Pluimpie vir uitstekende diens

Onbekende besoeker

Ek het onlangs 'n stokou (1975) rotovator aangeskaf. Dis een van die ou tipe met klein enjin wat 2 tot 6 skare aandryf waaragter jy aanstap- ideaal vir 'n medium grootte groentetuin. Die herstel daarvan behels 'n redelike restourasie proses. In die proses moes ek die enjin vervang en nuwe belte en pulleys soek. Ek is verwys na BMG oftewel Bearing Man Group in Stikland Belville. Die ouens daar het alles in hulle vermoë gedoen om vir my die regte belte te soek. Ek was telkemale by hulle en hulle het my met dieselfde vriendelikheid elke keer gehelp. Ek kan werklik hierdien ouens aanbeveel vir goeie diens!

0
 
 

Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.