Goeie Middag.
Ek wil graag met julle die volgende deel:
Ons was so ruk terug by mense op n plaas in Nelspruit. Die naweek het heel rustig verloop, en vir my wat uit die stad kom was dit hemels.
Die Sondag met ete was daar baie mense (seker maar wat die boere doen ek dink) Die kinders het gespeel in die veld en geswem in die dam. Heel lekker gekuier.
Dit is toe waar die drame begin, een van die kinders kom heel rustig aangeloop met trane in sy oe, sy woorde aan sy pa: "Pappa n slang het my gebyt". sy pa se antw ag my suen dit kan nie giftig wees nie.
Sy boetie kom toe met n slang uit die veld, "pappa kyk ek het hom gevang" Ek kan die slang beskryf as volg: +/- 2m lank pik swart bo en gruis aan die onderkant. Terwyl ek die fiasko aanskou val die suen wat gebyt is reg agteroor.
Ek is n A.L.S. Paramedic van beroep, en begin onmidelik die kind behandel. Ek gooi toe my foon vir een van die mense en skree bel die Noodiens (naam wil ek nie noem nie).
Hul antw aan ons was hul kom nie so ver uit nie. Die ander noodiens wat gebel is het die selfde mening gehad, wel om die minste te se ek wag nou nog vir die staat se diens.
Dit noodsaak my om een van my eie Heli's te ontbied om die kind te kom kry. Die suen lewe maar gaan vir n ruk nog in die hospitaal bly.
Omtrend n week daarna kry ek n oproep in die middel van die nag n Boer is "ligtelik" aangeval op sy plaas na n argument met n plaas werker, na bewering is die boer toe met n mes in die bors gesteek. Die oproeper vra toe om hulp aangesien daar nie veel is wat hul uitgerig kry met die nooddienste nie.
My antw: ry mevrou en moenie stop voor jou man nie by n hospitaal is nie. Ek kon niks doen behalwe my beheerkamer vra om met hul in kontak te bly en die situasie te monitor nie.
Desember maand het ek my kantore opdrag gegee om n Nood Diens program optestel vir die Boere, ek het selfs begin onderhandel met Agri om sodanige plan te impleminteer in 2010.
Ek en my projek bestuurder het in die maand verskeie areas geidentifiseer waar ons tot hulp kan wees.
Die program behels:
Medical Assistance 24 hours day (road and/or air Transportation)
Legal Assistance 24 hours a day (R 10 000.00 per client limmit)
Road side assistance 24 hours a day
H.I.V. Prevention and Management
Trauma Counseling
Debt Counseling
Security response and paroling
First aid Training
Home assistance 24 hours a day
Die produk word dan aan alle cliente voorsien teen R 100.00 per maand.
My idee is nie om dit nou hier te bemark nie, maar wel "uit die boer se mond " te hoor of so n program regtig benodig word. of is die insedente net geisoleerde gevalle.
Ek wil vra of julle asb julle komentaar oor die projek sal gee.
Baie Dankie
Hoe vorder julle hiermee? Het met agri gepraat en hulle het geen kennis hiervan nie, met wie in agri het jy gepraat aangesien ek dit graag vir julle wil opvolg? Wanneer beplan julle om te begin in 2010.
Uitstekende idee!!!
Menere
Graag wens ons almal n voorspoedige 2010 mag dit n wonderlike jaar wees vir almal.
"Onbekend" Ek het in 2009 met Mnr Bosman gepraat van Agri volgens my kennis is Mnr Bosman die area bestuurder van Nelspruit. Ek het ook met n persoon gepraat net bekkend aan my as "Bennie van Agri en/of TLU. Beide die persone het op die 1 Januarie ons voorleging ontvang deur middel van E-Pos.
Ons is reg om uit te rol. My vernote sit ook angstig en wag. Ons het deur Desember 2009 die projek geevalueer en struktuur opgerig. Met of sonder Agri/TLU beoog ons om wel die projek te launce. Verstaan ook dat sodanige projek ons Drie punt ses miljoen rand gaan kos, dus wil ons seker wees van n kliente basis. Ons sekuriteids afdeling het ook met die burgemeester van Nelspruit reeds n vergadering gehad, ook het ons vroeg in volgede week n afspraak met die S.A.P kommesaris.
Weereens ons kan uit roll more as dit moet. "Bennie" van TLU/Agri sal ek in die week bel om sy gevoel te kry oor ons voorleging, Die idee is om Nelspruit te launce en van daar af nasionaal uit te roll mits ons n gevestige kliente basis het.
u Kan my gerus kontak by 079 649 2812 of E-Pos by MEDSEC.EMS@gmail.com Ek sal met graagte die voorleging aan u stuur. Indien u ons wel kan help om die proses te bespoedig sal ek dit regtig wardeer en kan selfs n kommiesie struktuur uitwerk.
Groete
W. Rautenbach
Werner,
Jy het uitrusting ten waarde van R1.25m by ons bestel, nou dat jy moet betaal daarvoor weier jy om jou telefoon te antwoord, eposse te antwoord en sms'e te beantwoord. Het jy 'n kontant probleem of speel jy speletjies. Ons het verder met Mnr. Bosman van Agri gesels en al wat jy met hom bespreek het was on detail van boere te kry.
