Reën, hael tref Polokwane

E-forum
User offline. Last seen 40 weke 2 dae ago. Van lyn af
Aangesluit: 7 Jul 2009
Inskrywings:

‘n Kwaai haelstrom het dele van Polokwane getref en na verneem word, is groot skade  aangerig. Hierdie skrywes was op die gespreksforum.

Leonie (van Polokwane) skryf op die gespreksforum:
Sjoe en daar kry ons in Pietersburg ons eerste reën van die seisoen. By my 50mm, plus hael. My voersorgum wat kniehoogte gestaan het is weg. Lusern wat vandag (Vrydag) gesny moes word is weg. Drie van my nette is plat. Die hael hang nog sulke bakke op die res van die nette. Gelukkig kan als reggemaak word en kan die res maar weer groei. Naby my plant 'n boer groot tamaties. Daar kan nie iets oor wees na die hael nie.
 
Bennie skryf:
Jammer om van die skade te hoor. Sterkte. Dalk beteken dit julle boeredag is die keer op ‘n sonskyndag.
 
Ansie skryf:
Sjoe, dis skade. sterkte,  Ons bly teen die Magaliesberg en toe die weer so oor kom, bid ek kliphard. Gelukkig gaan die weer toe oor en kry ons ‘n goeie bui reën, ek boer met blomme en boontjies, en marankas (kalbas).
 
Leonie antwoord:
Ek het gelukkig nog baie mieliereste en Akkerbone wat gemaal is. Dan gaan ek die skape in die Lusern injaag om al die plat en geknaktes te eet terwyl dit koud is.
 
André Mathee skryf:
Goeie beplanning!
 
Gerrie skryf:
Gebruik jy iets vir die skape om opblaas teen te werk as hul die groen lusern eet?

Leonie skryf:
Ek jaag hulle vroeg oggend in die lusern tot so 9 uur en dan gaan hulle veld toe. Ek het Hypo maar het gelukkig nog nooit 'n opblaas probleem gekry nie.

Leonie skryf:
Ek kry van die boere naby my regtig jammer. Het gaan kyk na 'n ou se koollande. Die koppe was reg vir pluk. Die hael het die koppe tot in die hefte van elke kop weggeslaan. So ver as wat jy kan sien lyk als wit van die binneste blare. Die ou langsaan se groenmielies onder spilpunte is weg.  Sy tamatieplante is ook weg.
Ek plant nog elke jaar ook mielies en die jaar het my sesde sintuig gesê: Moenie.
 
Jean skryf:
Ek het gister toevallig gehoor van ’n ou met ’n plaas van 4 000 ha - en dit het oor die hele plaas gehael dat dit enkeldiep gelê het. Verstommend vir hael, wat gewoonlik maar in strepe val.
 
2 November 2009
0
 
 
Kobus Botha
User offline. Last seen 1 year 23 weke ago. Van lyn af
Aangesluit: 11 Jun 2009
Inskrywings:

Kan julle asb. vir my die presiese datum en tyd van die haelstorms gee en waar(bv. 25 km noord-oos van Polokwane). Ek wil dit gebruik om my weerfotos wat reen aandui, te toets.Ek is nou juis besig met 'n nuwe foto vir hael voorspelling en hierdie inligting sal my baie help. Baie dankie.
Groete- Kobus Botha.

Jakkals
User offline. Last seen 1 year 46 weke ago. Van lyn af
Aangesluit: 6 Jul 2009
Inskrywings:

Kobus
Donderdagaand 29 Oktober so kwart oor ses.Ek het nie eers die weer gehoor aankom nie. Ook van 'n heeltemal verkeerde kant gekom. Net skielik begin hael. My plek is 9.3 km uit Pietersburg op die Louis Trichardt pad.

Onbekende besoeker 

jammer vir al die mense wat so vreelike skade gehad het maar as ons glo en bid sal dit weer als beter gaan en sal die aarbeid weer beloon word Dank aan ons hemelse Fader vir die goeie reens van die afgelope ruk en my innige simpatie met al die skade

Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.