Onderverdeling van Grond-regering se doelwitte

Cronje Bouwer
User offline. Last seen 1 year 37 weke ago. Van lyn af
Aangesluit: 29 Okt 2009
Inskrywings:

 

Landbou en al sy dinge.
Uit die perspektief van grondhervorming wil ek graag n nederige bydra maak.So ek praat ook namens vriende en deeglike gesprekvoering met arm tot baie ryk persone en dit was my navorsing- oogpunt.
Die wet op onderverdeling van grond kelder die herverdeling van grond t.o.v bevolking in SA (WIT EN SWART).In 1971 het die vorige regering besluit grond moet nie onderverdeel word nie.My vraag is , is dit nie uitgedien.Spasie is beperk en ek gaan net op n vraags- gewys punte redeneer:
1.       Hoe meer toeganklik grond is hoe minder probleme.(30% vir swartes is maklik bereikbaar)
2.       Grondbesit is hoeksteen van alle sekuriteit en welvaart.
3.       N groenteboer benut nie sy bo-veld en kan verkoop aan n wildboer-as die wildboer koop gaan die groenteboerdery verlore want hy benodig die geheel van die grond om eienaarskap te bekom.
4.       Daar is duisende sakemanne wat leefstyl plekke wil koop en nie R3 miljoen kan spandeer en daarvan sal hou om n stukkie grond (Swak landbougrond sal koop om sy behoeftes te kan vervul)te besit en natuurlik die bestaande boer kan duld op sy eie ekonomiese deel.Betaal dalk net R500 000.00 en watter bydra en ekonomiese inspuiting vir die area sonder om n bona-fide boer te verloor.
5.       Swartboere kan weer n stuk vrugbare grond by wildboere koop aangesien die meeste wildsplase net klein gedeeltes vrugbare grond het wat ekonomies haalbaar is en nie die moete werd is om te ontgin vir n wildboer self nie.
6.       Ek is nie in totaal  n voorstaander van versnippering van grond.Maar dit skep geleentheid vir sekere boere ook om in verskeie gebiede slegs te fokus op sekere vrugbare gedeeltes en die benutting van grond kan so herverdeel word.
7.       Daar is nie n verpligting op groot boere om  nou te onderverdeel.Daar is dalk n voordeel dat hulle ruiltransaksies met ander boere kan doen soos hierbo vermeld wat almal regstegnies beskerm.
8.       Volgende idee is om wette te wysig dat mens op gedeeltes grond n huurpag of 10-30 jaar huur- kontrakte kan sluit en eienaarskap bly setel by bestaande boer.
9.       Die ontvolking van platteland kan n geweldige inspuiting kry as n persoon n saaklilke reg teen n relatief billike prys kan bekom op n stukkie grond en wie weet dalk boer hy n hond uit n bos (teen n verlies) as sakeman maar tot voordeel van die gemeensap.Hy koop sy petrol en alle proviand in die distrik en sy sekuriteit gaan hy ten alle koste beskerm.Hy benodig arbeid en dalk dra hy by tot nog 2-4 werksgeleenthede op n positiewe manier ,want hy soek plesier van buite-lewe en kan betaal.
10.   Die wette van plaaslike rade beskerm ontwikkeling en geen onderverdeling kan n sirkus word deurdat daar ook dienste verskaf moet word vir die kansvatters wat lappiesgrond as leefstyl gebied wil bemark.My voorstel is dat elke boer n keuse moet he om sy grond in maksimim drie gelyke dele te mag verdeel of verhuur en waar nuwe eienaar/huurder selfvoorsienend moet wees.As Regering en Rade genee is kan hulle die BEE boere ook met dienste bystaan.
11.   Nuwe ontwikkeling gaan beslis groen wees.Gebiede wat nooit gebruik was sal beslis nie dienste kry en nuwe eienaaars sal alternatiewe energie gebruike toepas.
12.   Klink of my siening net op ryk wittes van toepassing is.Verkeerd ,ek was eerste sakeman wat in 1989 tydens laaste groot onluste, in swart gebied gepraktiseer het .Vennootskappe wat ek  volgens Rupert- beginsel gesluit het.Op Stellenbosch het Anton Rupert se vennootskap en filantropiese beginsels my beindruk.Ons moet begin deel terwyl ons besit het en regulasies promoveer vir n wen-wen situasie..
13.   Hoeveel van minder welgestelde swart en wit vriende smag na n stukkie grond en hoeveel vertel van hul idees om n sukses te maak op n klein stukkie.Waar kry hulle die toegang en watter bydrae kan hulle nie maak?
14.   Ek is uit idees maar moet verder as ongelukkige nommer-punt 13 gaan . Ons as Suid-Afrikaners het n geweldige unieke land en n ongekende “survival” instink.Ondanks aanslae van politiek wen ons wereld bekers in Rugby,Swem,Gholf ens.Geen subsidie vir boere en ons voer nog kos uit.Komaan ons moet n sukses maak.Ons moet altyd baklei vir die boere en hul welstand,ongeag.
5
 
 

Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.