|
|
|
| Bygewerk: | 26 May 08:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 88% |
| Wind: |
Landbou.com gebruikers het op die gespreksforum die tekort aan navorsing aan die lusernboom bespreek. ‘n Interresante gesprek het gevolg.
Mias Adams skryf
Pieter, Dit lyk of die lusernboomsage nou end se kant toe staan. Mens kan nie glo dat hierdie wonderplant nooit in SA nagevors of dan ten minste deur ‘n paar boere probeer is nie.
Let veral op die 150 jaar wat die boom al bekend is....dis baie lank voor Rhodes die vervloekte Port Jackson en rooikrans teen die Wes- en Suidkus geplant het. Dis dan juis die areas waar die lusernboom wondere sou verrig.
Mens wonder hoekom het Elsenburg nooit verder gegaan met die proewe nie. Hoekom het geen boer ooit ‘n enkele boom aangeplant nie, nie eens ‘n laning by een van die proefplase nie. Daar is duisende karob (Johannes broodboom) aangeplant en selfs die vorige liefling van Justice (honey locust) het ek al oor die hele land raakgeloop
Chris Volschenk skryf
Justice, As die boom tipe dan nou so kort gevreet gehou word, is hy nie dan ook net so ideaal vir skaap as die skaap tipe.
Ek wil eers my bestelling plaas nadat jy my geantwoord het. Ek het so 10 jaar gelede saad by my makelaar se broer gekry, maar nooit die goed geplant nie uit onkunde en skeptisisme.
Frans skryf
Mias, Is ‘n ander naam vir die sg. Lusernboom nie Leusiana nie ? Ek het van die sg. Leusiana bome en dit word letterlik opgevreet deur wild en bees as jy dit nie beskerm nie. Ek was nou daar in die Swartland tot bo teen die Weskus. Darling ( Evita ) en Mamre ( sendelinge ) is darem nou eenmaal net iets op hul eie.
Justice skryf
Hi Frans en Forumlede.
Kort antwood is nee Leuceana is nie dieselfde boom as Tagasaste nie. Dis egter net so oulike boom as jy die 700 mm reënval het en geen ryp onder vriespunt nie.
Ander terugvoer aan die Boom lusern saadbestellers, op grond van kwantiteit het die prys nou geval na net A$500 per kg vir die skaaptipe en na A$60 per kg vir die beestipe. Dis dus nog so 10-15% goedkoper omrede ons saamspan, en reeds ‘n allemintige 67% goedkoper die “starting price” wat vir my as ‘n individu aanvanklik aangebied is. Dit wys net wat mens met spanwerk kan regkry.
Frank skryf
Mias
Ek dink jy is 100% reg! Daardie half dosyn groot chemiese maatskappye, wat die pharmasetiese bedryf, insekdoders, kunsmisse en alle chemiese middels oorheers, is nou al geruime tyd om stadigaan hulle houvas wêreldwyd te vergroot. Hulle besit 90% van alle plantregte op plante en saad, is die groot dryfveer agter GM plante (en diere!) en maak almal verdag, wat iets navors, waaroor hulle nie beheer het nie. Deur hul reuse skenkings aan universiteite beheer hulle wat nagevors word en daar bestaan 'n legio van gevalle waar hulle dit reggekry het om "wetenskaplike" gevallestudies te beïnvloed en selfs te vervals omdat hulle van hierdie wetenskaplikes in hul sakke het! So is al meer as honderd jaar gelede gevind dat kaneel gebruik kan word om bloedsuiker te beheer en in sekere gevalle selfs diabete te genees, maar dit is eers in die laaste 10 jaar eers wetenskaplik bevestig. Daar bestaan oop bestuifde mieliekultivars, wat omtrent net so goed presteer as F1 hibrides, maar alle navorsing word deesdae net gedoen in die verbetering van hibrides, omdat die boer elke jaar sy saad nuut moet aankoop en die saadmaatskappye elke jaar hul pond vleis kry. Alle weigrasse en plante, wat die boer self kan vermeerder, word nie nagevors nie. Maar wag as hulle die dag 'n GM lusernboom (tagasaste) of lewensgras patenteer - dan sal dit skielik deur elke gesaghebbende in die landbouwereld aanbeveel word!
