Ek's 'n UP student maar ek wil baie graag eerder boer. Ek weet net nie hoe ek dit gan reg kry nie.
My Pa dink nie daar is genoeg geleenthede nie, en dat ek nie genoeg geld sal verdien in die rigting nie. Ek weet 'n plaas kos 'n arem en 'n been en dus stel ek nie nou dadelik belang daarin om eie plaas te koop nie en ook nie in goeie geld verdien nie. Ek wil net graag op 'n plaas werk en ervaaring opbou asook weg kom van die stad af.
Ek het groot geword op 'n plaas en het nog nie my liefde vir die Vrystaat vergeet nie. Ek wil so graag op 'n plaas werk en leef, dalk in 'n bestuurs posisies by 'n meer kommersiele boerderye of iet's in die lyn. Ek wil net asseblief 'n tweede opinie he by die kenners. Is daar enige manier om in die landbouboerdery in te kom en sal ek dit kan maak? Watse opleiding het ek nodig en watse werk sal ek daarmeer kan kry?
Ek is al 27 jaar oud met n diploma in Landbou en hier sit ek in NZ want daar is regtig nie werkvir ons jong klomp nie,hoe maak jy n begin sonder geld of hoe leen jy geld sonder geld. dis moeilik my maat,as ek more werk op n plaas kry in SA dan is ek op n vliegtuig. sterkte vir jou
ja en hier sit ek ook in nz, lekker ne!!! boer dat die koeie daans!!! maar mis ek SA???
Solank jy net nooit jou droom laat vaar nie. Suid-Afrika is in ons bloed en boerdery ook. Ons moet iets daaraan doen. Ons moet mekaar begin help in hierdie land en moontlikhede vir mekaar begin skep. Ons moet ophou om die son net op onsself te wil sien skyn. My pa het darem 'n stukkie grond. Ek het 'n klein kuddetjie wat ek maar so probeer opbou. Ek wil dan maar grond huur en so probeer inkom. Dis in mens se bloed.
ek het direk na skool in die boerdery in gegaan. Dit is nie altyd maklik nie. Maar hou moed jou droom sal bewaarheid word. Daar sal wel imand jou nodig kry
helo eka is ook n boer seen wil graag n werk in dai rugting kry maar dit skaars eka baie lief vir beeste eka het n maganiese agtergrond ook en ja hulle se die regte een opi regte tyd sal kom.leka dag almal
jaaaa nee !!!!selle hier my friend. 7 jaar in die melk boerdery in nz .mar imigrasie maak my bankrot, met permitte en elke keer se mediese kostes. 3 keer al expres. of int gedoen, kos my elke keer klomp geld,maar niks gebeur nie.so eks ook nou sterk op pad terug!!!ma om werk op die net in sa tekry, lyk ma droog!!
Eks n jong seun wat laasjaar klaar gemaak het met skool ekt al 15 jaar ondervinding van plaas werk en beeste en implemente mar joh dis moilik om n werk te kry hier in SA ek bly in SA en is n Vrystaater
dankie lekker dag vir al julle jong boere
goeie more almal
die werk wat ons regte jongmense soek is mar mooilik ek soek self werk op n plaas ek het het baie kennis van varke perde en hoenders ek kan self n hoender regmaak mar dink julle dis maklik om werk te kry nee mar ek sal nooit op hou om te soek nie
As jy graag wil boer,moet jy 'n plaas erf of daarvan vergeet. Ek is 53 jaar oud en het 'n landboudiploma al vir 25 jaar, met 'n KI-diploma.Ek het al 'n paar keer vir iemand gaan werk as plaasbestuurder, melkery, skaap- en beesboerdery. Hulle betaal jou 'n belaglike salaris maar jy leer darem die basiese kennis. Al het jy die kennis sal jy altyd vir iemand moet werk omrede grond so duur is en dis daardie begin wat die meeste geld eet. Ek sal nie julle bubbles bars nie,maar trou eerder in n plaas in, anders is dit onmoontlik.
Eks nou al 5 jaar klaar met skool. Ek het my eerste werk in Amerika gekry.Dit was nou vir jou 'n lewensles. Ek het op 'n melkplaas in Wisconson gewerk. Die ervaaring was nie net die moeite werd nie, maar die les van selfstandheid en my geld beter te kontroleer kon nie beter. My tweede jaar het ek vir 'n boer in Nebraska gaan werk en net gestroop. 'n Mens leer soveel deur saam met ander mense te werk. My derde jaar was ek in South Dakota en my vierde jaar ook. Jy kan altyd dit so doen en spaar en terugkom en ietsie kleins begin bv. 'n paar skape koop en huur 'n stukkie grond. Kry vir jou werk op 'n nabygeleë plaas en doen jou skape on the side. Jy sal dit net reg moet benader want dis nie jou maat nie. Dit verg toeweiding, harde werk en wees altyd gewillig om iets nuuts te leer en luister vir die ou hande in die bedryf en vra as jy nie iets weet nie. So bou jy kennis op met tyd. 'n Mens is nooit te oud om iets nuuts teleer nie.. Niks gebeur oornag nie. Wees net gewilig om te wys jy wil kennis opdoen en jy wil hard werk. Die storie werk sover vir my uit. Eendag sal ek my eie plaas besit sonder om dit te erf of dat iemand dit vir my gee. So kan jy ook..
