|
|
|
| Bygewerk: | 26 May 08:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 88% |
| Wind: |
Moet jy jou kind oorsee laat werk soek? Die vraag op die gespreksforum het vir verskeie standpunte gesorg. Hier is van die skrywes:
15 Oktober 2009
Ek het nou al die kommentaar deur gelees en kan n goeie perspektief gee oor kinders en ouer mense wat al oorsee gaan werk het en wat reeds nou daar werk, spesifiek in Amerika. Ek is ook n agent wat vir mense help om werk daar te kry,maar gelukkig een wat jy kan vertrou. n Wenk vir mense wat wil besluit om watter agent te gebruik is meskien een van die Amerikaanse konselate te bel en by hulle te hoor of n sekere agent goed is om te gebruik of nie. In my geval is julle baie welkom om by die konselate aan te klop om my agtergrond by hulle na te gaan.
Oor die besluit of moet n mens jou kind in die buiteland laat gaan werk of nie is baie eenvoudig. My ondervinding oor die afgelope 8 jaar wat ek mense oorstuur is dat die meeste van die besluite oor Rand en sent gaan. Vir mense wat nie wil oorgaan nie is dit natuurlik hulle eie besluit en keuse maar vir baie mense is daar nie die luuksheid van so n keuse nie omdat daar geen ander uitweg op daardie oomblik is om kos op die tafel te sit nie.Vir jong mense dink ek is dit baie goed om bietjie in die buiteland te gaan werk omdat dit n mens se horisons verbreed.
Moet ook nie oorgaan as jy met gedagte oorgaan dat alles maanskyn en rose gaan wees nie want dit is dit beslis nie, alhoewel vir party mense was dit n wonderlike ervaring. Dit gaan natuurlik nie alleen oor geld maak nie maar ook oor die onderving om n ander perspektief van boerdery te kry, nie dat ons boere hier hoef terug te staan nie.
Die meeste ouens waarvan ek weet, van jonk (net na skool) tot mense van in hulle 50's het ons al oor gestuur. Heelwat van die mense wat oorgaan gaan ook jaar na jaar oor en vir van hulle as dit nie daarvoor was nie was hulle boerderye of besighede vanddag tot niet. omdat hulle genoeg geld daar kon verdien kon hulle darem dinge hier aan die gang hou. Dit gaan ongelukkig nie altyd so goed nie want ons het die aanhoudende veranderende wisselkoers en natuurlik die weers omstandighede daar wat die boer daar affekteer net soos ons hier.
Vanjaar byvoorbeeld is daar van die ouens wat in sekere state werk, nie vreeslik baie kon werk nie omdat dit so baie gereen het en hulle word per ure betaal, maar in ander jare toe die weer saamgespeel het, het hulle goed gedoen.
Die ouens en partykeer vrouens wat oorgaan, en dit doen vir n doel kan goeie geld maak as jy weet hoekom jy daar is. As jy nie ordentlike werk hier kan kry nie is daar n goeie kans dat jy eerder daar sal werk kry en ook baie beter betaal sal word as wat jy hier sou betaal geword het in n werk hier. Party mense verdien genoeg om nie hoef oor te gaan nie want dit is natuurlik nie vir almal geldelik,die moeite werd nie.
Een ding wat besef moet word is, sou jy besluit om daar te gaan werk jou kwalifikasies nie veel vir hulle daar anderkant beteken nie. Die belangrikste vir die boer daar is dat jy beried is om jou kant te bring met harde werk en dat jy doen wat van jou verwag word om te doen. Onthou, dis nie n vakansie wat jy gaan hou nie. Op die einde van die dag is dit tog hy wat vir jou betaal. Gewoonlik werk dit so dat hoe meer jy bereid is om in te sit hoe meer staan jy om te verdien.
Ongelukkig werk dinge ook nie altyd perfek uit nie en jy kry nie die hoeveelheid ure gewerk as wat jy graag wou gewerk het nie.
