Wie stel belang in 'n andersom weergawe vir die ouer generasie ?
Enkel lopende dames en mans in die oudersdom groep 38+, stuur vir my 'n e-pos by crazydaizyme@gmail.com en laat weet die volgende :
Ek is 'n "headhunter" in my professionele lewe en bestuur 'n werwingsagentskap in Pretoria wat professionele persone plaas, en ek doen "matchmaking" vir 'n stokperdjie.
Ek waarborg geen sukses, maar wie nie waag nie sal nie wen nie ! :)
Groete
Crazy Daizy
Baie goeie idee. Soveel mense bo 40 is eensaam en mens het nie altyd die vrymoedigheid om uit te gaan en ander mense te ontmoet nie. Hoe gaan mens te werk? Ons is maar almal n bietjie skrikkerig - lets face it ons is nie meer 16 nie en self vertroue ook nie meer wat dit moet wees nie. Ons het n alleen mens vriendekring gestig so bietjie meer as n jaar gelede maar dit sukkel om op die been te kom. Mense is maar skrikkerig om so ietsie by te woon. Sterkte en alle sukses.
Klink na n baie goeie idee, kan ek ook inskryf..
Nou-ja, ek is 55, is reeds die afgelope driejaar op my eie, deel my huis met twee yorkshire terreir hondjies, wie 'n groot deel van my lewe beheer. Alhoewel ek 'n huishen is, geniet ek dit om saam met vriende te kuier. Tans werk ek nog by 'n universiteit in Pretoria. Voorspoed met die headhunting. Louisa
goeie idee dit is heel onaanvaarbaar dat soveel henne alleen tuis sit,so laat maar van julle weet.
Stel belang om met vriende te kan gesels. Ek is 46 en is in die onderwys My seun gaan volgende jaar Teologie studeer by Tukkies en dan is die nessie ook leeg.
Ek verstaan nie. Die e-pos adres wat gegee word werk dan nie. Die rede waarom baie vrouens bo 38 alleen is, is juis omdat hulle nie hulle derms in die openbaar wil uithang nie...
Ai dis darem tragies dat mense so n onvermoe het om te vertrou deesdae (en ek sluit myself ook in!) Ek glo dat nes ek, daar ook nog die "genuine" vroue daar buite is maar nie sommer hulle self wil "adverteer" nie!, maar die alternatief is net te "gloomy" .
Ek dink daar's te veel mans wat te gou ernstig is in verhoudings ::: Vrouens soek net geselskap, aanvanklik :::
Persoonlik wil ek self net LKKR kan gesels ::: Al is dit net per e-pos ::: Geen rede om alles aan te jaag nie :::
Ek woon en werk innie bos en hou baie daarvan. Soek 'n man wat dit verstaan. Ek's 50 jare jonk.
Enkellopend vir 17 jaar.
Soek opregte, eerlike,netjies en onafhanklike mansvriende, ouderdom tussen 58 en 60 en nog gesond en lus vir die lewe.
Stokperdjies is tuinmaak, groente plant en verwerk en stap graag, en verkies buitelewe.
Asb geen kansvatters en persone wat sorg soek nie
Dankie