Agriwiki

Trekkerwerf

Hunter & Jagter

Farming SA

Uithaal van pype uit boorgat

E-forum
User offline. Last seen 3 weke 2 dae ago. Van lyn af
Aangesluit: 7 Jul 2009
Inskrywings:

Ek het my eie 'tool' gemaak vir dié probleem. Dit is 'n ronde plaat, nie dunner as 4 mm nie, met 'n halfmaangleuf.

 
 
Indien die stange uitsteek, is die plaat so 80 mm in deursnee en die gleuf so 3 mm breër as die stang. En as die pype bo uitsteek is die die plaat so 120 mm in deursnee en die gleuf ook so 3-4 mm breër as die pype.
 
Sweis ou boorgat stange of 8 - 10 mm 'roundbar' aan die plaat vas - lank genoeg om tot by die probleem te kom. Met 'n flitslig kan die stange of pyp raak gevis word - indien onder die water vlak, moet jy maar 'vis' tot die haak gryp.
 
 
Trek dan die lot uit. Baie maklik. Ek heg fotos van 'n rowwe skets van die 'tool' aan maar weet nie of die forum dit sal plaas nie. Dit is elk geval 'n stukkie gereedskap wat enige boer in sy stoor moet hou. Kan jou baie geld en moeite spaar.
 
Willie van Tonder (willievantonder@gmail.com)
Sel: 082 536 5423
Faks: 018 2971637
 
20 Januarie 2010
4.6
 
 
Pierre Brink
User offline. Last seen 11 weke 5 ure ago. Van lyn af
Aangesluit: 20 Jan 2010
Inskrywings:

As ek hierdie tool vir my gemaak het kort ek net 'n boorgat en 'n plaas...

Giepie v Niekerk 

Jou tool lyk nes myne. Werk net vroegoggend of laatmiddag. dan is jou spieël baie meer effektief!
Groete

Ernie Deyzel Steytlerville 

Het iets soortgelyk gebuig van 'n dik stang. Ek het myne gemaak dat dit links en regsom kan werk. Ek gebruik sommer my katrol se tou. Dan moet dit linksom werk sodat die tou nie afdraai nie. Ek het nog ander vangers ook wat die pyp vang. Groete

Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.