So ver dit gaan met kinders wat net met skool klaar gemaak het, is dit partykeer beter dat hulle eers iets agter hulle naam kry voordat hulle so iets aan pak.part van die werkgewers verkies kinders wat darem n paar jaar na skool al bietjie gewerk het en een of ander werks ondervinding op gedoen het. Van hulle kyk nie eers na mense wat jonger as 25 is nie. Daar is kinders wat na skool oorsee gewerk het en so gewoond geraak het aan die lekker baie geld wat hulle daar verdien dat niks meer vir hulle hier aanvaarbaar is nie, maar as jou kind wil gaan leer en hy fokus daarop, kan hy die geld gebruik wat hy daar maak om vir sy eie studies te betaal.
Van die ouens het al vir hulle, hulle eie boerderye of besighede begin met die geld wat hulle daar gemaak het. Dis als goed en wel maar die disipline moet daar wees om dit te kan deurvoer.
Van die kinders jaag ook maar aan want dis ver van die huis af en hulle blaas al die geld wat hulle gemaak het maar vir die meerderheid is dit n baie goeie geleentheid om vir hulself iets op te bou van n jong ouderdom af.
Sou enige iemand belangtel om my te kontak oor die moontlikhede is julle welkom om of in n ou Landbou Weekblad my kontak besonderhede te kry onder die advertensie vir Agriplacements International.My volgende advertensie verskyn in die Landbou weekblad van 6 November.
Frank, die ding van oorsee werk of nie, dit is n punt waaroor baie mense bekommerd is. Ek self was vir n rukkie in die VSA gewees. Die werk wat ek daar gedoen het, was om kuilvoer te vervoer en by 'n bees voerkraal te werk in Kansas. Dit het my regtig die lewe se goed gedoen. In my geval het nie gegaan vir die geld nie, maar vir die ondervinding wat mens daar kry. elke keer as iemand my vra of hulle hul seun die geleentheid moet gee om oor te gaan, dan is my antwoord 'n groot JA. Dit is die guldige geleentheid waar n man sy vlerke kan sprei en op sy eie moet staan. Dit is waar wat William se, jy gaan nie vakansie hou nie, in die somer is hulle dae baie langer as ons sin, 'n 18 ure dag se werk is normaal. Weet een ding, jy werk vir die geld wat jy verdien. Wat ek wel moet se, die VSA se visms werk so bietjie anderste as Engeland se visms. In my vism was geprint vir wie ek werk, wat nie gebeur as jy Engeland toe gaan nie. Dit beteken, indien jy besluit jy is moeg vir die boer, kan jy nie van werkgewer verander nie, waar in engeland jy dit wel kan doen. Ek onthou hoe ons menigmale gese is, as ons nie werk dan word ons terug gestuur, ons het nie die reg om by n ander boer te mag werk nie.... Wat ek wel kan bylas, dit het met n vriend van my gebeur wat Engeland toe gegaan het. Met sy aankoms op die lughawe moes hy uitvind die agente het hom verneuk en hy sit in vreemde land sonder enige heenkome, gelukkig het ons mense daar geken wat hom vinnig kon help, na 2 jaar wat die man daar was, se hy dit was tog alles die moeite werd... Baie kere hoor ek die ouer manne se, die weermag het ons manne gemaak, ons geleer om op ons voete te dink, wel ons het nie vandag diensplig nie, maar die tydjie anderkant die water, leer n seun tog om n man te word en op sy eie te funksioneer. Om kwalifikasies is goed, maar tog is daar baie mense wat geswot het sonder werk, hy kan altyd swot as hy terug kom van waar hy ookal was, en wie weet, dalk begin hy die grootste melkery in Suid Afrika net omdat hy gesien het hoe ander mense in ander lande dit op groot skaal doen... ek sal my eie kind die geleentheid gee om te gaan, alvorens ek seker is van die werk en die agentskap!!!
