Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Mening / Forum / Voerkraal-vir-kalwers

Nuus

SA en Australië deel SKA-projek

Ná jare se beplanning en maande se wag het die SKA-organisasie aangekondig dat Suid-Afrika en Australië dié teleskoop sal deel.

  • Gebrekkige rekord oor grondbesit
  • OBP-entstof weer onder skoot
  • SKA: Suid-Afrika hoor dalk vandag
  • Langklooframphulp: Minister help eindelik
  • Oesskatting in die kol – Graan SA
  • John Deere-winkel gewild op Nampo
  • Bosman wen Jongboer van die Jaar
meer...

Lekkerlees

  • Aktekantoor se inligting oop vir publiek
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Saterdag
  • Kans op reën
  • Hoog:18 C
  • Laag:9 C
  • Sondag
  • Sonskyn
  • Hoog:20 C
  • Laag:7 C
  • Maandag
  • Sonskyn
  • Hoog:20 C
  • Laag:8 C
Sonsopkoms: 7:38
Sonsondergang: 17:46

Kaapstad

Bygewerk:26 May 08:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:88%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Voerkraal vir kalwers

27 Oktober, 2009 - 07:42
E-forum
User offline. Last seen 1 year 2 weke ago. Van lyn af
Aangesluit: 7 Jul 2009
Inskrywings:

Lolita skryf op die gespreksforum:
Ek wonder of een van julle dalk vir my raad kan gee oor watter tipe voer om vir kallers van omtrent 180kg te gee wat ek in n voerkraal wil hou. Wat sal hulle die vinnigste tot op plus minus 260kg kry?

Gerdie Landman antwoord:
 
Die regte "kallers" gaan 'n groot invloed op jou sukses hê - bulletjies wat nie gekastreer is nie, groei die beste... swaarder tipe rasse groei vinniger in die voerkraal.  Aankoopprys per lewende Kg gaan groot invloed hê op wins... prys van mielies in jou area - tans is mielies baie goedkoop in verhouding tot die vleisprys... moenie oorspandeer op infrastruktuur nie - omgedopte trok bande wat in die veld uitgesit word, werk baie goed.  Vrye toegang tot skoon water moet nie onderskat word nie.  Skaduwee in die kamp of kraal sal ook groei aanhelp.  Aanpassingstyd op die plaas of perseel is uiters belangrik - ook van veldkos na kragkos!
 
Uitendelike bemarking is ook uiters belangrik - stel vas waar jy kan bemark en of jy kan waarde toevoeg deur vir 'n spesifieke tyd van die jaar te mik - byvoorbeeld die kersfees mark!  Net na nuwejaar daal die aanvraag van A grade vinnig omdat die verbruiker se geld dan gedaan is... dan is dit weer beter en voorsien C grade wat jy aanvanklik goedkoper kon koop.
 
Dit hang so bietjie af van hoe groot jy die voerkraal gaan bedryf - kan jy Inter Link vragte voer (34 ton) aankoop, of is dit op klein skaal waar jy in sakke moet aankoop?  Hang ook baie van jou adres af - is jy naby 'n bron van neweprodukte of is jy te ver vir aanry?  Het jy toegang tot ruvoer in die vorm van gebaalde hooi of het jy natuurlike veld weiding?  Mieliekuilvoer is ideaal, gebaalde droë gras het min energie en nog minder proteien - maar is noodsaaklik as jy hoë vlakke kragvoer (Ad Lib) gaan voer - om die rumen gesond te hou!
 
Inname is kardinaal vir produksie - dus moet die voer smaaklik wees en nie te lywig nie! 
 
Die neweprodukte wat rantsoen goedkoper maak is gewoonlik net in losmaat en per Link (34 ton) beskikbaar - produkte soos Kiemmeel, semels, brouersgraan, katoensaad of sonneblomoliekoek... as dit op groot skaal is, raadpleeg 'n voedingskonsultant en beplan die voeding daarvandaan.
 
