Miskien is daar iemand daar buite wat my dalk kan help.
Ek is opsoek na 'n werk in die landboubedryf (veral met vee te doen)
Ek het n passie vir diere en die plaaslewe, en het perde stoetplaas bestuur geswot. Ek is huidiglik besig met my graad in landbou by UNISA. Ek het al ondervinding met plaasbestuur waar ons beeste, skape, varke, le-hoenders en perde geteel het. Ons het ook teff en lusern gegroei en gebaal.
Enige iets wat my sal help om uit die stad uit te kom sal ek na kyk.
Enige raad sal ook waardeer word. Lize