Oppiplaas: Nuwe program op Kyknet

Jaco Spies
User offline. Last seen 2 years 13 weke ago. Van lyn af
Aangesluit: 30 Sep 2009
Inskrywings:

Hi, ek is besig met die navorsing vir 'n baie opwindende nuwe Kyknet program
("Oppiplaas"). Ek is op soek na interessante en innoverende boere/boerderye
wat ons wil besoek en vir al die stadsjapies wys hoe dit op die plaas werk.
Die aanbieder van die program meld aan as arbeider en soos hy die
verskillende prosesse in die boerdry met die behulp van die boer/bestuurder
baasraak leer die kyker wat alles oppiplaas moet gebeur voor die verbruiker
dit op die rak koop. Die doel van die program is om 'n positiewe gesig vir
Suid-Afrikaanse landbou te wees en die breer publiek die geleentheid te gee
om van ons land se meer interessante en kleurryke boere te ontmoet. Nou ja,
dis in neutedop wat ons wil doen, maar ons soek naarstigtelik na daardie
spesifieke boere/boerderye. Enige voorstelle en/of kontakbesonderhede sal
baie waardeer word.

 

 

2.25
 
 
Janbez
User offline. Last seen 2 dae 6 ure ago. Van lyn af
Aangesluit: 3 Apr 2009
Inskrywings:

Jaco,
Klink na 'n goeie gedagte waaroor jy navorsing doen. Was Boer soek 'n Vrou nie ook daarop gemik om die beeld van die landbou uit te dra nie? Die program nommer 2 het myns insiens glad nie daarin geslaag nie. Hoekom vat jy nie hande met 'n landbou-organisasie om jou van raad te bedien nie?
Jan Bez.

Onbekende besoeker 

nee wat tema holrug gery. wag eers nog n paar jaar. kyk net wat het dozie gedoen met ou ryperd van oorlede chris blighnaut. jy is te gretig om te copy, laat dit maa daar en probeer meer innoverend dink

Besoeker 

ek dink dit is n goeie plan , melk kom nie uit n bottel uit nie. die bemarking moet net reg wees vir die program.Al die bitterbekke moet net ophou met kla.

Onbekende besoeker 

Jaco, ons is kleinvee boere wat juis ons besigheidheid as "`n working farm experience" aan gaste bemark omdat daar `n behoefte daaraan is om kinders hieraan bloot te stel.
Vir jou navorsing kan jy gerus kontak maak met instansies soos die NWKV(wol), MSA(Bokhaar), RPO (Vleis), MPO (Melk)ens. Die Agri kantore sal kontakbesonderhede kan verskaf. Ek weet daar word gewerk aan `n "mohair meander" in die Oos Kaap. Ek is seker die boere sal hul samewerking gee. Sterkte

Christiaan. 

Dit is baie goed dat julle vir die kinders wil wys dat melk,eiers en groentes op die plaas geprodeseer word en nie in die winkel nie.dankie vir die posetiewe proegrame wat julle maak.

Onbekende besoeker 

Baie goeie idee Jaco. Ek stem saam met die ander manne dat dit baie belangrik is vir ons kinders in die stad om te sien waaroor boerdery gaan. Dit kan dalk 'n positiewe beeld vir SA landbou wees.

Shaka Impi
User offline. Last seen 27 weke 2 dae ago. Van lyn af
Aangesluit: 14 Jul 2009
Inskrywings:

Ek hou ook baie van die idee! Ek sal graag self wil inskryf om op die plaas te gaan werk. Ek is 33 en my passie is boer, MAAR ek het nie 'n plaas nie en woon in die stad. Ek sal dus so program amper wel net amper meer geniet as rugby!!

Jaco Spies
User offline. Last seen 2 years 13 weke ago. Van lyn af
Aangesluit: 30 Sep 2009
Inskrywings:

Dankie vir al die positiewe terugvoer, ek het afspraak met Hugo (Landbouskrywers SA) hierdie week om seker te maak ons kry die regte plase vir die program.

Onbekende besoeker 

Dit sal goed wees om plase te sien wat verteenwoordigend is van verskillende provinsies/streke van die land. 'n Area wat my fassineer (in die middel van S.A.)is by Douglas in die Noord-Kaap - dit is 'n ware landmerk: die samevloeiing van die Oranje en Vaal. Daar is groot sirkelbesproeiingsboere, veeboere, wingerd, pekanneute ens. ens. en kleurryke karakters na my mening. GWK op Douglas sal sekerlik die bestes kan uitwys. (Ek bly in Limpopo, dus redelik objektief...)

Marco Calitz
User offline. Last seen 2 years 13 weke ago. Van lyn af
Aangesluit: 27 Okt 2009
Inskrywings:

Hi Jaco
Ek dink jy het 'n bakgat idee beet! Waar kan jy gekontak word?

Vincent den Ouden 

Jaco,

Ek dink dit is 'n goei idee en dit kan nog verder gaan as net by die produkte wat ons gebruik. My vrou is 'n boer en het 'n stoet van Warmblood perde in Stellenbosch. Hier teel sy perde vir olympic disciplines (Dressage en Show jumping,) die sport is wel bekend onder die stad mense maar het geen idee van waar en hoe die teel werk gedoen word. AI, embryo transplants, foaling down en nog meer. Nou ja sterkte met dit en sien uit na die program.

Agriwiki 

Jaco, stuur asseblief vir my jou kontakbesonderhede: swessels@agriwiki.co.za

Baie dankie. Groete.

Onbekende besoeker 

Hi Vincent, kan jy asb. jou vrou se kontakbesonderhede aanstuur indien sy sou belangstel om op die program te verskyn.

Jaco Spies
ararat@neomail.co.za

Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.