Op klein skaal is daan min vetmestings rantsoene wat by Voermol (Die ou SS200) en mieliemeel kom - maal gelyktydig deur hamermeul en dan kom dit pragtig gemeng anderkant in die sak uit.  Praat met jou Voermol konsultant in die area en hy sal jou goeie resepte kan gee...  hierdie metode kan selfs gebruik word om diere op natuurlike veld af te rond - dis goedkoper as om ruvoer aan te koop.
 
Glo jy sal agterkom dis nie so eenvoudig nie - moenie vergeet om te ent nie... One Shot Ultra, doseer teen parasiete!  As jy eers goed aan die gang is en die slag gevind het, kan jy 'n rat opskuif en groeistimulante oorweeg... ook net as die ras dit gaan regverdig... sommige voerkrale erken dat as dit nie daarvoor is nie, breek hulle net gelyk omdat die beeste te lank in die voerkraal bly en al die wins opvreet!
 
Sit ook 'n ouer koei of dier saam met die jong diere om hulle bietjie leiding te gee - veral as dit op natuurlik veld is!  Vind uit van iemand wat reeds doen wat jy nou beplan, en gaan vra raad.  Boere is oor die algemeen gewillig om hul kennis en ondervinding te deel - so kan jy baie skoolgeld spaar...
 
Gerdie Landman, MOOIMELK KOEIHOTEL, Cookhouse.
E-pos:  gerdie@koeihotel.co.za

27 Oktober 2009
3.923075
 
 
Top
  • 8184 keer gelees
  • Drukker-vriendelike uitgawe
  • Stuur na vriend
  • PDF uitgawe
27 Oktober, 2009 - 08:49
#1
E-forum
User offline. Last seen 1 year 2 weke ago. Van lyn af
Aangesluit: 7 Jul 2009
Inskrywings:

Wessel skryf op die gespreksforum:
Beste mengsel wat ek mee ondervinding het :
650 kg Chop
200 kg SB100
150 kg Goeie kwaliteit ruvoer gemaal en ingemeng Eerste 30 dae 50 kg procon 33 .
So pas klomp kalwers gevoer GDT 1,8kg sonder enige implantaat (Stoetbulle) .
Koste van rantsoen ongeveer R1850/t afhangende van chop prys .
Groete
Wessel

Top
  • antwoord
27 Oktober, 2009 - 11:17
#2
E-forum
User offline. Last seen 1 year 2 weke ago. Van lyn af
Aangesluit: 7 Jul 2009
Inskrywings:

Adele Rothman skryf op die gesprekforum:

As jy alles wil self meng en dalk 'n bietjie goedkoper wil wegkom, kan jy die volgende rantsoene gee. Onthou om die kalwers eers aan te pas op die rantsoen. Voer die aanpassingsrantsoen ad lib aan die begin maar gee ruvoer ook ad lib vir die eerste 7 dae. Verwyder dan die ad lib ruvoer en gee net die aanpassingsrantsoen vir 14 dae. Slaan dan oor na die groeirantsoen op dag 21 en gee vir die laaste 30 dae in die voerkraal die afrondrantsoen. Jy sal sien die verskil tussen die 3 rantsoene is die hoeveelheid ruvoer. Jy kan so laag daal as 5% ruvoer maar dan moet jou bestuur baie goed wees. Die bees se rumen moet baie goed aangepas wees. Hou die mis dop - as die mis te pap is, vermeerder die ruvoer en as die beeste se mis te styf is, verminder die ruvoer.