UITSTEKENDE IDEE , ONS SAL VERSEKER VAN HIERDIE DIENS KAN GEBRUIK MAAK . KAN JUL ONS ASB SO GOU MOONTLIK LAAT WEET WANNEER DIT IN WERKING IS . ONS BOERE HET N GROOT BEHOEFTE VIR HIERDIE HULP. AS ONS FAM OP ONS PLAAS AAN GEVAL SAL WORD WEET EK NIE WAAR HEEN NIE , WIE BEL EK EERSTE , WIE KAN SO GOU MOONTLIK AAN MY HULP VERLEEN , HOE GOU KAN ONS BY N GOEIE DOKTER UIT KOM. DIE MENSE IN DIE STAD BESEF NIE HOE AF GESNY IS DIE BOERE VIR HIERDIE TIPE VAN NOOD HULP NIE . AS N SLANG MY , MY GESIN BYT WAAR DINK JY GAAN EK DRINGEND N ORDENTLIKE DOKTER IN DIE HANDE KRY WAT WEET WAT OM PRESIES OM TE DOEN , WAT N GRAP , ASB , ONS HET HIERDIE HULP BAIE , BAIE NODIG . DANKIE VIR HIERDIE SLIM PLAN .
Ek is half geskok om die artikel te lees. Eerstens die behoefte vir die diens, Tweedens die reaksies wat dui daarop dat daar iets nie gesond is nie. Dan wat doen jy ek is in die die hoofstede en die probleem is maar dieselfde. Ek het baie kennis van die oplossings maar ongelukkig is daar die eish faktor en wat ook al die tegnologie beskikbaar kan die probleem nie anders opgelos word as deur die bron van die probleem aan te spreek nie. Die eerste kontak wat jy maak is na een of ander 086 nr. So gou as ek 086 sien weet ek die plek is op besparing bee of so iets. Alle baie goeie stelses wat ek al implementeer het faal vir die eenvoudige rede dat daar een of ander beheerkamer is met mense wat nie die integriteit het het om die oproep te hanteer nie. Aanvanklik werk dit dan so gou as dit suksesvol word is dit terug na die nuwe stelsel. In die dorpe is dit een en dieselfde. Miskien moet ons oorweeg om so 'n diens vir net die mense wat belangstel te implementeer op die beste man vir die werk. Toevallig bly ek in Centurion in die dorp lekker upmarket dat ek tot twee keer in die nag besoekers het 3 km van die polisie stasie. Hul reaksie tyd sowat 3 jaar. So ek het my meganismes begin instel. Miskien moet ons oorweeg om ons eie call centre deur on eie mense te bedryf te stig.
Werner watter dele van die land beoog jul om te opereer? dankie
Boere pasop!
As gedeeltelike boer en nooddiens beampte werk ek nou saam met boere deur ons brand beskermings organisasies en daar is verskeie maniere om hulp te kry.
As jy n mediese fonds het is meeste in elk geval ge-kontrakteur met n nooddiens organisasie soos Netcare of ER24 wat stelsels in plek het vir hulpverlening.
As jy regtig wil seker maak jy het n diens kan jy ook jou plaaslike nooddiens gaan sien en n goeie verhouding daar kweek wat sal verseker dat jy hulp kan kry.
Daar is ongelooflik baie "fly by nights" wat jou R100 n maand gaan gebruik om ryk te word. Doen dit deur n goedgekeerde organisasie as jy kan.
Die slang byt storie klink baie verdag en daar is geen manier waarop n persoon net sal neerslaan van n slangbyt nie. Die tekens en simtome kom stelselmatig en gewoonlik het jy tyd. Tot 2 ure in selfs BM byte. Hoekom is die ander kind ook nie gepik nie??? Net te veel vrae!
n Goeie ondersteunings-, beplanning en hulpverlenings netwerk kan enige noodgeval hanteer van medies tot krimineel.
Lees AndrevanNiekerk se pos en julle sal sien waarvan ek praat.
Ek was 25 jaar in die brandweer gewees en na noord-wes verhuis. ek is gebore in Botswana,ek ken die plaas lewe. ek is intussen tyd getroud en op n plaas in Noord wes gebly,net buite m mabatho.
ek en my vrou was ook aangeval maar niemand wou ons help nie ,dit is n ervaring wat ek niemand gun nie.
op daardie oomblik ontmoet jy jou GOD in erns,jy voel geen pyn,jy voel geen seer,maar die liefde van GOD en die krak is onbeskryflik groot.
geen NOODDIENS kan jou op daardie oomblik help nie,nie eens die SAP nie.
daarom vra ek,WAT is die nodigheid dat almal wil geld insamel vir die boere,is dit om te wil help vir n graf of om famielie te wil help in teie van smart.
Dit het tyd geword dat die staat ons boere moet beskerm teen die ELEMENTE van die mens se optrede.
Wat ek wil se is JY kan n Dokter of Professor,of Nood diens beampte wees,maar as n BOER aan geval word is jy nie daar nie,geen organusasie nie ,behalwe die BOER sy familie en GOD nie.Dus hou op om in te samel en wees daar wanneer HULLE ons die nodigste het. Groete en LIEFDE aan al ons boere. Richard Flattery en gesin.
Dit is n baie goeie idee en voorstel.
Ek sal dit beslis ondersteun.
Dit klink amper soos die Aussies se "flying doctor".
Idees soos die en die implimentering daarvan maak die verskil tussen n eerste en derde wereldse land.
Sterkte