Frank skryf
Justice
Jy vra van watter ander wondergewasse. Miskien moet ons almal ons gedagtes laat gaan en as ons van 'n gewas gehoor het, dit net op die forum noem. Ek dink by voorbeeld aan 'n gras wat jare gelede in die landboutydskrifte genoem is, sy naam was so iets soos fingras. Ek dink dit was 'n poa gras, m.a.w., familie van die eenjarige wintergras en meerjarige Kentucky Blue. Een of ander boer het dit hoog aangeprys, maar na 'n tydjie is niks meer gehoor nie, miskien weereens omdat die saadmaatskappye nie daarvoor te vinde was nie? Het iemand ondervinding daarmee gehad?
Frank skryf
Frans
Leucaena leucocephala is 'n ander soort boom, wat wyd vir beweiding gebruik word. Dit is meer tropies van aard en stam uit die Filipyne, waar dit tot 3m in een jaar kan groei. Dit groei in die Wes-Kaap, ek het dit al in heelwat tuine gesien, maar groei natuurlik baie stadiger. Dit is ook meer gevoelig vir koue. Dit bevat 'n gifstof, wat toksies kan wees vir nie-ruminante, maar in die rumen van ruminante afgebreek word. Kyk 'n bietjie na volgende skakel oor 'n verskeidenheid van bome, wat vir beweiding gebruik kan word.
http://www.fao.org/ag/AGP/AGPC/doc/Publicat/Gutt-shel/x5556e00.htm
Frank
Ek lees nou al geruime tyd van die lusern boom saad, ek werk op 'n plaas in die Jeffreysbaai omgewing en sal baie graag van die saad wil bekom. Ek hat al die goeie eienskappe aan my engelse werkgewer verduidelik en hulle stel werklik belang. kan jou groot seblief vir my ook 'n pakkie aanstuur? Die posadres is soos volg:
Laird Family Trust
Posbus 2471
Noorsekloof
6331
Ek sal dit opreg waardeer
Groete en dank by voorbaat
Chantell
Jammer vinger fout begaan die versoek vir lusern boom saad is bedoel vir Frans en nie vir Frank.
Sal ook graag van die lusern saad wil bekom laat asseblief weet as julle saad het en wat die kostes sal wees dankie
Wil graag weet waar kan ek van die saad bekom en wat is die kostes. Ek boer in die Oos Vrystaat sal dit hier aard
dit klink amper te goed om waar te wees.sal graag meer oor die plant wil weet.klimaat,drakrag,grondtipe.is daar aanplantings wat al bewei word in SA?
Sal meer oor plant, grondtipe en drakrag vir kleinvee wil weet. Ook oor hoe beweiding plaasvind. Ek boer in die Noord Kaap (Groot Karoo), sal hy aard
Mark Hugo (Vosburg)
Soek inligting oor die plant asb. 072 209 5151
Ek kom al jare met Tagasaste aan op n eksperimentele basis ongelooflike plant geweldig baie blomme vir byeboere ens.Die enigste probleem is sy smaaklikheid wat baie hoog is dus is ontbassing deur veral kleinvee,wild tot muise ens groot,is egter ideaal om die takke te oes en te voer of deur hamermeul vat ryp en koue baie goed
Het ongelooflike resultate gekry met sksperimente met tagasaste
is die wonderboom nie ook weer n wolhaarstorie nie? As ek die somme reg maak kan dit mos n goeie besigheid wees.Ek sal graag wil hoor van boere met ondervinding van die boomlusern.my e-pos adres is jhusselmann@vodamail.co.za
ek wil ook die boomlusern beproef, enige raad en inligting sal waardeer word.