Meng eers jou eie HPK 85:
Katoensaadoliekoek 500 kg (jy kan ook sonneblomoliekoek,
HPK 36 van Voermol of Multimix 40 van Meadow Voere gebruik - bel my as jy soja-oliekoek wil gebruik, dan herformuleer ek die HPK 85 vir jou)
Voergraad ureum 350 kg
Kimtrafos 12 150 kg
Voergraad Swael 25 kg
Voerkalk 300 kg
Sout 75 kg
Ionofoor (groeibevorderaar - volg asb die vervaardiger se aanbeveling.
Skakel bv. Elanco by 011 510 9309)
Totaal 1400 kg

Meng dan 50 kg van bogenoemde HPK 85 met die volgende rantsoene:

AANPASSINGSRANTOEN
Mielies 700 kg
Ruvoer 200 kg (bv veldgrashooi)
HPK 85 50 kg
Kalori 3000 50 kg
Totaal 1000 kg

GROEIRANTSOEN
Mielies 750 kg
Ruvoer 150 kg (bv veldgrashooi)
HPK 85 50 kg
Kalori 3000 50 kg
Totaal 1000 kg

AFRONDRANTSOEN
Mielies 800 kg
Ruvoer 100 kg (bv veldgrashooi)
HPK 85 50 kg
Kalori 3000 50 kg
Totaal 1000 kg

Hou die volgende in gedagte:
* Meng die rantsoene baie deeglik
* Mielies kan gedeeltelik met kleingrane vervang word
* Veldgrashooi kan met ander ruvoere, bv. Koringstrooi, hawerhooi
en mieliereste vervang word
* 20 - 30 liter water kan by bogenoemde rantsoene gevoeg word om
stowwerigheid te verminder
* Vir die afronding van jong, groeiende kalwers kan 50 kg
katoensaadoliekoek bykomend by bogendoemde rantsoene gevoeg word

Geskryf deur Adele Rothmann, Dierevoedingkundige - KK Animal Nutrition
arothmann@kkan.com

27 Oktober 2009

Top
  • antwoord
28 Oktober, 2009 - 19:01
#3
Vernon G 

Ons doen huidiglik toetse in die Darling omgewing waar ons EM Semels (1-5%) saam met hul voer meng, reeds voor hul gespeen is. Ons het gevind (soos ook oorsese toetse bewys het), dat die kallers in 'n better kondisie as die kontrole is, binne 'n maand 2kg meer gewig opgetel as kontrole weens beter vertering en beter opname van vitamine en minerale. Die EM (Effective Microbes) in die semels, word patogene in die maag dood gemaak, wat ook beter mis teweeg bring en vinniger afbreek, en dis ook 'n vermindering in vliee.
Vir meer inligting skakel Vernon by 071 670 2220.

Top
  • antwoord
7 November, 2009 - 21:24
#4
Riaan de Klerk
User offline. Last seen 2 years 28 weke ago. Van lyn af
Aangesluit: 21 Sep 2009
Inskrywings:

Ek het self 'n voerkraal en voer nou vir die laaste 10 maande die mengsel soos deur Wessel voorgestel. Ek is nie 'n kundige op die gebied nie, maar ek sit net 150kg SB 100 in die mengsel en 25 kg procon regdeur die 110 dae voertydperk. Wessel, as ek mag vra, hoekom sit jy 4 sakke SB 100 in? Ek is net versigtig vir te veel proteiene saam met die Procon 33 en mag dit die mage te slap maak. Wat is jou ondervinding daarmee?
Riaan

Top
  • antwoord
18 Desember, 2009 - 21:22
#5
Werner Vermeulen
User offline. Last seen 16 weke 1 dag ago. Van lyn af
Aangesluit: 12 Des 2009
Inskrywings:

Jy het nou goeie raad op voer gekry, wat nou baie belangrik is dat jy die regte beeste aankoop vir jou voerkraal bv met beste vov ens. Rasse wat jou baie geld in die sak sal bring is Beefmaste, Bonsmara en 'n baie groot winsmaker die Drakensberger. Sterkte

Top
  • antwoord
4 November, 2010 - 16:34
#6
Deon Louw 

Verstaan ek reg dat dit beter is om Bul kalwers te koop eerder as Verse.

