Vreemde ys-pilaar

Onbekende besoeker

Nog 'n ysige storie vanuit Murraysburg. Nie juis baie nuuswaardig nie maar nogtans interessant. Dit was Junie laasjaar en dit was ook een nag so bitter koud. Daar was reën vroegaand en dié metaal kersblakertjie wat buite op 'n tafel gestaan het, het vol gereën.

Die volgende oggend toe sien ek die vreemde ys-pilaartjie in die bakkie waarvan die water ook kliphard gevries was. Dit lyk toe nes die yspilare wat mens kry onder 'n kraan wat gedrup het of van 'n geut wat gelek het.

Ek kyk toe op en daar is maar net niks bokant dié verskynsel nie - net blou lug en geen manier dat enige water van enige plek daar kon gedrup het nie. Ek het toe maar met my lewe aangegaan maar vir twee maande lank het my tegniese brein knaend die vraag gevra wat het hier gebeur?

So het ek toe later begin rondsoek op die internet en sowaar afgekom op 'n paar webwerwe waar die verskynsel verduidelik word. Hulle staan bekand as "ice spikes" en kom partykeer voor in vrieskaste se ysbakkies as ge-distilleerde water gebruik word. Die slim ouens groei ook die ice spikes in laboratoriums onder beheerde toestande. Dit is egter baie vreemd om dit onder natuurlike toestande te sien gebeur.

So, Murraysburg is nie sonder sy verrassings nie!

René Theron

4.666665
 
 
johannlemmer
User offline. Last seen 1 year 22 weke ago. Van lyn af
Aangesluit: 18 Aug 2009
Inskrywings:

Die yskers is gevrm deur ligte wind wat aanhoudend daaroor gewaai het en die water elke keer bo-op gehoop het. Dit vorm uit die opening in die blaker wat die rondomtalie en opskeppende aksie aan die gang sit. Die wind waarvan die aanvoel temperatuur goed onder vriespunt moes wees het dan om die ys bly beweeg en sodoende die mooi yskers gevorm. Die warreling van die ligte wind het die lugborrels in die yskers gevorm. Algemeen gebeur dit nie en iets soos hierdie is sommer baie spesiaal.

Manopstraat 

Dit is nie per toeval dat die yskers in die middel gevorm het nie. Dit lyk vir my of die ys gevorm het op die area waar daar miskien nog kerswas sou wees en sodoende relatief geisoleer sou wees van enige hitte rondom op die metaal oppervlak. Die water rondom was net nie koud genoeg om teen dieselfde tempo ook te vries nie....wat dink ander lesers?

Rene Theron 

Nee, hierdie blakertjie het vir jare buite in die wind en reen gestaan en daar was geen krieseltjie kerswas meer ter sparke nie . Die antwoord is te vinde by http://www.its.caltech.edu/~atomic/snowcrystals/icespikes/icespikes.htm

johannlemmer
User offline. Last seen 1 year 22 weke ago. Van lyn af
Aangesluit: 18 Aug 2009
Inskrywings:

al verskil is dat die gaatjie in die blaker te klein was om so 'n stewige yskers te vorm. Die ysblokkies vorm maar 'n dun "icespike" in vergelyking met die yskers wat gevorm is deur die voortdurende byvoeging van ligte reën of misweer en ligte wind. die icespike teore is nie heeltemal hier van toepassing nie.

Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.