ELKE PARADYS HET N SLANG? WAT IS DIE WONDERBOOM SN?
Het ook kennis geneem van die gesprek rondom die lusernboom en sal ook graag meer inligitng wil ontvang. Sal belangstel om saailinge te bekom om op die proef te stel of hulle moontlik in die Boesmanland (Noord Kaap)kan oorleef. Hoor graag enige terugvoer oor die onderwerp
wil graag meer inligting en pryse en waar beskikbaar is bekom
Ek volg die gesprek al 'n geruime tyd en sal dit graag wil beproef. Dit kan baie oplossings bied. Ek boer in Mpumalanga en wil graag weet of die plant sal aard en die beskikbaarheid van saad of saailinge.
Kontak gerus vir Zakkie Badenhorst by 072 501 7537
of besoek www.treelucern.co.za.
Ek wil graag weet wat sal die stand wees per ha en of ek die saailinge met 'n groente planter kan plant
Boer in die Oos- vrystaat.Will net weet wanneer sal die beste tyd wees om die boom lusern in ons gebied te vestig.ek sien uit die gesprek dat jong bome gevoelig is vir ryp en ons ryp kom in april maand en met watter kunsmis sal julle aanbeveel om dit mee te plant.
is dit nie dalk n geld maak ding hierdie nie,ek het nog nie n boom in s.a. gesien nie.die saad is ook baie duur.
Ek is 'n agent in Mpumalanga .Het saad en plantjies beskikbaar.Kontak my vir enige inligting 0828512395/013 7500843
Ons boer by Nieuwoudtville in die Noord Kaap. Ons het al 20 jaar gelede op 'n eksperimentele basis lusernbome geplant. Dit is 'n wonderlike boom. Die eerste jaar het ons wel die plantjies van tyd tot tyd natgemaak, maar daarna nie weer. Ons het ook saad beskikbaar en kan plantjies kweek. 073-1665972
Ek is nico botes, boer is ceres, wil graag van die saad of plantjies koop, baie water op my plaas, my no is 0823727677
Ek het 100 kg tagasasta/boom lusern saad beskikbaar.Voer gereeld saad in van Australia.Kontak my gerus vir pryse 0828207155.Die saad is klaar behandel.Die saad word tydens die reen seisoen geplant.Email my gerus vir enige vra.
Wats die prys en in watter hoeveelhede verkoop jy?
Waar kan ek kyk na hoe die plant groei in SA. Bv Bothaville of Bloenfintein omgewing.
Het enige iemand ondervinding van bokke voer met boomlusern? Bietjie navorsing het my net een verslag gewys dat hulle dit nie eet nie. Ek boer in Elliot distrik van Ooskaap en will graag van die bome plant.
Goeie dag boer van Elliot, stuur asb vir ons die verwysing van die navorsing. Ek kan dit nie glo nie want n bok is n b....m en vreet enige ding.
Ek het dit baie in Australie gesien en ek wag al lank vi die gewas boere in die karoo middelande area kan my bel ek het gereeld plante beskikbaar by 083 654 8931
Kan die bome gesny word en gestoor word in bale om later as droevoer gebruik te word
Sien baie vra oor waar om die saad / plante in die hande te kry. Probeer
www.boomlusern.co.za
Ek wil baie graag die bome plant. Het nou al gelees oor die plant en al selfs my land begin voorberei. Ek sal graag net met 'n paar boere wil gesels wat al die bome 'n geruime tyd geplant het. Ek bly in Louis Trichardt.
Ek nooi boere uit, gevestige aanplantings in Bultfontein, kom besigtig
Boere wat aanplantings wil kom besigtig moet net bel vooraf dat ek seker ek is op plaas my no is 0734544111
Good day hope you don't mind me writing in English But since my other questions are deleted I hope it wont be here even though I am pretty sure I am shaking a Hornets nest. Firstly I need to agree with Retha this all looked very good in the beginning but there are a few pointers that everyone need to know that aren't told by anyone else.
