Is daar dalk iemand wat my kan help?
Ek is besig om te swot vir my Landbougraad, maar haak vas by n vraag in die werkstuk van nutrition.
Die vraag is "Define partitioning of feed, and use a flow-chart to demonstrate"
Ek kry nerens n definisie vir partitioning nie. As iemand my kan help met n betekenis sal ek dit waardeer
Dankie. L
a division into or distribution in portions or shares. gee van die voeding in verskillende porsies soos om lammers ens wat voerkraal toe gaan eers gewoond te maak aan die voeding deur die rantsoen aan te pas stelselmatig. Dink ek.Sterkte
Die "partitioning of feed" is nie moontlik nie by diere nie, die voer moet eers verteer word wat insluit afbraak tot basiese nutriente en of ombou tot vlugtige vetsure en bakterie, van dit word deur die rumen wand opgeneem of verder afgebreek en opgeneem deur die derm wande, op in die bloed stroom word die voedingstowwe naar hulle bestemmings (die selle) gevat, waar dit deur metaboliese prosesse opgeneem kan word vir sekere funksies (spier groe/herstel, haar/wol groei, melk produksie en groei van foetus). Die vereistes wat die prosesse op nutrient behoeftes stel mag bepaal waar die nutriente benut word in die dier, en dit is dan "partitioning".
Vra vir Dr Faffa Malan op sy Blog hier op landbou.com