HALLO,GOEIE NAAND!
Ek is in die plantjie bedryf, en het onlangs n artikel oor spekboom op 50/50 gesien. Van toe af word ek mal gemaak deur die belangstelling van die publiek en ook Wildsplaaseienaars, oor die verskaffing van spekboom. Ek is vreeslik nuskierig om te hoor hoe voel die Boer oor die spekboom, en of wie weet meer oor die groei en beskikbaarheid van spekboom
Groete
Rennie
ek verstaan nie heeltemal wat hulle bedoel het nie, maar daar was implikasie in die rigting dat boere voordeel kan trek deur spekboom te plant, een of ander "internasionale krediete" .Of hulle bedoel het dat dit geplant kan word soos n oes, is ook moontlik. Die implikasie wat ek wel begryp, is dat spekboom die grootste vraat van co2 is. Sasol stel belang in spekboom.Daar is statistiek van hoeveel co2 die spekboom opvreet per hektaar, nogal n paar ton per jaar. So imagine die navorsing is nou eers 7 jaar oud. Dink net die wereld skrik wakker en besef as hulle spekboom in elke erf plant, in die middelman van elke pad in die wereld, is aardverwarming probleem in die bek geruk. Waar gaan hulle die spekboom in soveel hoeveelhede kry? Spekboom wat inheems tot RSA is.
Groete Rennie
Ek het gisteraand kommetaar gelewer maar ek dink nie ek het dit reg gekry ,want dit wys nie. Net kortliks. Die spekboom is die grootste vraat van CO2 gasse in die wereld. Dit is inheems tot Suid-Afrika. Hulle het nog net 7 jaar studie gedoen oor die spekboom. Wanneer die wereld wakker skrik en besef as jy elke middelman van elke pad in alle lande plant met spekboom, en dit by elke huis plant, en naby groot industriele areas, sal hulle oor n tydperk die aardverwarming kan beheer.
Waar gaan hulle die hoeveelheid spekboom kry ?
Dis wetenskaplik bewys dat spek boom n vreeslik kapasitiet het om co2 uit die lug te neem, dis nie n foefie nie,dit klink vir my soos die goud van plante.
Ek is reeds besig om my lande vol te plant
Groete
Ek is 'n voltydse Clivia boer (C.miniata en die ander 5 klokkie spesies), maar dit gaan maar droewig met kontantvloei omdat die plante slegs een keer per jaar blom (Aug - Sept).
Voeg hierby die verkeerde ligging en 3 swak blomseisoene tot gevolg, dan is sukkel (finansieel) jou voorland.
Ek het hierdie jaar in Januarie my plante na 'n meer subtropiese klimaat verskuif, met 'n toename van 300% in die blompersentasie, maar ek was ek op die uitkyk vir alternatiewe.
Die spekboom kom redelik vrylik en natuurlik op die plasie voor en iemand het my sowat 3 maande gelede daarvan bewus gemaak.
Noudat die Clivia seisoen verby is, het ek meer tyd op hande en begin nou ernstig navorsing daaroor doen. Die steggies groei vreeslik maklik en vinng, sonder enige ekstra insette.
Met die agtergrond, kan iemand my asseblief meer inligting gee:
1)Wat is die wetenskaplike naam/name?
2)Ek verstaan daar is drie verskillende spesies?
3)Indien dit die geval is, wat is die verskille en hoe kan ek dit bepaal?
4)Wat is die beste groeimedium en hoe dikwels moet die boompies water kry?
5)Is enige voeding nodig indien die groeimedium goed gebalanseerd is?
Enige ander belangrike/interessante inlig sal waardeer word.
Groetnis
Loeria
'n Artikel oor die vestiging van spekboom met saad, verskyn in die Landbouweekblad van 13 November, wat vanaf 9 November op straat is. Die voorblad is van 'n swart Boerboelhond. Sterkte,
Jan Bez, landbou.com
Ek soek meer inligting omtrent hierdie merkwaardige plant- Ons het al 'n hele klomp steggies wat groei 300 en waar kan ons dit van die hand sit? KONTAK MY by 083 373 9748
Ek stel baie belang in die plant,waar kan ek van die plantjies kry.Baie dankie.
Ek is ook n spekboom kweker en het seker sowat 15 000 boompies en seker sowat 100 000 wat hierdie seisoen geplant is (reg vir volgende seisoen se verkoop)
Kwekers moet maar geduldig wees want die stormloop na hierdie plant gaan eers oor sowat een of twee seisoene plaasvind.
Ek steur my nie veel aan die koolstof krediete nie, en weet min daarvan.
Wat belangrik is vir die boer is dat die spekboom groei met ongeveer 230mm reen per jaar, en dus kan jy dit in baie droe dele plant sonder besproeing.
Grondwaarde word gewoonlik bepaal volgens drakrag, dus deur spekbome te plant verhoog n boer sy drakrag en dus sy plaas se waarde. Omdat dit n permanente verbetering is tel dit ook baie punte by so verkoop.
Omdat spekbome baie maklik vermeerder kan word kan die boer ook sy eie boompies bly maak en elke jaar vermeerder.
n Voordeel is dat jou aangeplanteweiding nie verlore gaan indien jy n goeie jaar beleef en dus nie nodig het om dit te gebruik nie.
Feitlik alle wild eet spekbome, en het baie min nodig.
Boere moet onthou dat dit raadsaam is om jou spekboom aanplanting af te kamp en slegs te laat bewei wanneer die ander veld onder druk is.
As jy jong boompies plant (sowat 400 -700mm hoog)moet jy ten minste 4000 per hektaar plant wat eers oor twee seisoene beweibaar sal wees. Saam met omheining ens kan dit tot sowat R80 000 per hektaar beloop.
Die voerwaarde (vervoerkoste uitgesluit) kan tot soveel soos R40 000 per jaar wees, en daarom is dit die idiale langtermyn oplossing.
Ek proef tans die verskil tussen bemeste en onbemeste boompies en behoort met die volgende seisoen behoorlike inligting te kan beskikbaar stel.
Boere in Limpopo wat belangstel kan navrae rig en ek sal met graagte help. Medekwekers ook.
Groete
Watter klimaat sal die spekboom verkies? Sal hy die droogte en koue van die Noord-Kaap oorleef?
Groetnis
Soek inligting: hoeveel soorte spekbome is daar? N Persoon het vir my vetel die spekboom wat ek het is Boerespekboom? Help asb.
maruis
hoe kan ek jou kontak.ek is in klerksdorp en wil spekbome kweek
Marius Harding (Kweker van Spekbome Limpopo).
Kan jy asb. vir my jou kontakbesonderhede laat kry. Wil graag vir 'n Wetenskap Ekspo besonderhede i.v.m. Spekboom bekom.
wil graag kontakbesonderhede van Marius Harding (Spekboom Kweker Limpopo) bekom. Verlang inligting rakende spekbome vir wetenskap ekspo.
Ekt so iets gehoor van die maar kon nie die program volg.
Hoe sal dit my as n nuwe/deeltydse beesboer help?