Hier by my het dit nou al 2 x goed gehael binne 3 weke. die vorige 5 jaar het ek geen hael gehad. Wat is die kanse dat daar weer 'n haelstorm op dieselfde plek kan voorkom?
Ek lees ook gereeld die weervoorspellings van Pietersburg. Saterdag word daar voorspel dat dit Maandag die 30ste 37 grade gaan word. Ek het amper 'n oorval gekry want dit is erg warm. Vandag lees ek weer die voorspelling en noe het die temp afgekom na 29 grade. Nou hoe werk die voorspellings dan? of was dit 'n tikfout?
L.
Nou ja...ek het vir 'n slag besluit om die pen op te neem en ook iets te se oor die weer.Kyk,Upington is nou nie elke ou se speelmaat in die somer nie,en hier moet jy maar gewoond wees daaraan om dit te kan vat wat na jou toe kom.So ons vat die hitte soos 'n man ! Heerlik...eintlik wil ek net vir Kobus Botha se hy doen 'n great job met sy weer blad...dis nou een ou wat ek glo nie lieg nie...die Tvee kan baie lieg...gebruik ook net die ding as die Cheetahs Rugby speel...doen so voort Kobus