My ma is op en wakker sy is in haar vroeg 60's lief vir tuinmaak, hou van haar wkisky op sy tyd en haar sigaretjie na werk. Niks staan vir haar hande verkeerd nie, so kan my ma my onder die tafel in werk. Sy is gesond en reis graag. Ek soek 'n vriend vir haar wat dinge saam haar kan doen, en asb tog as jy nie jou eie geld het nie moet nie eers dink daaraan om te skryf nie, as jy 'n lang man is sal dit voorwaar 'n bonus wees. En nee sy soek nie 'n man om mee te trou of om vir haar te sorg nie. As jy belang stel skryf vir my oor jouself, of nog beter laat jou dogter vir my skryf *grin* ons kinders het 'n manier om julle uit julle dop te kry.
Ja ja ek soek ook lankal so n vriend!!!!
Met sy eie geld, wat kan kos maak en gesels oor iets anders as boerdery en rygby. Nou ja n wildplaas, bosveldplaas of selfs n plaas in Namibie sal nie te versmaaie wees nie. Ag tog die vrou wat die vriend soek moet ook nie te selfstandig wees nie.. Mans van oor die sestig se egos is maar ????? hulle raak tog te bang vir n selfstandige vrou. So staan/sit ons vroue maar ons plek vol en doen wat ons hand vind om te doen. Manne daar is baie oulike vroue van oor die sestig wat net n vriend soek.
Ons almal soek daai special iemaand in ons lewe,as n lover, siels genoot en jou beste pel maar die vraag is besttan hul nog, Soos wat ek dinge uit kyk is dit meer n geval van hit and run en mens ontrek maaar van sulke dinge!
hahahah hoe lekker lag ek nou... jis ek het die stukkie baie lank terug vir my ma opgesit want sy kry net nie iemand nie, dan is die een te kort, daai een te stadig,,, want kyk my ou moeder is n boer sy staan haar plek vol op die plaas en sy wrek my onder die tafel in.
wel ons is omhein deur die bure se wildsplaas... hahah as dit sal help.
toe vertel het enige van jule al iemand raakgeloop?
Dagse!
Ek salueer hierdie plan. Dink die kameraadskap van 'n maat word veral belangrik soos ons maar ouer word.
Ons het self 'n baie oulike sekretaresse en ek't gewonder of ons nie dalk 'n paar van die onsuksesvolle kandidate se inligting kan kry nie. (Dit wat nie vir een werk nie, is dalk vir die ander van waarde...)
Ken natuurlik self ook 'n wewenaar, maar sy een vereiste is 'n oulike wildsplaas. Indien u ma so ietsie besit, moet ons dalk 'besigheid' gesels. (Hy het darem sy eie inkomste, maar dit strek nie sover soos 'n wildsplaas nie!)
In elk geval, ek hoop werklik die regte man word opgespoor. En dit sal lekker wees om te hoor hoe die saak verloop!
Groetnis!
Susan
(susan.botes@landbou.com)