|
|
|
| Bygewerk: | 26 May 08:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 88% |
| Wind: |
Goeie dag ,
Is dit of kan dit vir 'n mense , op klein skaal , help met 'n ekstra inkomste as die noodlot druk en 'n man is verplug om na ekstra alternatiewe te kyk...?
Ras ook...?
Skaap of bees..?
Voerkrale vir lang termyn..?
Om by Oom Joe toe te voeg: maak seker jy kan die dier verkoop as jy dit begin voer. As jy praat van klein skaal, hoeveel beeste is dit, 100 beeste voer is dit klein skaal. Die groot voerkrale kyk na 20 000+. Die ras maak nie so groot invloed nie, binne elke ras kry jy diere wat nie presteer in 'n kraal nie. Jou klein raam tiepes (Nguni) kom ligter in en jy slag hulle op 'n laer eind gewig. Van die meer gesogte rasse sluit in Bonsmara, engelse vleis rasse. Speen kalwers vat ongeveer 100 dae om slag-gereed te kry, verse staan korter en ouer diere nog minder dae in die kraal. Lammers in 'n kraal staan so 60 - 70 dae in die kraal As jy gaan kies tussen bees of skaap moet jy eers die finansiele implikasie hiervan oorweeg. Van jou kapitale uitleg is die aankoop van diere die wat die meeste vat (50 - 60 %) en voer neem so 30% van jou kapitale uitleg. Die belangrikste faktor is dan hoeveel beeste, wat se infrastruktuur is aanwesig en gaan jy dalk net seisonaal voer (bv. vat speenkalwers in julie/augustus en voer vir Desember mark. Vir die langtermyn is dit 'n 365 dae toewyding, jaar na jaar. As die krale nie voluit benut word, dan word hulle afskryfkostes duer minder diere gedra wat maak dat jou vaste koste per dier **** word en jou winsgrens verminder en dalk jou verliese vergroot. Omdat die besigheid deur jaarlikse siklusse gaan, is daar periodes van moontlike verlies in 'n jaar. Dit is dus belangrik om groot genoeg te wees om die te kan oorkom. Die effek van swak tye kan verminder word deur goed te kyk na aankoopprys van diere en voer (is tot 90% van kapitale uitleg) om dit so laag as moontlik te hou en seker te maak dat die bemarking van jou diere na slag die beste prys oplewer.
Ek het raad nodig. Ek wil graag uitvind of 'n voerkraal goei produktiwiteit lewer en is daar geld in hierdie bedryf?
My aanval is gemik op Ekonome wat net in 'n kantoor sit en voorspellings maak oor voorkrale. Finasieele instansies behoort hulle te skaam om sulke mense in diens te he.
Die situasie met die afgelope mielie oes waar +/-R850 in jou sak vir WM1 kan gennereer, wil die neiging om die mielies deur die bees tot R1800+ te genereer met goeie bestuur en ingerigte krale met voermenger en hamermeul.
Op 1000 hektaar mielies stroop mens gemiddeld 5500ton mielies en op die 150 hektaar marginale gronde kan 'n gemiddeld van 2000 bale veldhooi geproduseer word.
Teen R16 aankoop en R26 slag vir A2-3 op 230kg met uitslag van 56% maak mens met die huidige mielie prys R1351-68 per bees. Die prys kan egter met nog R450 gemiddeld opgeskuif word deur van intensiewe bestuur groei hormone en zilmax gebruik te maak. Dit alles kan jou uitslag % opstoot na 62%toe.
Die sommetjie begin nou sin maak.
Wat die mark betref moet jy konstant en egalig in die mark bly en is nie 'n kits oplosing nie want om 5500ton mielies te verwerk moet jy 2290 beeste op 3 siklusse vir 1jaar voer. Ditbring die totaal op 6875 vir die jaar wat jy voer.
Waar ek nou R4 675 000 vir my mielies sou gekry het kry ek nou R9 900 000.
Hoe de hel maak 'n blerrie Ekonoom sy somme!!!
'N WINS VAN R5 225 000. Deel dit deur 12maande is R435 000 per maand WINS.
Die munimum lewens vatbare hoeveelheid vir 'n voerkraal is 300 beeste. Hoe kan die boer nou al sy mielies verkoop om beeste te koop om te voer en dit dan weer ten duurste gaan mielies koop op die money scheme van suffex?
bekommer jou nie oor ander, maar eerder oor jou self. dit bespaar tyd, waarin baie meer gedoen sal kan doen.
luister en neem-in, wat in jou omstandighede sal pas en verbeter daarop. skoolgeld is duur geld.
gesonde oordeel en eie ondervinding is goud werd.
verder is daar n plek vir almal in die son.
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24
Voerkrale het heelwat kapitaal nodig om al die vee aan te koop en die voer.Banke fiansier dit nie graag nie-te groot risiko.Jou bestuur moet uitstekend wees en jou voeromset in vleis ook uitstekend.Jy moet goedkoop en goeie voer hê.Ek sal dit nie aanbeveel vir deeltydse ekstra inkome nie.Afgesien daarvan, die tyd wat jy slag is belangrik en by wie gaan jy laat slag ens