Namibiese skaapskema

Chris Baisako
User offline. Last seen 1 year 30 weke ago. Van lyn af
Aangesluit: 14 Jul 2010
Inskrywings:

Die skaapuivoerskema soos aankondig deur die Namibiese regering dat boere nou 'n 15-30% heffing betaal vir elke skaap wat uitgevoer word het die boer in 'n swakker possisie geplaas as die vorige een van 6:1. Die vraag is wat ons as boere kan doen oor hierdie situasie? My opinie hieroor is as volg:

1. Hierdie probleem is veroorsaak deur die slagpale wat politieke invloed op die regering uitoefen om die grens toe te maak of al hierdie heffings op die boer te plaas. Daarom dink ek net die slagpale kan ons uit hierdie situasie red. My mening is dit slegs kan gebeur as die slagpale slegter daaraan toe is as gevolg van hierdie skema.

2. Laat die boere saamstaan en een slagpal boikot (Brukaros Meat Processing bv.) en hul diere die ander verslag, die res wat nie akkomodeur kan word as gevolg van kapasiteit voer ons lewendig uit, maak nie saak hoevel geld ons verloor nie. Ons verloor al reeds in elk geval, so wat is die verskil. Dan wil ek sien hoe lank hulle sal aanhou sonder sonder produksie. Sodra een van die slagpale seer kry en begin kla dan dink ek gaan ons beter onderhandel met die regering. Op die oomblik is dit net die boer wat seerkry en solank dit die geval is gaan niks verander nie.

3. Om met die regering hieroor te praat in die huideige omstandighede is volgens my tyd mors. Hoekom so? Ek dink die regering stel nie belang om die heirdie problem aan te spreek nie, al die feite is daar. Daar is niks wat die regering nie weet nie. Wat wel baie duidelik is dat dit nie 'n ekonomiese maar 'n politieke besluit is, so solank die slagpale alle pad bank to lag gaan niks verander nie.

Dis my mening hieroor.

5
 
 
Pieter van Vuuren 

Ek stem 100% met Chris saam. Ons is besig om die Abbatoirs te boikot al wil die NLU nie die woord gebruik nie. Brukarros is vir die laaste 3 weke al baie sleg daaraan toe en Namco is besig om ook stadigaan agteruit te gaan. Die enigste abbatoir wat met die regte prys na die tafel toe gekom het is Farmers Meat Market. Dit het ons almal verras maar ons kla nie daaroor nie. Ek wag vir my verslagting verslag nammidag want ek het gister soontoe gelaai. Dan sal ek sien hoe goed ek gedoen het. Namco is die abbatoir wat se hul stap die pad saam met die boere maar hul pryse wys dit glad nie.

Jurgens Nel, Gobabis, Namibie 

Namibie se produsente is jare gelede meegedeel dat hul 'n premie sal verdien indien hul deel word van n skema om hormoonvrye vleis te voorsien aan die verbruiker wereldwyd, omdat dit die vereistes is van die vleisverbruiker van die toekoms. Die hoof- doelwit van die skema is dus om die kos veiliger te maak en so die lewensverwagting van die mens te verleng. Huidiglik gebruik die Namibiese uitvoer abattoirs die wei vleis van die Namibiese boer as advertensie om die produk te bemark aan Pick en Pay, Checkers, Woolworths en die buiteland en die produsent kry soms tot N$10 per kg minder vir sy produk as wat hul in SA kan verdien. n Produk wat aan al die voorskrifte voldoen wat deur die sogenaamde groen manne vereis word. Dit word deur die genoemde maatskappye bemark aan verbruikers as hormoonvrye vleis teen baie hoe pryse terwyl die produsent wat verantwoordelik is vir die waarde toevoeging tot N$10 minder vir die produk verdien Wat egter vergeet word is dat ons terug is by die ontstaan van die groen skema waar maatskappye produsente uitbuit om wins te maak. Die Namibiese kleinvee-produsent, sy werkers, die omgewing en klein dorpe met inwoners se voortbestaan word bedreig deur die maatskappye wat die abattoirs se produk koop wat met die goedkeuring van die Namibiese regering 'n monopolie bedryf in Namibie en produsente verplig om sekere praktyke wat deur die buiteland vereis word af te dwing en hulle dan nog te verplig om teen 'n veel laer bedrag hul produk te lewer. Dit kom dus neer op vernietig een deel van die bevolking om die ander te verryk. Na 6 jaar het 'n woordvoerder van Namco, een van die uitvoer-abattoirs die volgende te se op Landbou- radio Namibie op 16 Julie 2010. "Ons moet begin dink buite die "BOX" om beter pryse te realiseer vir ons produk. Waarmee was hulle dan die afgelope 6 jaar besig? is die vraag van elke produsent in Namibie.

Pieter van Vuuren 

Ek wonder nogal watse "BOX" hy in is want ek is nie in dieselfde een as hy nie. En dan as hy sulke uitlatings maak hoekom pas hul nie hul pryse aan na die LPF vloerpryse nie. Dit maak my siedend kwaad as ek moet hoor die ouens het sulke houdings maar hulle is die ouens wat die "BOX" geskep het en ons moet ook nou maar net daarin sit. Die skaapbedryf is besig om sy agterent te sien maar solank die abbatoirs die regering omkoop en daar korruspie is sal dinge nie verander nie. Wat my nog meer die hel in maak is dat die regering weier om vir Suid Afrikaners verblyf te gee wat regtig wil bele in die land. Maar die Abbatoirs se eienaars wat Suid Afrikaners is tokkel die kitaar vir hulle.

Jurgens Nel, Gobabis, Namibie 

Die Namibiese grens is pas weer gesluit vir die invoer van mielies om die plaaslike prys te verhoog om plaaslike akkerbouers 'n beter prys te gee om volhoubaar te produseer en voedselsekuriteit te verseker. Die grens vir die kleinveeboer is egter toe wat pryse afdwing, produksie verminder en voedselsekerheid ondermyn vir die land. Of die vernietiging van die kleinveebedryf deel is van visie 2030 van die Namibiese owerheid weet ek nie, maar dat dit tot 15 jaar vroeer bereik sal word is verseker. 'n Industrie wat die grondstof wat hy moet verwerk se beskikbaarheid vernietig, het nie 'n langtermynvisie vir sy industrie nie en is op korttermynwinste ingestel. Indien 'n maatskappy in 'n beskermde omgewing opereer, is daar geen nodigheid om beter te presteer, markte te soek of produksiekoste te verminder nie. Dit word weerspieel in die groei in waardevermindering wat die kleinvee-abattoirs die afgelope 6 jaar vir die kleinveeprodusent gelewer het. Van N$1.5 per kg vir 2004 tot N$10 per kg huidiglik. Dit laat my dus wonder of daar enige ondersoek was voordat die skema ingestel was, maar nou met voortdurende voorleggings en ondersoeke verander moet word.

Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.