Jy sal nie dieselfde geleenthede soos oorsee hier in Suid Afrika kry nie. 357 jaar gelede het ons voorouers jonk en onervare hier in Suid Afrika aangekom en pioniers gewees ,dit is in ons bloed absoluut gaan oorsee en vestig jou permanent daar,geen toekoms meer in Suid Afrika..nie eers vir die swartes op die langeduur..alles is totniet!
Frank,
Ek werk al amper 9 jaar in die VSA en het begin op een van die grootste melkplase. Ek sal geen jongman ontmoedig om hier te kom werk en ondervinding opdoen nie. Ek sal graag net die volgende voorstelle wil maak en dis nie net gegrong op my ondervinding nie, maar van baie Suid Afrikaners wat al deur hierdie proses gegaan het.
Eerstens moet jy weet by wie jy gaan werk. Baie boere misbruik jou en weet ook dat jy nie net jou tas kan pak en by die buurman gaan werk nie.
Tweedens moet die persoon aanpasbaar wees. Ek praat van kultuur, klimaat ens. Amerikaners veral op plase dink bietjie anders as ons ouens. Jy gaan WERK en jy gaan dit doen in weersomstandighede wat vir jou vreemd is. As jy die twee struikelblokke kan oorkom kan werk werk op n melkplaas vir jou kind n baie waardevolle onderving wees.
Begin die proses reg deur kontak te maak met n persoon wat al reeds hier was en vind uit hoe die visums werk. Boere neem werkers in diens op n seisoen visum en ek is nie seker vir hoeveel maande dit geldig is nie. In baie gevalle sal boere herhaaldelik dieselfde persoon huur as die boer gelukkig is met sy werker.
Wat sou ek gedoen het in jou geval? Moenie twee keer dink daaroor nie. Die geld wat jy hier kan verdien vir jou visum tydperk kan betaal vir naskoolse opleiding daar as dit natuurlik reg bestuur word en wat die pesoon hier gaan leer oor die bedryf is van die beste ter wereld.
Sterkte met die besluit.
My seun is nou al 5 jaar in die VSA waarvan 4 jaar by dieselfde boer, hoofsaaklik koring en sonneblom, 15000 akkers groot. Hy het oorspronklik by 'n stroper kontrakteur gaan werk, maar die se pa het hom annekseer. Wanneer die weer dit toelaat is daar nie genade nie, jy moet ploeg, spuit, bemes, plant, weer spuit, en dan kom die oestyd. Die oes moet in. Selfs in sneeu en ys moet die lorries loop en graan wegry na die silos ens. En tussen deur kom breke en instandhouding. Tot 18 ure dae, en 'n 7 dae week is dan normaal. Dis nie vir sissies nie. Maar daar is goeie geld as jy kan en wil werk. Daar is ongelukkig ook gevalle waar van die boere hul werkers uitbuit. En 'n groot probleem is dat DIE PLACING AGENT IN DIE VSA die boer se agent is en vere voel vir die werker se probleme. As jy by 'n buffel beland is jou probleme vir jou geboek! Jy is in 'n vreemde land waarvan jy die gebruike en wette nie ken nie. Gelukkig is die meeste boere menslik en agtermekaar. En dit is altyd goed vir boetman om so bietjie sy voete onder 'n ander man se tafel te sit. Dis jammer in SA is daar nie meer 'n moeite werd Army en diensplig nie. Dis waar seuntjies man geword het. Ek sou so 'n bietjie harde, eerlike werk in vreemde omstandighed beslis aanbeveel. Dit bring bietjie nuwe perspektief, selfstandigheid en insig wat die jongeling vorentoe net van waarde kan wees.