Ysterklou, jy is 'n wyse man....en sal nog baie ver kom in die lewe...
Daar is net een ding wat ek wil doen in die lewe! En dit is om op 'n plaas of 'n wildsplaas te werk. Ek is lief vir diere en lief vir die natuur. Maar is daar boere wat my 'n kans sal gee? Ek sal enigiets doen - maak nie saak wat nie. Ek is 22, ongetroud, jonk en fiks.
Ek moet sê, van wat ek weet word bestuurders wat werklik waarde toevoeg tot die besigheid meer en meer vergoed (prestasieinsentiewe ens). Ja, 'n mens moet onder begin, jouself bewys en 'n netwerk opstel vanwaar jy moontlik later 'n beter posisie kan kry.
Ek dink vir ons jong boertjies moet ons nie fokus op jou eie grond besit nie, want grond is belaglik duur, dis onmoontlik om te koop. As jy regtig lief is vir diere en boer ens, werk dan maar vir 'n ander ou. Begin jou eie klein boerderytjie en huur 'n stukkie grond, soos iemand hier bo gese het. Wie weet, dalk groei jou boerdery goed! Doen dit vir die liefde daarvan, nie vir die geld nie.
Ek en my man is al deur diepe waters. 18mde terug was ons heel onder, met niks, net 'n bakkie op skuld. Ons het die bakkie verkoop, 11 skapies gekoop. Ons het 'n goeie werk gekry en vandag het ons 'n ander bakkie gekoop, amper afbetaal, ons het 12 ooie, 1 ram, 14 lammers, 2 melkbokooie, 1 bokram, 4 boklammers, 2 brahman koeie met 2 verskallers. O en nog 'n handjievol varkies ook. Dit KAN gedoen word! Ons het 3 kinders waarvan 2 nog op skool is ook, ons suffer maar elke maand en druk om deur te kom, maar dis alles die moeite werd. Ons skuld is so te se klaar betaal en ons boerdery is aan die gang.
Sterkte vir julle jong boertjies daar buite! Dis nie maklik nie, maar dis moontlik. Begin net.
My plaas is verkoop en n boer is ek nogsteeds murg en been, om daardie rede doen ek aansoek vir n pos op n plaas. tans werk ek nie het geen vaste inkomste nie. Ek is hardwerkend en kan op eie inisiatief en sonder toesig werk. My beplannings vaardighede is goed. Ek tree deur gans pro-aktief op. Ek is aanpasbaar in enige werksituasie.
Ek het goeie kennis van PLANTERS & STROPERS. My kennis van parte help baie met instandhouding. Op Kleindoorings het ek NUWE IMPLEMENTE GEBOU EN VERBETERINGS OP BESTAANDE IMPLEMENTE GEDOEN. Het ook goeie kennis van BEESTE en SKAAPE, aangesien ek op my eie plaas met hulle geboer het.
L eer nuwe aspekte van enige werk en werksituasie gou en geniet dit om nuwe dinge te leer.
Ek werk goed saam blank en nie-blank. Het in die verlede deurlopende met 40-50 arbeiders en 400 oersters gedurende oestyd gewerk.
Skakel my gerus
Pieter Theron
072 425 9505
Daar is geleenthede maar ek dink jy moet net eers n graad kry my kind is tans besig met veekunde graad en gaan dan op ons plaas in mozambique boer die uitdaagings daar is groot maar as jy hard kan werk en nie n drank probleem het nie sal jy n groot suskses maak. ons is hoender vark bees en skaap boere in die limpopo en dit is baie suksesvol. Onthou net boer is harde werk.
Ek werk op n leeu plaas, is ook n baie harde werker.
Ek werk op n leeu plaas, is ook n baie harde werker.
Boerderye is soos ingineurs besighede en baie meer (met die natuur wat of met of teen jou is). Jy moet balls hê om te boer!
Verander jou kurses na een of ander landbou graad, hulle sal daar vir jou die teorie leer. Dalk sal dit jou meer in die regte rigting stoot.
Sterkte