

Wel my pa het baie keer daai windpomp gedraai met die hand.Vandag kan ons krag aan die winpomp sit en die winpomp draai lekker.Boere moet mooi kyk na boorgate se water daar is altyd siektes in die water.Daar is baie goed wat n mens vandag kan kry om in die water te gooi.Dit kan net die water verbeter.

Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.