|
|
|
| Bygewerk: | 26 May 08:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 88% |
| Wind: |
ons het onlangs 'n 8 hektaar stukkie grond gekoop en wil eers oor so jaar of 2 op die grond begin bou. Tans is daar niks nie, behalwe 2 boorgatte en 'n windpomp (wat nie werk nie). As ons eers die grond wil verhuur hoe werk ons uit wat ons moet vra? Niemand in dieselfde area verhuur hulle grond volgens wat ons weet nie.
Dit sal van die verhuurder afhang, en wat hy op die grond wil doen. Dalk vir n bietjie ekstra weiding, of om n paar bokke op te laat loop of so iets. Geldgewys, gaan dit nie vir baie uithuur nie, nie krag nie, nie huis nie ens. Wees ook versigtig op wat die huurder wil doen, dat dit nie langtermyn skade aand ie grond doen nie.
die grond is buite Bloemfontein (Glen)... dankie vir die inset Jac
Soek saaigrond vir koring in Piketberg area(+-100ha) om te huur. Iemand wat kan help asb?
Jac, ek wil jou nie slegte moed inpraat nie, maar ek glo nie jy gaan die grond vir veel verhuur kry nie en soos hierbo gemeld, kan 'n huurder jou redelike langtermyn skade berokken. Ek so voorstel jy kyk watter buurman jy die meeste vertrou en vra die persoon of hy bereid sal wees om na jou grond oor die volgende 2 jr te kyk in ruil vir die bietjie winterweiding of reg om die lande te gebruik. As hy vee daarop wil aanhou, hoor of hy nie die drade sal opknap/instand hou nie. Maak seker dat julle ooreenkoms jou belange teen skade verskans, bv. hy mag nie oor bewei nie of grond so bewerk dat dit tot erosie sal lei nie ens. Riaan
Ek soek n plekkie aan die oosrand waar ek naweke en soms in die week bietjie groente kan verbou vir eie gebruik
As jy jou windpomp wil reg maak laat weet my, ek maak windpompe reg, my nom. is 0849955791
Ek soek 'n boer wat oor weiding en toesig vir beeste beskik. Ons kan 'n ooreenkoms aangaan mbt die aanteel. Verkieslik binne 150km radius vanaf Randburg, Gauteng.
Ek het landbougrond in die oosrand naby Carnival City vir belangstelling van enige aard.6x4ha plotte
Hoeveel beeste het jy Ian? Ek het so 170 hektaar binne die radius.
Ek's maar 'n beginner en nog besig met aankoop om my droom uit te leef. In watter area is die grond? Drakrag? Is daar ander beeste op? Kontak my asb per epos. ctorlage@telkomsa.net
Ek soek 'n boer wat weiding en toesig vir beeste beskik. Hy moet met die beeste kan boer en moet ook die nodige geriewe bsskik om beeste te kan hanteer. Ons kan die nodige ooreenkomste uit werk. Moet binne 'n radius van 150km van Witbank Mpumalanga wees.
Hallo onbekend met 170 hektaar. Ek will met boerbokke begin boer en het n stukkie grond nodig om te huur met iemand wat net n ogie kan hou en seker maak dat die kraal gesluit is in die aande. Ek sal self al die ander werk doen in terme van medisyne en so aan. Ek is in die pretoria area.
Goeie dag, Ek soek 'n boer wat oor weiding en toesig vir beeste beskik. Ons kan 'n ooreenkoms aangaan. Ek is maar n beginner en wil binne kort jong beeste koop, en soek weiding vir hulle. Kan iemand help? Ek is naby johannesburg, roodepoort. Ek kyk na plekke vir weiding in naby hier of in die vrystaat of selfs mpumalanga, middelburg area
Goeiedag!
Ons is betrokke by 'n projek waar ons uitreik na kinders wat aan enige vorm van trauma blootgestel is en nie terapie kan bekostig nie. Ons is steeds opsoek na 'n paar hektaar grond in Gauteng, Mpumalanga of Limpopo om 'n jeugkamp vir ons doel te ontwikkel.
Indien u ons dalk op die regte spoor kan plaas, kontak my asb!
Bertus
bertusw@telkomsa.net
Is dringend opsoek na saaigrond om te huur, verkieslik in noord wes. besproeing en droelande. As iemand kan help asb.
Is opsoek na stuk grond naby rustenburg om te huur.Wil graag n begin maak met paar beeste.As iemand kan help of weet van iemand wat dalk kan help sal ek bly wees.
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24
Waar is die grond?