Nee vir GM voedsel?

E-forum
User offline. Last seen 40 weke 2 dae ago. Van lyn af
Aangesluit: 7 Jul 2009
Inskrywings:

Ek het die plaaslike koerant bietjie bestudeer en kom toe af op 'n artikel oor GM-voedsel. In die artikel word wyd gemeld van die nadele van GM mielies vir diere en verwys hulle na die AAME. Die plaaslik koerant is nie op die internet nie anders het ek die artikel gestuur. Ek het egter hulle bron gaan opsoek en deel dit graag.
 
Die vraag is nou as die GM voedsel so skadelik is vir diere verklaar dit nie dalk sommige van ons probleme (siektes) by intensiewe boerderye waar daar intens gevoer word nie? Ek dink aan melkerye, vark boerdery, hoenders, voerkrale. Hieronder is die berig:
 
Wichita, KS - The American Academy of Environmental Medicine (AAEM) today released its
position paper on Genetically Modified foods stating that "GM foods pose a serious health risk" and calling for a moratorium on GM foods. Citing several animal studies, the AAEM concludes "there is more than a casual association between GM foods and adverse health effects" and that "GM foods pose a serious health risk in the areas of toxicology, allergy and immune function, reproductive health, and metabolic, physiologic and genetic health." The AAEM calls for:

* A moratorium on GM food, implementation of immediate long term safety testing and labeling of GM food. 
* Physicians to educate their patients, the medical community and the public to avoid GM foods. 
* Physicians to consider the role of GM foods in their patients' disease processes. 
* More independent long term scientific studies to begin gathering data to investigate the role of GM foods on human health.

"Multiple animal studies have shown that GM foods cause damage to various organ systems in the body. With this mounting evidence, it is imperative to have a moratorium on GM foods for the safety of our patients' and the public's health," said Dr. Amy Dean, PR chair and Board Member of AAEM. "Physicians are probably seeing the effects in their patients, but need to know how to ask the right questions," said Dr. Jennifer Armstrong, President of AAEM. "The most common foods in North America which are consumed that are GMO are corn, soy, canola, and cottonseed oil." The AAEM's position paper on Genetically Modified foods can be found at http:aaemonline.org/gmopost.html. AAEM is an international association of physicians and other professionals dedicated to addressing the clinical aspects of environmental health. More information is available at www.aaemonline.org.

 
Geskryf deur Speenkalf op die gespreksforum
 
24 Junie 2010
3.5
 
 
Hans Lombard 

Die versoek van die ”American Academy of Environmental Medicine” (AAEM) aan die publiek om “nee” te sê vir GM-voedsel weens ‘n “gesondheidsrisiko” is loutere snert.

Na 15 jaar van GM-voedsel (11 jaar in Suid-Afrika) bestaan daar nêrens in die wêreld wetenskaplik of medies gestaafde bewys van nadelige gesondheidsgevalle vir mense of diere as gevolg van GM-voedsel.

Volgens prof C.S. Prakash, hoof plantbiotegnologie aan die Tuskegee Universiteit, VSA, is die AAEM ‘n bedrieglike organisasie wat geen erkenning geniet van enige wetenskaplike of mediese akademie nie.

In teenstelling, vertel wetenskaplike en mediese navorsing deur die wêreld se voorste wetenskaplike instellings ’n ander storie, soos:

Die Royal Society, Londen, een van die wêreld se gesaghebbendste wetenskaplike instansies het bevind: ”Daar bestaan geen ernstige potensiële gevaar vir die omgewing of mensegesondheid as gevolg van GM-voedsel nie.” Die Britse Mediese Vereniging het dié bevinding beaam. (Royal Society Review 2000)

Die volgende nege wetenskaplike akademies het die Royal Society se bevinding onderskryf: Brasilië, China, Indië, Mexiko, die Derdewêreld Akademie vir Wetenskap, Nasionale Akademie vir Wetenskap VSA, Duitsland, Frankryk en die Royal Canadian Society. Daarbenewens het die VVO se Voedsel- en Landbou-organisasie (VLO) en Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) GM-voedsel goedgekeur.
Die Europese Kommissie het 81 wetenskaplike navorsingstoetse oor ‘n tydperk van 15 jaar teen ‘n koste van R640 miljoen uitgevoer en tot die slotsom gekom dat: “GM-voedsel is veilig vir sowel mense as die omgewing. GM-voedsel mag selfs veiliger wees dan konvensionele voedsel.”

