Plant van wortels

Robby de Beer
User offline. Last seen 17 weke 1 uur ago. Van lyn af
Aangesluit: 20 Feb 2010
Inskrywings:

Hallo mense,

Ek soek n bietjie raad. Ek wil so 4ha wortels plant en wil graag weet of daar enige belangrike aspekte is wat ek moet weet voor ons voort gaan. Ek het water en grond monsters laat neem en wag vir die uitslae. Die grond is baie sag en het geen klippe in nie. Enige raad sal waardeur word.

Groete

Robby de Beer

1
 
 
Philip R. Jordaan 

Ek woon in Jhb en plant elke jaar so 'n beddinkie wortels in my agterplaas - die bedding is so 4 m x 1,5 m. Beste raad wat ek vir jou kan gee is dat jy meer saad as ek sal moet koop!

Onbekende besoeker 

Ek weet nie waar jy boer nie maar ek kan vir jou se dat daar is spesifieke variteite vir spesifieke tye van die jaar en dan is daar nog verskillede families van wortels waarna jy ook moet kyk vir jou spesifieke mark.

Dion Oosthuizen 

Robby, vir enige wortel-gewas (hangende af van wat jou grondtoetse se uitslag is) moet jy goed beenmeel in die grond inwerk. 'n Gewas soos uie byvoorbeeld, ontkiem amper nie eers as jy nie genoeg beenmeel ingewerk het nie. Wortels moet ook groei in die grond waar jy die saad insit - moet nie plantjies koop en hulle probeer oorplaas na jou grond nie. Dis my ervaring. Kenners mag dalk anders meen. Voorspoed!

Theuns Lamprecht 

Hi Robby, e-pos my - ek stuur vir jou inligting.

Groete

Theuns

Hein Scheffer 

Dagsê. Ek plant ook nou wortels. Limpopo provinsie. As jy rekenaar vaardig is kan jy als op die internet kry. As jy nie is kry n internet kafee en vra die eienaar om jou te help met n search. Wat jy moet weet. 1. Jy doen reg, toets jou grond by dept van Landbou. Dit kos onder R200. Dan sal jy weet en hoor watter tipe tekorte daarin bestaan. Wortels benodig potas. Dis winter. Vat gras, brand dit op die lande en werk dit in die grond in. 2. Jou beskrywing van sagte grond klink reg. Plant jou saad in saadbakke. Nie die polystyrene tipe nie maar met groter area. Die saad moet groei tot dit bogromds langer as 30mm is anders is dit te trietsig om oor te plant. Die saad se wortels kan verstrengel raak as dit te dig teen ander groei. 3. Gebruik die furrow metode, opgehoopte rye. Wortels wil nie in modder groei so dreinering is baie belangrik. 4. Plant jou plante 60mm uitmekaar. Wees versigtig met plante. Hul is 1mm dik en 80mm lank. Moenie die wortel seermaak. 5. Jy kan weer plant voedsel toedien na 2 weke en kan direk langs die plant in die grond toegedien word. 234 is goed maar ek wag ook inligting. Hou jou lande klam en kyk na die kleur van jou blare om te sien wat jy tekort het. Ek doen Chardonay. Jou wortel moet 300mm grond onder die oppervlak hê om reg te groei. As jy verkeerd te werk gaan sal jou wortels baard groei.. 6. As jou oes reg is en jy wil wag vir n goeie prys kan jy dit in die grond los vir so n maand. Wanneer jy die oes verpak moenie toe plastiek sak gebruik. Gebruik sak met gate vir asemhaling, dit vrot as dit nie kan asem haal, gaas is beter. 7. Jy kan die sad direk plant. Dit is n klein plant. Jy sal binne so 14 dae die groeisel sien. Voorspoed

Onbekende besoeker 

Willem Labuschagne gee raad my uie plante is nou omtrent 30 mm dik die ui self kan ek hom nou uit plant of is dit te laat is maar n klein stukkie maar hulle staan dig opmekaar ek doen dit vir n skool

Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.