Vir elke probleem geval is daar 40 sukses verhale. In die VSA word die minimum salaris gewaarborg. Daar is 2 verskillende visums n J1 wat behels dat die werker nie ondervinding het nie en die werker se werksure beperk is en dan die H2A visum waar die salaris gemiddeld $10-00 per uur is. Hoe meer noord hoe hoër is die salaris. Goeie verwysings briewe saam met die aansoek is die oplossing dit gee jou die voorreg om in die VSA te gaan werk. Baie ouers kom na n jaar terug em vertel jou EK HET N KIND GESTUUR MAAR N GROOT MAN TERUG GEKRY. Solank n persoon eerlik is hardwerkend is kan hy n sukses maak. Dit is n voorreg om n visum te ontvang en moet nooit misbruik word nie
ek werk al 7 jaar in die vsa maar glo my die eerste 3 was nie grapies nie . Ek is nou 4 jaar by 1 boer en dit is veeste kry net die regte agente kry dit is die belangrikste n0 1 jou agent in SA ek beveel twanette burger aan sy is wonderlik n dan jou agent in amerika dankie
My seun (Johan) is 20 en gekwalifiseer as Tekenaar in alle rigtings en kry nie werk nie. Hy wil nou graag oorsee gaan werk maar ons weet nie waar om te begin nie. Werk tans as Handyman en kan enigiets met sy hande regmaak. Is ook baie goed met rekenaars. Kan iemand dalk inligting gee of weet van werk vir hom?
Frank indien u navraag doen by landbou com en hul my email adres aan u verskaf kan u direk met my inverbinding tree en ek sal n gratis dokument aan u stuur en die bespreking dokument is werksgeleenthede in amerika. Ongelukkig sal dit advertering wees om my email adres op die site te sit maar is seker dat Landbou com dit wel aan u sal verskaf indien u daarvoor vra.
Ek was vir n maand lank in d vsa om t bq t verken en sien of ek daar sou kon aard. Daar is soveel meer opsies beskikbr as ek kyk op d web. Mar nou d groot vraag...hoe kry ek dai werk&visa?? Ek ht reeds n BSc graad onderandere&moes d afgelope 2 jr werk v n ander aard doen omdat dit so beperk is hier.
As iemnd dalk kan help of adviseer asb ek sou bitter graag wou terugkeer na d vsa ek word nie jonger ni&d studie lening mt afbetaal wrd.
Gaan VSA toe en gaan werk daar. Ek is 44 jaar oud en het sopas van VSA teruggekeer. Het vir groot oes kontrakteur gewerk van Kansas. Ons het Junie maand in Texas begin en in North Dakota klaar gemaak. Gaan volgende jaar weer. Visums is vir 10 maande geldig. Sorg net dat jy by `n kontrakteur kom wat vaste salaris betaal,kos en huisvesting verskaf. Mike Strunk Harvesting is tops.
Ek het as kind self die geleentheid gehad om vir 3 jaar in Spanje te gaan woon, en dit het van my 'n baie selfstandige mens gemaak. Ek wil nou dus hierdie geleentheid vir my seun gee, maar weet nie WAAR om te begin nie. Kan iemand my asb kontak met info.
HET IMAND AL OP N PLAAS NET MET VEE IN D USA GEWERK?
EN ENIGE MAATSKAPPYE WAT AANBEVEEL KAN WORD?
MOET MENS INSURANCE HE' VIR D H2A VISA?
HET IMAND DALK IN USA GEWERK MET VEE ALEENLIK?
IS DAAR GROOT VERSKIL TUSSEN J1 S 'TRAINEESHIP' EN H2A? MOET J INSURANCE HE'OP H2A? EN ENIGE MAATSKAPPYE/KNOTAKTE WAT AANBEVEEL KAN WORD?
Ek is op soek na `n agent wat my kan help om `n werk in die VSA te kry. As daar iemand is wat my kan help met `n kontak nommer of email adres sal ek dit opreg waardeer.
Is daar enigiemand wat dalk vir my die naam kan gee van agente wat vir vrouens/meisies kan help met werk oorsee. My dogter stel belang om oorsee te gaan werk - sy doen hierdie jaar haar matriek en presteer uitstekend - nie bang vir harde werk nie en het baie ambisie, maar ongelukkig het ons nie die fondse om haar Universiteit toe te stuur nie. Sy stel baie belang in mense/media ens. Sal enige insette waardeer asseblief. Ek kan nie se ek is gaande oor die vooruitsig om haar oorsee te stuur nie want ek is ook maar bekommerd oor haar veiligheid, maar dit is wat sy wil doen...
