|
|
|
| Bygewerk: | 26 May 08:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 88% |
| Wind: |
‘n Vrystaatse skaapboer het diep gaan nadink oor die bemarking van rooivleis: Hier is sy gedagtes.
Hendri, dankie vir jou reaksie. Ek voel my plan bied reeds die geleendheid vir die verbruiker om vleis goedkoper te bekom. Die boer wat sy produk self in `n verwerkte vorm wil bemark se klante kan hom op die webwerf vind. Die lekker van die plan is die feit dat rooivleis adverteer word teen `n minimale koste.
Johan ,dis 'n belangrike punt wat jy aanraak omtrent bemarking. Ek stem egter ook saam met Hendri se punt, maar bemarking is so belangrik dat ons nie kan verwag om die hoë grond te beset as jy jouself in 'n kas toesluit nie. Ons boere het nog bowendien die beste produk van alle produkte in die wêreld om te bemark, synde kos, maar die ander ouens gryp die gat wat ons laat en die derde hond loop weg met die been.
Ek is op die oomblik betrokke by bemarking en sal julle graag help in verband met die advertensie se konsep, boodskap en visuele aspek. Ek sal ook kan help met die beste raad vir kentekens. Epos my asseblef as julle belangstel by karlien@thepromo.co.za
Groete, Karlien
Dagse Janbez, Ek en my seun soek al maande lank na plaasboer wat direk will vleis in grootmaat verkoop, glo my dit is bitter moeilik om sulke voorsieners te vind, ek was jare gelede in die vleis sae bedryf en weet ten minste een uit drie huishoudings besit sae en meulens, as daar boere is wat ernstig hieroor voel kan hulle my kontak om as fasiliteerder op te tree en `n begin vir so `n werkwyse van stapel te stuur. ek en my seun sal self as grootmaat verspreider wil optree. Ons will nie ryk word nie ons wil net self ons leefwyse verbeter en aan veral middel klas soos onself en minder gegoede mense bekostigbare vleis en ander plaas produkte lewer.
Ons is ernstig,
WANNEER KAN ONS HIERDIE DROOM IN AKSIE STEL
HERBERT EN ELFIE
Herbert, Ek dink jy moet adverteer (in Landbouweekblad) en jou kontakbesonderhede hier verskaf.
Jan Bez
Briljante idee! Johann jou plan moet so gou moonylik in werking gestel word.
Johann Du Plessis kan jy my asseblief mail ek loop met n gedagte in die kop wat ek dink nogal sal werk,die middel man kan 100% uitgeskakel word.
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24
Hi Johann, dit wat jy sê maak sin en kan moontlik werk, maar die grootste probleem soos wat jy self genoem het is die prys wat die verbruiker moet betaal vir die produk.
Dit is belaglik om te dink wat die boer kry en wat die verbruiker daarvoor moet betaal.
Daar moet 'n manier wees om die middelman se arms korter te sny en die produk direk van die plaas na die verbruiker te neem.
Almal soek vleis en op die staduim koop almal volgens R/Kg, maak nie saak of dit vark, hoender, bees of skaap is nie, die goedkoopste prys wen.
Ek weet daar is gesondheidsrisiko's en al die lekker dinge wat daarmee saam gaan, maar weet ook dat dit belaglik is om te sien hoe mense nie vleis kan bekostig nie.
Sterkte
Hendri (WP)