Ek daag die AAEM uit om wetenskaplik gefundeerde bewyse tot die teendeel te lewer.

Ons hoef nie verder as Suid-Afrika te kyk vir onbetwiste bewyse vir die veiligheid van GM-voedsel nie. Suid-Afrika is sekerlik die land met die hoogste per kapita gebruik van GM-voedsel ter wêreld, waar die bevolking se stapelvoedsel mielies is. Bykans 80% van die mielies wat plaaslik geproduseer word, is GM.

Volgens ‘n studie wat deur die Mielietrust befonds is, is vir die tienjaartydperk van 2000 tot 2009 kumulatief bykans agt miljoen hektaar biotekmielies (wit en geel) plaaslik beplant, wat ‘n graanoes van meer as 20 miljoen MT gelewer het. (Gouse & Van der Walt 2008) Op die een of ander manier is hierdie oeste jaarliks ingeneem deur bykans 40 miljoen mense, 800 miljoen braaikuikens, 1.4 miljoen stuks beeste in voerkrale en drie miljoen varke wat aan formele slagpale gelewer is – sonder dat daar tot op datum enige medies of wetenskaplik bewese gevalle voorgekom het van nadelige gevolge vir mense, diere of die omgewing.

Afgesien van groente en vrugte is daar geen voedsel op ‘n Suid-Afrikaanse spyskaart wat nie een of ander GM-bestanddeel bevat nie: slaaisouse en kookolie (veral vir vis en skyfies) afkomstig van sojabone (90% GM), katoensaad (90% GM) en mielies; graankos vir ontbyt, spek en eiers; asook varsmelk en alle suiwelprodukte bevat GM-bestanddele.

Interessant om daarop te let dat die 1000+ sokkerspelers van oor die wêreld tans hier by ons wat by soveel geleenthede lekker weggelê het aan stywepap (80% GM) en boerewors (van voerkraalbeeste wie se voedsel op een of ander wyse GM-bestanddele bevat, veral soja-oliekoek (90% GM) op die velde gedraf het met spiere wat bult, nog nie een vanweë maagkrampe ’n wedstryd gemis het nie. Saam met hulle geniet 500 000 ”fans” ons gesonde GM-voedsel.

Enkele verdere onware bewerings van AAEM haal ek kursief aan met feitelike antwoorde:

Verskeie dierestudies dui op ernstige gesondheidsrisiko’s wat verband hou met GM-voedsel.

Dis twak. Nêrens in die wêreld bestaan daar sulke studies wetenskaplik bewese en eweknie beoordeel (peer reviewed) nie.

Kenia en nog baie Afrikalande laat nie die aanplantings van GM-mielies toe nie. Egipte laat nie invoer van GM-voedsel toe nie.

Loutere snert. Egipte, Malawi, Kenia en Burkina Faso het lank reeds wetgewing aanvaar vir die aanplanting van GM-gewasse. Egipte is die eerste Afrikaland, naas Suid-Afrika, wat reeds twee jaar gelede GM-mielies geplant het met saad wat van Suid-Afrika af ingevoer is. Meer as 1000 ha is geplant. Burkina Faso plant 115 000 ha GM-katoen. Veldproewe met GM-gewasse in Kenia, Uganda, Malawi (mielies, katoen, kassawe, sorghum, rys, piesangs en ander gewasse) is in ‘n gevorderde stadium.