Top
  • antwoord
7 November, 2010 - 16:52
#7
Onbekende besoeker 

If your objective is to put weight onto your weaners why not put them onto good veld / pasture and feed them a kg of cotton oil seed cake every second day? I find that this can result in a gain of 1kg a dag at little effort, and reasonable cost. I have never tried to add more than 60kg though.

Top
  • antwoord
28 Maart, 2011 - 18:38
#8
Onbekende besoeker 

AS iemand my kan raad gee ek begin maar nou eers met n paar kalwers wat ek op kraal sit wat moet ek hulle spuit.

Top
  • antwoord
8 Julie, 2011 - 20:29
#9
Nick Kemp 

Jy kan jou eie geproduseerde natuurlike Hidroponiese Hawer aan jou voerkraal beeste gee teen ‘n koste van R0.22 per Kg oftewel R220 per ton + gebaalde gras. Niks anders is nodig nie en die gemiddelde gewigstoename per dag is 3Kg. Die karkasse kan organies gesertifiseer word en die kwaliteit daarvan is uitstekend.

Top
  • antwoord
18 Julie, 2011 - 11:35
#10
Gerhard van Geest
User offline. Last seen 44 weke 4 dae ago. Van lyn af
Aangesluit: 18 Jul 2011
Inskrywings:

Ek is op soek na boere wat met osse boer, het n paar vrae wat ek wil vra, ek verwys na Werner Vermeulen se skrywe LBW 1711 8 Jul 2011

Top
  • antwoord
3 Augustus, 2011 - 14:32
#11
Onbekende besoeker 

Hi
Ek voer tans ook so'wat 50 kalwers in n klein voerkraal op my plot en het gevind dat 750kg (chop)
200kg SB100 Voermol en 50KG HPK63 and it works wonders for me.

Top
  • antwoord
21 September, 2011 - 15:37
#12
Johan le Roux 

Voerkraal vs Ooie met lammers?
Watter een is die beste van die twee ? Bestuursgewys en finansieel ?
Beginner jong boer - met wat kan ek begin ???

Top
  • antwoord
1 Maart, 2012 - 12:46
#13
WLJ Boerdery 

Ek wil graag losmaat mielies koop, die graansilo's wil nie meer help nie.
Ek is in Heidelberg TVL omgewing.
Waar kan ek kry en wat is dit per ton?
Dankie

Top
  • antwoord
8 Maart, 2012 - 10:14
#14
FrikFaure
User offline. Last seen 11 weke 1 dag ago. Van lyn af
Aangesluit: 24 Jan 2012
Inskrywings:

Ek is tans betrokke by n proef waarin ons in kombinasie met Fodder Solutions Africa die water kwaliteit verbeter in n voerkraal omgewing. Op die huidige is ek aangenaam verras met die resultate teen n baie bekostigbare prys. Kontak gerus vir enige navrae @ frik@waterenrichment.co

Top
  • antwoord
18 Maart, 2012 - 12:55
#15
Zander Vermaas 

Goeie dag. eks n jong boer wat graag in die bees voer kraal boerdery wil begin. my ouers is tamatie en mielie boere dus weet ek minimal van voer krale. ekt begin met mense praat oor veskillende maniere en ouderdome wat werk. ek wil weet is dit n goeie idea om bul kalfers op twee weke by mense op te kom en dan met die bottel te voer vir twee mande en dan n verdere twee maande op die plaas te laat loop en vet word en dan hulle te verkoop aan ander boere teen 200kg plus minus. enigei advies op of daar enige wins is. ek wil ook nie groot skaal nie. omtrent 40 kalwers op n slag.

Top
  • antwoord
11 Mei, 2012 - 17:36
#16
anton boshoff 

waar kry ek geld om te begin met n voerkraal

Top
  • antwoord

Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Waarom is boere so stil?
  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • John Deere-winkel gewild op Nampo
  • Boer aangerand oor begrafnis

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • 9 April 2010
  • Aasvoels
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction