’n Wenk vir grondhervorming

Janbez
User offline. Last seen 1 dag 23 ure ago. Van lyn af
Aangesluit: 3 Apr 2009
Inskrywings:

Ons sit met 'n probleem wat grondhervorming in die land betref.Soos die kommentaar wat julle die week geplaas het van wat 'n ekonoom gesê het. Die koste word meer en die winste minder.

Ek dink as mens bv. na Amerika gaan kyk, is dit net groot boerderye wat groei . . .
 
My gedagte is dat die Regering nie grond aan nuwe boere gee nie maar dat hulle die grond eerder in 'n maatskappy sit en dan aandele aan die boere gee.Kundiges kan dan aangestel word om die maatskappye/boerderye te bestuur en die aandeelhoers kan dan hulle insette gee.Die nuweling-boere kan dan vir 'n salaris werk op dié plase en aan die einde van die jaar in die aandelewinste deel.
 
Die voordeel van dié "skema" is dat kundiges kan verseker dat die boerdery reg bedryf word.
Kundigheid kan dan oorgedra word aan die nuwelingboere.
Opleidingsbehoeftes kan geïdentisifeer word.
En sukses sal "verseker" kan word.
En van die aandeelhouers kan, dan indien hulle die kundigheid opdoen, oor 'n paar jaar as “bestuurders" aangestel word van die maatskappy/e.
 
'n Ander voordeel is dat as 'n aandeelhouer geld nodig het, hy net so paar aandele hoef te verkoop en nie die hele plaas nie.
Dit maak dit ook makliker om te groei want jy hoef nou nie 'n hele plaas wat miljoene kos te koop nie, jy kan slegs aandele koop met die geld wat jy het/kan bekostig.
Dit raak ook al moeliker om kopers vir grooot stukke grond te kry wat miljoene kos. Indien die eienaar dan die aandele en nie die grond verkoop nie kan verskeie kopers koop wat dit makliker sal maak om die plaas te verkoop.
Ek glo ook dat op die manier sal jy op die ou end kry dat wit en swart boere as aandeelhouers aan die einde van die dag saam eienaars van dieselfde plaas sal wees.
 
Geskryf deur Maarten Kruger (maarten@vodamail.co.za)
 
15 September 2009
3.25
 
 
mkruger
User offline. Last seen 1 dag 22 ure ago. Van lyn af
Aangesluit: 5 Aug 2009
Inskrywings:

'n Ander voordeel van plase so in 'n maatskappy sit is dat jy die plaas amper soos 'n kooperasie kan bedryf deurdat jy trekkers en implemente kan deel en sodoende kostes bespaar.

Bulle kos ook baie en waar dit miskien nie koste doelteffend gaan wees om 'n goeie bul vir een eenheid te koop nie, kan so maatskappy/kooperasie bekostig om bietjie meer vir 'n goeie bul te betaal en dan te KI om sodoende 'n goeie kernkude op te bou waaruit hulle bulle vir hulself kan teel.

Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.