Nigerië se Minister van Wetenskap en Tegnologie, mev Grace Epiwhre, het in 2008 ’n beroep op Afrikaleiers gedoen om GM-gewasse aan te plant om hongersnood op die vasteland die hoof te bied. Sy het gesê haar ministerie wil GM-gewasse in Nigerië bevorder om sodoende die regering se voedselsekuriteitsprogram ’n hupstoot te gee.

Wêreldwyd, in 2009, het ’n rekordgetal van 14 miljoen boere (13.3 miljoen in 2008) in 25 lande op al ses vastelande 134 miljoen ha (125 miljoen ha in 2008) GM-gewasse verbou – ’n toename van 9 miljoen ha. (ISAAA-verslag 2009)

Boere is nie dom nie. As hulle nie wins uit ’n produk maak nie, sal hulle dit eenvoudig nie weer plant nie.

Hans Lombard
Konsultant vir die landboubiotekbedryf

Lizelle 

"Hans Lombard

Konsultant vir die landboubiotekbedryf"

My aarde, dis nou 'n verrassing - Ek wonder wie betaal dié man se salaris?

Een van die groot redes hoekom daar 'n "nood" is vir GMO produkte is omdat groot maatskappye soos Monsanto hulle produkte wat oulik saam met hulle GMO saad werk, wil aanhou versprei en 'n monopolie daaroor behou. Ek raai GMO produkte groei nie so lekker in meer natuurlike omstandighede nie, maar hulle werk soos 'n bom as mens die groot maatskappy se instruksies volg. Natuurlik maak die goeters vir die boere wins - Die groot maatskappye maak seker hulle doen, sodat die ou wielietjie van afhanklikheid aan die groot maatskappye lekker aanhou draai. Wie anders het genoeg geld om daar in 'n air conditioned plek 'n klomp universiteit-gekwalifiseerde mense en hul rekenaars en toerusting aan te hou om die goed te produseer?

Die dommes wat probeer bewys dat die GMO gewasse sleg is vir mense/diere is maar net so erg beheer soos die ander. Almal verdedig hulle se standpunt, en in die tussentyd maak die groot maatskappye lekker baie geldjies...

Ek hoop maar dat daar eendag weer meer respek sal wees vir philosofiese en morele waardes wat die natuur in beide plante en dierasies respekteer en saam met dit werk - in plaas van teen dit werk in steriele wit omgewings waar mense wat amper nooit die son sien nie, die arme boere lekker beheer namens die groot maatskappye.

Lizelle

Kees Vlot 

Speenkalf,

Die hele GM voedsel debat is 1 groot politiek spelletjie.

Dis die VSA teen Europa.

In die VSA is daar bykans nie meer GM vrye mielies, graan en vleis. Dus het die EU ‘n wettige manier om die grense te sluit.

Onthou, die selectie wat jy met teling van jou diere doen, of die saad veredeling van mielies, graan of ander gewasse, is eintlik precies die selfde, net baie stadiger.....

Groetnis, vanuit `n GM vrye Europa.......

Kees Vlot

scorpiondip
User offline. Last seen 6 weke 3 dae ago. Van lyn af
Aangesluit: 10 Jun 2009
Inskrywings:

Ek het die vorige katoensaad, BGRR geregistreer gekry paar jaar terug en het n diep studie gedoen oor Geneties MO. Lizelle is in groot mate reg in haar standpunt oor Monsanto. Die CEO van Monsanto het die jaar, vir die verkryging van die Registrasie, die Landbouleierprys van die jaar gekry. Ek 6 glase of so iets en n paar Rand van die Katoenraad.

Die aanvaarding van die prys was vir my n grootse belediging ongekend, want hul sou nie met hul voorlegging ooit die registrasie kon verkry nie.

Om die Staat altyd te blameer vir onbevoedgheid en te min mense is grappig. Sou iemand natuurlik so braaf wees en wou, kan ek maar die dokumente steeds openbaar en wys en die Registrateur toe, sal hiervoor instaan.

Hierdie mense verdien al die hel en opstand wat hul kan kry en produsente benodig goeie kompetisie in die land.

