Varkboerdery

Sidney Hendrikse
User offline. Last seen 1 year 13 weke ago. Van lyn af
Aangesluit: 5 Sep 2010
Inskrywings:

Goeie dag, ek wil graag meer weet oor varkboerdery aangesien ek op die oomblik 2 so^e het wat dragtig is. Ek wil klein begin en dan van die kleintjies weer vat om op so manier groter te gaan. Kan iemand dalk vir my meer se oor siektes en waarna ek moet kyk en wat om te gebruik vir sekere siektes, ens. Hoe oud moet kleintjies wees voor jy hulle speen van sog? Gee mens hulle groeimeel tot 3mnde oud en hoeveel (g) per dag/varkie? Ek wil weet of  landras kleintjies na 3mnde na geboorte ongeveer 40kg kan uitslag  as jy hulle net groeimeel gee? Ek het sementhokke, as ek dit gereeld skoon maak is daar iets waarmee ek die hokke spessifiek mee moet skoon maak/ontsmet? As daar baie vliee ook is wat gebruik mens om dit te beheer.

Dankie

Sidney

3.5
 
 
Onbekende besoeker 

Stuur vor my n e-pos gerhardd@rppinc.co.za

Gerhard

Stefan de Lange 

Sydney, jy kan hul vra by chris.carrington@up.ac.za. Hoop dit help.

albert
User offline. Last seen 47 weke 3 dae ago. Van lyn af
Aangesluit: 10 Mei 2010
Inskrywings:

Sidney, skakel my by 0825745774, ek het 'n 60 sog-eenheid en is al deur dit wat jy wil doen.

Willem de beer 

Hallo daar,
Ek is op soek na n vark boer wat n tipe van n vakleerling op sy plaas soek, n tipe van n mentorskap, sal ek se.
Ek weet niks van dit af, maar wil graag leer.
Werk tans in n Casino as n Surveillance Investigator, maar wil graag boer.
Skakel my gerus - epos - willem.dbeer1@za.suninternational.com of Tel - 0842551910.

elzie kriel 

ek soek ook raad oor die landrasvarke boerdery ons gaan in 3 maande begin boer en ek wil ook weet van al die siektes en kos ens en wa kan ek van di landras varkies koop

Anna Badenhorst 

Ek is op soek na enige inligting in verband met Landrasvarke - hoe om met hulle te boer

Wiets Coetzee 

Hi wie kan my ook raad geem met 'n varkboerdery en van die begin af vir my kan vertel hoe ak my hokke moet bou watter voer om te koop ens. Ek is van Namibie en wil binne die volgende maand met 'n varkboerdery begin.
Groetnis

Maryke vd Westhuizen 

Hallo voornemende varkboere. Voordat jy begin, gaan kyk eers in die spieel of jy hare op die tande het, want dit is wat jy deesdae nodig het. Landras en Grootwit kruisings (F1 varke) lewer die beste resultate. As jy jou hokke en toerusting van die begin af reg wil hê, begroot +-R35000 per sog, maar dit is by uitstek die moeite werd (jy kan baie goedkoper gaan, maar kanse op swak produksie en siektes vermeerder in verhouding). Kyk op die internet vir verskaffers soos Newquip, Big dutchman, ABC Hansen.

Varkies word kommersieel gespeen tussen 28 -35 dae(sommiges vanaf 14 dae - afhangend van speenfasiliteite) en dan in speenhokke gevoer met kruipvoer tot +- 70 dae. (gewigte +- 25-30kg)

Hierna word hulle geskuif na groeihokke en groeimeel gevoer tot +- 120 dae (gewigte +- 60-75kg). Nou kan jy oorskakel na afrondmeel indien jy "baconers" wil bemark. (varke slag ongeveer 72% uit, m.a.w as die vark 100kg lewendig weeg, sal jy 'n karkasmassa van +- 72kg kry - kop en pote ingesluit)

Voer kan gekry word van die meeste plaaslike meulens, of by voermaatskappye bestel word - Coprex, ASA, ADVIT, De Heus, ens.

Indien goeie gehalte teeldiere aangekoop word, en die hokke en bestuur is goed, kan die sog ongeveer 23 kleintjies per jaar vir jou gee. mortaliteit behoort beperk te word onder 10% in die jongstal met goeie bestuur.

Ek hoop bogenoemde het 'n paar mense inspireer, en dat ek nie almal afgeskrik het nie.

Leonard Stephanus 

Dankie Maryke, ek het so 8 soee wat so drie weke terug begin klientjies gektry het. Van die jonger varke het van die kleintjies dood gele en van hulle het die bakke oor die kinders gedop en hulle dood gemaak. Ek is n skaap boer naby Mariental in Namibia wat so bietjie diversifiseer met bees, bokke en nou varke. Ek het baie geleer uit jou komentaar. Sal jy omgee om jou e-pos adres uit te ruil?

Sally Bosman 

Alle ontwikkelende boere - SAVPO (Suid Afrikaanse Varkvleisprodusente Organisasie) het 'n boek "Pigs for Profit" wat gerig is op ontwikkelende boere, beskikbaar teen R30. Dit sluit posgeld in in Suid-Afrika. Vir buurlande moet die posgeld natuurlik bygereken word. Stuur net 'n epos aan info@sapork.com vir die bestelvorm. Daar is ook DVD's beskikbaar en die bestelvorm daarvoor kan by dieselfde epos adres aangevra word.

Juandre Oelofse 

Ek bly in Potchefstroom en wil graag deeltyds begin boer met varke ek wil nie nou wins maak uit hulle uit nie. Ek het al die geriewe bv hokke ens en +- R20000 om mee te begin is dit die moeite werd al weet jy niks van die tipe boerdery af nie en waar begin n mens

RC JUDEEL 

Hallo daar ek soek komentaar oor vark boerdery wil graag n boerdery begin en ek wil weet wat om te doen

Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.