If one looks on wikipedia/google it will read "Tagasaste leaves will be burnt by frost and seedlings can be killed at temperatures below 0°C" so how can farmers be told to plant a 4 cm high tree in the field numerous sources have told me it can't be done and yet they insist that it can be done.
Secondly if anybody have a good look you will be able to find some other dealers in SA with prices on their seeds about 700% cheaper. Supplier 1 as low as R1 and the big marketing company R5 - R7 we are being misled and even more on the trees up to 1700% price difference now how can this be presume this is only a big money making scheme were people sell you things that go with excellent marketing but refrain from telling the whole truth, I feel for people that got burned by this but it is a fact. I believe that this tree can work but let's face it the idea of planting this tree will die off just as quick as it came to our shore's if people are going to be shafted in this fashion this cannot carry on like this. Tree's are dying and seed don't germinate as people are saying it should. Now I am not attacking people that gave good info but rather the ones that are deliberately misleading people.
Another thing that can be added is the fact that trees where sold and money upfront now the agents are quite and tree's still not delivered tree's that would have been ready in December. Where are the farmers monies or trees if it is this difficult for the people selling it to grow why take peoples money for seed and let farmers do it themselves
I further understand that this is a business and need to make profit but cheating farmers is a sin no matter how you look at it the Afrikaans people have wonderful saying it is called “Boere verneukery” You are welcome to agree with me or swear at me but facts are facts.
julle kan die tree lucerne saad koop by een van my vriende Izak Badenhorst hy voer dit self in. Julle kan hom kontak op 0725017537.
ek het by hm gekoop hy het dit teen n goeie prys en dit werk glo my
Ek wag nou al twee maande vir my plantjies, elke keer as ek vra wanneer kom die plantjies is daar n klomp verskonings. As hul hier aan kom eendag is die plantjies al groot bome.
Maak asseblief seker dat plante wat aangekoop word met die regte Entstof behandel was. Sekerlik het genoeg boere al te veel vingers verbrand en kan nie bekostig dat die plantjies sukkel om te vestig of vrek nie.
Daar is al sowat n maand terug vir my belowe om die sade wat dood is te vervang en dan ook die spesiale entstof wat nou gebruik moet word te pos vir my ek gee al moed op met die klomp ek voel net jammer vir almal wat hulle vingers gebrand het en ja ek is een van hulle
MOENIE HAASTIG WEES NIE. TEEN JANUARIE 2013 GAAN DAAR VOLOP SAAD WEES TEEN BAIE BILLIKKE PRYSE EN AL HIERDIE BEMARKINGS BOHAAI OOR BEHANDELDE SAAD SAL IN DIE LIG WEES. Ek vestig lusern bome nou al vir 4 jaar vir dorper skape. Ek verkoop saad en boompies. Dit is baie maklik om die saad te ontkiem met 80% ontkiemmings syfers. My web address is www.lucernetreefarm.wordpress.com
Hier sal u stap vir stap ontkiemingsinstruksies kry en baie fotos van die bome waar skape hulle bewei. Al my voorbeelde is op my plaas. Al die bohaai oor entstof en behandelings en wat nog meer is regtig waar net rook sonder vuur. My oudste bome is vier jaar oud en al my bome is maklik en suksesvol gekweek sonder entsowwe of behandeling van saad. Die saad word eenvoudig net in vuurwarm water gelos vir halfuur om die dormansie te breek en daarna in n saad laai of sakkie geplant. Die grond is riviersand gemeng met bogrond en daarna moet jy hom maar nat hou vir 15 dae en langer. Vir hoe" ontkiemings syfers kan jy tot 50 dae wag maar hy sal wel ontkiem. Ons het eenvoudige maniere om die saad te laat ontkiem