My seun het my mee gedeel dat hy in die VSA wil gaan werk op 'n plaas, hoe en waar kry ek meer inligting name van agentskappe?
WÊRELD LANDBOU VISIE plaas jongmense sedert 1995 op plase te gaan werk. Ons werk meestal met VSA, Australie en Nieu Seeland. Ons advertensie is elke week in die Landbouweekblad. Kontak my gerus vir meer inligting.
Hi julle ek wil so graag oorsee gaan so gou as moontlik maar ek sukkel om kontakte te kry ek gee nie om in watse land nie ek werk tans by suidwes landbou terratek ek is n boor operateur by hulle en dan het ek ook nog my loodgieter kursus gedoen en dan ook my noodhulp julle kan my email by henniet@suidwes.co.za of sms 0825000665 sal dit opreg wardeer
Ek was self in die VSA in 2002-2003 en het regtig baie geleer.Ek kom uit n landbou agtergrond en landbou hoerskool en was nie seker wat ek wou doen na skool nie so toe is ek maar oorsee. Die geld wat ek gemaak het het my studies betaal en nou is ek gekwalifiseerd en werk by n landbou maatskappy dit het ook vir my n voertuig gekoop en n huis gebou. So ja stuur jou kind jy sal nie spuit wees nie. Ek het in my eerste jaar bietjie swaar gekry maar gou geleer as jy nie vir jou self opstaan nie gaan jy dit nie maak nie ek is vandag baie selfstandig. Ek het jare terug ook deur n agent gegaan wat n verteenwoordiger in die VSA het en ook n suid afrikaner is en as ons n probleem gehad het het ons hom gebel en die boer op sy plek gesit. So maak seker jou agent kan jou help in moeilikheid in amerika. Die ander ding is vra doe ouens wat oorgaan deur wie hulle werk en wat jy als moet he en moet regkry en as jy kan kyk of jy en n vriend kan saam gaan dit maak die oorgaan baie maklik. Ek het dit baie geniet en sal enige dag weer terug gaan as ek nie nou n goeie werk gehad het nie. Moenie jou kind dit ontneem om te gaan nie jy sal verbaas wees hoe het hy verander wanneer hy terug kom. Dit was my diensplig jare gewees en het my gehelp om n toekoms te kies.
André,
Ek het mooi gelees wat elkeen gestuur het en dit bly elkeen van ons se eie idees en ideale. Ja, dit is nogal 'n storie wat ons kinders met hulle lewens doen wanneer hulle klaar is met skool. Ek stem saam met jou, kry eers iets geleer. Dit is soveel beter om terug te val op iets. 'n Mens se toekom 'n regverdige kans te gee. By dit wil ek sê ek is 'n groot plaasmeisie en gaan ook eendag boer. dit is my passie en nie net 'n werk nie maar 'n liefde.
Ek het oorsee gegaan en op 'n bees- en graanplaas gaan werk in Noord-Amerika en laat ek julle vertel - ek het baie ondervinding opgedoen. Om te sien hoe ander mense boer en 'n lewe vir hulself maak, om hard te werk en nie tond te sit en kyk hoe ander mense jou plaas opbou nie. My oë het oopgegaan en vandag is ek terug en ek et heeltemal 'n ander visie op hoe ons 'n sukses kan maak van ons eie plase hier in Suid-Afrika.
Ek het geleer om standvastig te wees en self my eie battles te fight. Niks en niemand kan dit vir jou doen nie. Ma, pa, ouma en oupa was te ver om te help. Ek sal my ervaring oorsee vir geen geld in die wêreld verruil nie, dit het my ander oë gegee om na die wêreld te kyk.
Halo
Ek is n 18 jarige seun wat nou besig is met matriek.
Volgende jaar wil ek in die natuur gaan werk bv. op plase of wildsplase.
Ek hou baie van die buite lewe en wil graag weet wie my dalk kan help.
Groete
Clive, wil jy in SA of in die buiteland in die "Natuur" werk? Hier in die VSA kan jou Natuur uitstappie dalk meer wees as wat jy wil doen? Soos menig mens hierbo geskryf het, die VSA is baie goed vir verskeie redes, maar as dit minus 30 grade celcius buite is met 'n 40km/h wind wat deur al jou klere waai en jy moet die bees gaan kosgee dan sal jy dalk twee keer dink. Maak seker wat jy wil doen en of jy bereid is om dit te doen in enige omstandighede voor jy geld mors om oorsee te kom. Baie seuns kom hierheen om te kom voorman speel of soos ryk seuns partykeer dink hy gaan in 'n LandCruiser rondry en kyk of ander werk. Hulle hou gewoonlik net 'n paar weke want hulle laat weet jou reguit hulle werk nie baie hard nie
Daar is verskeie agente in SA en hier in VSA wat goeie werk doen met die visums. Enige jong seun wat nie lui is nie en wat wil sien hoe produktiwiteit tot die uiterste gedruk word kan maar graag in hierdie land kom werk.
My seun het in Tanzania vir grootwildjagters gaan werk vir 2 jaar. Hy het dit so geniet, na sy studies gaan hy terug Afrika toe. Daar is so 40000 Suid Afrikaners daar en almal maak geld. Hy het teruggekom en praat Swahili vlot. Verder kan hy nou kampe bou, motors diens en regmaak en alle handyman werk om die huis doen.
My dogter was weer 2 jaar in Israel. Haar baie goed gedoen.
Toe hulle terugkom toe is hulle onafhanklik en weet presies wat hulle wil doen. Altwee studeer en werk deltyds vir hulle sakgeld.
Ek is op soek na die kontak details van Wereld Landbou Visie maar kan dit nêrens raakloop in my ekstensiewe soektog onder Landbou.com nie - ofskoon die webwerf daarna verwys. Kan u asb. help Dankie Louis
Louis,
Besoek http://geklassifiseerd.landbou.com/ en kyk onder betrekkngs vakant.
Jan Bez
Goeiedag,
Ek wil asb weet waar kan ek raad en advies kry om my seun oorsee te stuur om op 'n plaas te gaan werk. Ek is 'n enkel ouer. Hy word 20 in Feb 2012. Asb ek sal dit waardeer as iemand my kan help.
dankie R du Preez
Halo daar aan almal ek is van die oos kaap in suid afrika ek en my meisie wil graag vir so paar jaar oorsee gaan werk en weet glat nie watse kant toe en waar n mens begin nie ons het paspoorte en wil graag op n punt begin om visas te kry en werk te kry ek sal dit baie waardeer as enage iemand vir ons inligting kan deur mail of enage iets ons was al my agente maar ek persoonlik glo ons was nie by die regte mense nie sal enige hulp opreg waardeer
My kind skryf hierdie jaar matriek en wil graag oorsee gaan werk of studeer. Ek weet nie waar om te begin navraag doen en om seker te maak my kind sal veilig wees in 'n ander vreemde land nie. Kan iemand my asseblief verwys na wat ek moet doen en hoe ek te werk moet gaan. Baie dankie.
Ek sal graag my seun oorsee wil stuur om te gaan boer maar hy het nie matriek kan ek hom stuur of moet hy matriek he en hoe veilig is dit vir hom
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24
Ek het nie die geleentheid gehad om oorsee te gaan nie, en al is ek baie lief vir Suid-Afrika sou ek tog graag die wêreld wou sien terwyl ek myself handig maak. Ek dink 'n werk, veral op 'n plaas in 'n ander land, kan 'n mens 'n goeie perspektief gee op wat jy het en waarvoor jy kan dankbaar wees by die huis.