Wat ek wel weet, is dat hul nie toesien dat die boere wat hul produkte plant, alternatief plant om weerstandigheidselektering te verhoed nie en hierdie is krimineel omdat hulle saadinkomste soos die mafia bestuur.

Dit aan die eenkant. Aan die anderkant is Biotegnologie per sy al meer as 3000 met die mens in die produksie van brood en wyn en die gebruik van bakterie om minerale te ontrek in mynbou.

Biotegnologie is baie nodig. Wat klimaatsverandering vir die voortbestaan van voedselproduksie gaan meebring is n baie groot uitdagende vraag want as ons nie aanpas nie, gaan ons nie oorleef nie en gaan ons glad nie mense kan kos gee nie.

Ons moet probeer om minder kunsmis en water te gebruik, minder gifstowwe en 'n kleiner koolstofvoetspoor nalaat.

Hierdie is Biotegnologie en hierdie is baie nodig.

Moenie die wetenskap boei met die moraliteit van egosentriese Maatskappye en individuele persoonlike claims en sogenaamde finansieële prestasies nie.

Eis kompetisie en maak die werke oop sodat samespanning uitgesluit kan word en plant reg, saam met die Natuur sodat ons nie slagoffers word van insekte en ander parasiete wat weerstandig geword het weens verkeerde en oningeligte bedryfswyses wat oeste gaan opvreet en verwoes nie en jou n slaaf maak van die Maatskappy se produk nie.

Keer terug na "Saam met die Natuur", vee die woord "Optimalteit" uit en vervang dit met "maksimaal" in ons produksie. Onkunde maak uiteindelik alles vrek.

Pierre van Niekerk

Grobbies 

Lizelle,

Wat is die ergste, 'n GM mielie of 'n gewone mielie wat met gifstowwe bespuit word om die wurms te probeer beheer? Ek as produsent eet eerder die GM mielie.

NickVSA
User offline. Last seen 1 year 23 weke ago. Van lyn af
Aangesluit: 28 Jun 2010
Inskrywings:

Niemand verplig enige boer hier in die VSA om GM mielies te palnt nie. Omtrent 'n derde van ons aangeplante mielies die jaar is GM vrye mielies. Prys vir GM vry saad is ook aansienlik goedkoper as vir GM saad. Dit word als onder die vryheid van vraag en aanbod gedoen. Die mite dat ons verplig word om Monsanto se GM mielies te plant is onwaar.

Dr. Jan van Wyk 

Soos ons so dikwels op die Forum beleef, is dit baie maklik om met noukeurig geselekteerde ongefundeerde bewerings wat vanuit die Internet of vele ander bronne afgelaai word, bykans enige snert onder die son as "feit" op te dis. Onthou gerus ook dat dit baie makliker is om 'n bewering oor die ONveiligheid van enigiets (veral voedselsoorte) oor die lang termyn te maak, as om die teendeel te bewys. Dit maak nie saak hoeveel werk dan gedoen word om die teendeel te bewys nie, daar bly altyd reekse vrae oor soos WAT AS: dit langer of aan meer mense of diere of soorte of onder verskillende omstandighede gevoer (as voorbeeld) sou gewees het, vrae wat so lank neem om te beantwoord dat die bewering al baie maklik deur diegene met hul eie agendas, deur herhaling as feite aanvaar word teen die tyd dat "voldoende" antwoorde verskaf kan word.

In die geval van GM voedsel wat reeds, soos deur Hans Lombard uitgewys, oor aansienlike tydperke wêreldwyd gebruik word, moes daar tog sekerlik reeds verdoemende feite oor onveiligheid beskikbaar gekom het indien daar enigiets was. En, indien wel, waarom word hierdie feite dan nie openbaar gemaak, in stede van slegs bewerings en vae (onbewese) assosiasies en gissings nie !

