Trekker koop

Hennie Willemse
User offline. Last seen 1 year 45 weke ago. Van lyn af
Aangesluit: 7 Mar 2010
Inskrywings:

Ek plant tans goente op klein skaal in turf grond. Ek het 'n Ford 5000 trekker ( die trekker is heeltemal oorgedoen deur VKB so drie jaar gelede) wat swaar trek aan 'n drie skaar ploeg, ek gebruik ook 'n Howard R20, 1.8 meter rotovator wat die PTO dood trek. Ek wil nou 'n ander sterker trekker aanskaf en is 'n bietjie verward. Die New Holland verkoops persoon reken 'n (NUWE) TT75, 4x4  55kw sal voldoende wees.

Ek het ook 'n keuse van  tweedehandse 2008 S6610 - 67kw met drie duisend uur op wat net voermenger getrek het, So die PTO het heeltyd gewerk. Volgens die verkoops persoon ruil heelwat boere trekkers op twee jaar in. Ek wil ook graag weet of 'n voer menger baie las op die PTO plaas? Dat dit dalk die rede is hoekom die boer sy trekkers so gereeld inruil en aangesien ek met die rotovator ook die PTO baie gaan gebriuk.

Ek maak tans nog implemente by mekaar en beplan om later op 'n groter skaal te boer en wil nie dan skoolgeld betaal omdat en nou verkeerde trekker gekoop het nie.

Die verskil tussen die twee trekkers is agt duisend rand. 

Kan iemand my asseblief raad gee oor die grote van trekker wat ek nodig het.

0
 
 

Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.