in die winter. Onthou die grond temperatuur is die heel belangrikste en hou hom nat. Daar is geen spesiale kweekhuise nodig nie of spesiale gereedskap nie. Ek wens die publiek kon kom kyk hoe maklik dit is. Landbou Weekblad was so goed om n artikel te doen oor my bome. Die sal nou binnekort op die rakke wees. Die prys van saad is hopeloos te duur maar maak ek dit te goedkoop dan word dit bevraagteken. Hoe weet die publiek wat die gradering van die saad is. Ek het nog bietjie saad wat 2 jaar oud is en miljoene sade wat n paar maande oud is. Die ouer saad ontkiem vir my net so goed soos die nuwe saad. Ek trek bome van tyd tot tyd uit en al hulle wortels is vol stifstof knoppe. My grond is van die swakste wat jy kan kry met n algehele ph van 3-4. Ek is n boer nie n spesialis nie. Ek voed my bome glad nie maar het hulle wel water gegee vir die eerste jaar. Die bankrot kweek groei ding om hulle en onkruid kompeteer in dieselfde grond. Die grond is 70-80% klip en 20% grond. 4 jaar later en my bome is die trots van die plaas. My skape en boerdery het n toekoms. As ek al die bermarkings geraas moes hoor in die begin stadiums dan sou ek seker nooit begin het nie. Ek het nog nie een ontevrede klient uit al die duisende sade wat ek verskaf het nie. Die lusern boom is n wonderlike bron van voeding, maar die gejaag na geld en die onvermoe om iemand anders bietjie sonskyn te gun of selfs die vrees om n enkele klient af te staan gaan n hartseer uitwerking op die publiek he. Ek sou aanraai dat mense eers bietjie saad neem en behaal sukses daarmee. Teen Januarie 2013 gaan daar volop saad wees teen baie billike pryse. Moenie haastig wees nie daar sal nie n tekort aan saad wees nie.
myles jy praat so waar. ek wens net almal het jou en izak se siening. hou so aan ek is regtig in my noppies met hoe julle die saak hanteer in vergelyking met die ander
Aangesien Tagasaste promiskieus is en sommer met enige Rhizobium knoppies vorm is dit moonlik dat dit "vanself" knoppies vorm sonder dat dit geent is as daar Rhizobium in die grond teenwoordig is. Dit sal heel moonlik lande wees waar voorheen en onlangs bv lusern geplant is. Die vraag is egter of die knoppies effektief is of nie? Effektiewe knoppies is pienk binne. Knoppies wat wit of groen is, is parasities en lewer geen stikstof aan die plant nie, maar gebruik voedingstowwe wat die plant vervaardig. Gebruik dus die regte Entstof om seker te maak dat moggetroffe nie weer die beursie onnodig skud nie.
Kwaliteit bepaal ook nie die prys van saad nie, maar wel die honger van die verkoper.
kan landbou weekblad nie n bietjie n artikel skryf oor izak en myles nie ek dink dat hulle ook een verdien dalk sal meer waarheid uitkom rakende die plant ook
Ek wil graag uitvind of hierdie lusernboom ook vir wild soos Njala gemsbok rooibok blesbok sal werk
Dit sal waardeer word om te hoor waar is die naaste verskaffer aan Upington tuys@mweb.co.za
Ek is n deeltydse boer in Namibia en lees nou net van hierdie wonderlike boompie.Het die website ge kry an lees toe oor hierdie wionderlike ervarings van andere. Wil dit graag uittoets en aan ander Namibiers bekendstel.Hoe kan ek die saad of saailinge bekom, is daar dalk agente in Namibia waar ek didt kan bekom. My posadress is P.O.Box 70031, Khomasdal, Windhoek Namibia. Cell no +264 81 2556914 or +264 811 249642.
wie is nou eintlik boomlusern en wie is die mense in beheer,wat ek op internet lees kan ek nie agterkom wie is boomlusern s.a nie. want almal het saad en plantjies en verskillende pryse.het met n prof in potch gepraat versigtig vir boomlusern in vrystaat. justice malanot of shawn turner die base
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24
Ek kon vroeer die lusernboomsaad by Agricol kry.Wonderlike plant.Weet iemand van saad iewers.