Wat GM as tegniek as geheel betref kan mens, aan die ander kant, nie veralgemeen nie, soos ek tevore reeds breedvoerig op Gespreksforum gemotiveer het. Die beginsel van GM modifikasie van bykans enigiets van biologiese aard het sulke wye implikasies dat elke geval uniek is, met die potensiaal van beide voordele en nadele volgens geval; dit hang af wat daarmee gedoen word, en of die natuur op die een of ander wyse versteur kan word. Ek het byvoorbeeld 'n tydjie gelede reeds die stelling gemaak dat dit in beginsel ‘n verkeerde benadering is om insekdodende BT mielies wat die BT toksien ontwikkel, aan te wend om die betrokke peste te beheer. In die proses word hierdie peste dan voortdurend terwyl hul die mielies aanval, aan die insekdodende stof (in hierdie geval die toksien van 'n bakterium) blootgestel. In sulke plante word daar dus ook aanhoudend vir weerstandige teenoor vatbare peste geselekteer, en 'n insekdoder wat, gegewe "korrekte" gebruik, vir lank nog nuttig aangewend kon word, gaan relatief snel tot niet wat die insekdodende eienskappe daarvan betref. Ek is toe, soos seker te wagte, deur persone wat (glo ek) met die betrokke handel bande van die een of ander aared gehad het, aangeval, maar vandag begin die weerstand wel toenemend kop uitsteek.

25 Junie 2010

elna dreyer 

Om Genetiese manipulasie en lynteling/ veredeling/ inteling gelyk te stel is totaal verkeerd. Die meer wetenskaplike term is nie Genetiese manipulasie nie, maar Genetiese Engineering. Dit behels dat genetiese materiaal (DNA) van een organisme, bv 'n bakterium, oorgeplant word in die genetiese materiaal van 'n mielie. Dus twee totaal verskillende organismes, en nie diere/ plante van dieselfde spesie nie.
Daar is geen bewyse van nadelige effekte van GM op die mens nie doodgewoon omdat daar geen toetse gedoen is om dit te ondersoek nie. Daar is egter toetse gedoen op muise wat wel dit uitwys.
Daar is al hoe meer bewyse van die invloed van oorgeplante organe op die ontvangers, soos bv dat hulle voedselvoorkeure verander, en hulle selfs kanker kan opdoen wat die skenker gehad het. Wat is dan die invloed op 'n organisme wat se DNA verander word? As miljoene dollars gespandeer kan word om medisynes te toets voor vrystelling, waarom is daar geen toetse gedoen om uit te vind wat die invloed is van GM op die mens en dier????

Robert Hayes 

Hans, die navorsing word gedoen en verdoem GM produkte. Lees die internet. Dokters het tot onlangs ontken dat rook sleg is. Lees http://chidiet.com/blog/misc/the-dangers-of-soy.htm
Jy doen jou volk 'n groet onreg aan met die leun!

Onbekende besoeker 

Ek het GM vrye mielies geplant. Dit met groot moeite laat toets en geisoleerd opberg. Nou dat ek die mielies wil verkoop is daar geen mark vir GM vrye mielies nie. Waar is die groenes nou?

Onbekender besoeker 

Liewe Onbekende Besoeker
Jy weet darem seker tog dat 'n mens eers 'n afset vir jou produk soek en dan die produk vir daardie mark produseer! Daar is 'n groot vraag na GM vrye produkte, maar die mark klop gewoonlik nie saans na 6 aan jou voordeur nie.

Jorsie 

Ek stem saam met elna..daar is definitief nog nie naastenby genoeg navorsing gedoen oor die effek wat dit op mense het nie. Lees die amerikaners gaan GM forel een van die dae eet as hulle FDA dit goedkeur..ironies genoeg sal hulle nie weet as hulle dit eet nie, want hulle wet verbied die aanduiding daarvan op verpakking.Gaan kyk bietjie die fliek Food.inc en besluit self of dit net propoganda is..GM voedsel het seker sy voordele, maar die vraag is of dit eties toegepas word deur grootkop maatskappye? Oppas wie jy vertrou.

Onbekende besoeker 

Ag mense, ek plant te lekker GM mielies,beter opbrengste vir my na jare se proewe. Die premie vir Non Gmo is te min...

Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.