|
|
|
| Bygewerk: | 26 May 08:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 88% |
| Wind: |
My vraag gaan oor Forray 65.
Ek het n klompie bees bestuur vir n produsent in Marble Hall/Groblersdal omgewing. Hulle was blootgestel aan beide R. decoloratus en R. microplus (Afrika bloubosluise en Asiatiese bloubosluise).
In aangekoopte verse en verskuifde diere breek daar skielik rooiwater uit. Ek weet stres was betrokke en dat in die omgewing het ek beide spesies bosluise geoes en, dat daar nie ensooitiese stabiliteit teen Asiatiese rooiwater verkry kan word nie.
Aanvanklike probleem:
Die aangekoopte diere se status is en was onbekend. Die produsent skakel sy veearts en al wat beskikbaar was, was Forray 65. Vir watter rede nou ook al, word daarop besluit om die hele kudde te blok.
Voorheen, as daar rooiwater uitgebreek het, is bloed en breinsmere geneem om die organisme te bepaal en, alhoewel daar 50/50 verhouding was van R. decoloratus teenoor R. microplus, was babesia bigemina die meeste teenwoordig gewees.
Oor tyd, met ‘n getroue entingsprogram teen beide rooiwaters en galsiekte, was daar redelike stabiliteit teenoor rooiwater.
Natuurlik kom babesia bovis ter enige tyd sy kop uitgesteek het, maar onthou, hierdie diere was diere onder stres waar die aanvanklike probleem ontstaan het en, daarna die hele kudde Forray 65 toegedien is.
Vrae in my gemoed
As en wanneer rooiwaters uitgebreek het, het Veriban en of Berinil volgens my ervaring nie die weerstandigheid wat teen Afrika rooiwater en of Asiatiese rooiwater afgebreek nie. Bloedsmere daarna het nog steeds teenliggaampies getoon teen een of beide babesia organismes. Ek is nie seker of die teenliggaampies dalk “vals” kan wees in hul weerstandigheid nie en sou graag hieroor meer wou weet.
Sekondêre gebeurtenis
Wat gebeur het is dat 14 diere het gevrek wat op my rekords geënt was, vir lang tye blootgestel was aan bosluise en redelike gevestigde diere was asook geënt tussen 3-6 maande teen beide babesias.
My vraag is dus, het Forray 65, wat ʼn wonderlike produk is om te gebruik, ook die weerstand wat opgebou was teen een of beide rooiwater organismes afgebreek? Alhoewel ek dit nie nou kan meet of vasstel nie, was hierdie diere bestuur om weerstandig te wees.
Is ek in hierdie verband verkeerd? Is daar dalk literatuur beskikbaar hieroor? Ek wil dit graag vanuit ʼn bestuursoogpunt weet, sodat mens ‘n produk en sy nalatenskap effektief, reg en wetenskaplik bestuur.
<!--[if !supportLists]-->1. <!--[endif]-->Die vraag is nie in kritiek of verdagmakery nie. Het iemand in die verband hulp en goeie verwysings.
Die webblad van MSD http://www.msd-animal-health.co.za/products/forray/020_product_details.aspx maak die volgende stelling onder die hofie;
Vaccine Warning:
“After treatment with Forray 65 (2,5 mℓ / 100kg live weight) cattle cannot be effectively vaccinated against Asiatic Redwater for 8 weeks and against African Redwater for 16 weeks.”
Wat beteken dit? Beteken dit dat die produk die weerstandigheid wat voorheen opgebou is teen een van die babesia spp. in totaal afgebreek het en dat die hele kudde nou weer babesia naïef is?
Op dieselfde webblad word die volgende stelling gemaak;
EXAMPLES OF THE USE OF FORRAY 65 FOR THE PREVENTION OF REDWATER
NB. Only on the advice and recommendation of a veterinarian for each set of circumstances
<!--[if !supportLists]-->1. <!--[endif]-->Outbreak of redwater in a herd: Treat all the cattle with Forray 65 at 2,5 mℓ /100 kg live weight.
Wat is die nabestuur van Forray 65. Is die diere dan heeltemal naïef met geen weerstand meer oor nie en moet hulle in volwasse stadiums weer oor ingeënt en bestuur word teen babesias?
Het Veriban en Berenil dieselfde nagevolge? Sal bly wees as iemand wat meer kennis het van die produkte se werklike nagevolge my kan inlig.
Pierre van Niekerk
pierrevn@telkomsa.net
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24