Cornè Oosthuizen skryf op die gespreksforum:
Regte vrylopende hoenders kry jy net in die ou sogenaamde tuislande of op sommige plase by die werkers. Soos die kaalnek hoenders
J kan my skakel by 0825745774. Ek het so omgeveer 14000 hoenders groot gemaak, ek sal jou vertel wat jy moet weet
Ek boer met vryloop hoenders vir eiers in die Karoo, 25km van Strydenburg af. Ek gebruik my vryloop hoenders om skoon te maak in die voerkrale en hulle doen n baie goeie werk daarvan. My getalle wissel van sowat 1500m na tans so 600 henne. Ek het die Venda, Ovambo en Koekoek aangehou maar is besig om oor te skakel na die Venda aangesien dit die beste aard in my gebied. Ek het my eie hokke ontwerp wat baie goed werk. My hoenders kom saans in en slaap almal daar aangesien hulle nie buite sal oorlewe met al die roofdiere in ons omgewing nie. Hulle le bokse is ook in die hokke en hule kom terug om in die hokke te le. Ek tel elke dag die eiers en hou my hoenders 1 dag in 2 weke toe en maak seker dat die eiers getalle ooreenstem. So weet ek of die hoenders wegle. Siektes is minimaal maar ek het baie las van tampanne. Aangesien ek volledig organies boer gebruik ek nie inenting, medikasie of chemiese stowwe nie. Ek maak gebruik van knoffel en kakiebos wat redelik goed werk. Ek het nog geen aansteekilkke siektes soos Newcastle by die hoenders gehad nie en ek boer al 3 jaar so. Die mis uit die hokke gebruik ek weer in die groente tuine. As daar te veel mis is verkoop ek dit aan die boere vir hulle neut bome.
Gaan kyk op die web in Engelland na spesifikasies vir vryloop hoenders. Europa laat geen batterye meer toe nie. Hulle produseer eiers in Chicken averies. Jy kan my skakel op 073 523 7281.
Ek is in Namibia in Grootfontein distrik. Ek boer op n baie lae skaal met die vryloper wit hoenders.
Ek maak eenkeer per week my hoenderhokke skoon. En nou my vrae is:
(a) Kan ek elke weeek die hoendermis in die groente tuine en ook ander plante in sit, sal dit die plante nie brand nie. Is die hoendermis beter as die beeste/bokke/skaap miste?
(b) Ek hoor by my werkers dat sommige van die hane die eiers drink. Is dit waar, kan hane dit doen en as dit waar is wat moet ek maak om dit te verhoed.
(c) Le die hoenders in die Winter tyd eiers baie swak of hoe? en wat kan ek hulle gee om nie daai effek te he in die Winter.
Laaste, baie dankie vir die advies wat julle instuur ons hier in Namibia maak ook gebruik van julle idees. Hou aan leer dit beteken baie.
Nogmals dankie.
Dit is lekker om telees daar is nog mense wat bereid is om raad tevra.Ek is een van hulle.Aan almal wat kommentaar hierbo gelewer het baie dankie ek is al n hele ent slimmer.Ek wil ook die vryloop ding doen.Vir die eiers maar ook om die uitle henne as vleis teverkoop,en dan om die olyf boorde om my huis skoon tehou van kweek en ander grasse.As iemand my kan help ek wil graag met Rhode Island Reds boer,maar om broei materiaal in die hande tekry hier in SA blyk nie maklik tewees nie en die wat het se hoenders is al gebaster. Ek wil invoer maar die mense oorsee wil eerder eiers uitvoer en ons mag nie eiers na SA toe invoer nie..my email is jjtrdx@yahoo.com as iemand my kan help met sowat 10 henne en n haan al is dit kleintjies en dit kan landwyd versend word gee my n epos asseblief ek sal bel as jy n telefoon nommer saam stuur.
Baie dankie
Kan iemand ons dalk vertel waar le die Bosvelder in die bespreking.
Hi, ons stel ook belang daarin om na 'n vry loop hoender boerdery te kyk. Verkieslik om 1 dag oue kuikens aan te koop, groot te maak en te verkoop. Ek het die artikel van Mike Bosch gelees en sal graag met hom wil kontak. As iemand weet hoe ek hom kan kontak sal ek bly wees vir inligting. Ons plaas is in Magaliesburg area. Dit klink of Mnr Bosch se hoenders baie gehard is. My kontak no. is 0828215321 of e-pos; uvisser@vodamail.co.za
goeie dag. ek en my man boer die afgelope 3 jaar+ met le henne en dis nie speletjies nie. soos gese is, jy kan nie kans vat om weg te gaan nie, dit is 7 dae 'n week boerdery. die keuse tussen "free range" en batterye kies eerder om hul in hokke te sit, glo my jy gaan jouself baie moeite en kopsere spaar. as 'n hoender eers die smaak van eiers agtergekom het gaan jy nie veel eiers oorhe op die einde van die dag nie. Wat die kos aanbetref, mieliepitte gaan nie werk nie. Jy kan begin met le meel 95 (as jy jou hoenders op 17 weke ouderdom kry) en na 4 of 5 maande oorskakel na le meel 100. 105 is ok op die mark en gewoonlik die goedkoopste maar dit is vir afronding as jy die hoenders wil verkoop. Dit is baie belangrik om 'n entings program te kry by wie jy die hoenders koop en hou daarby! Daar is antibiotika beskikbaar maar met die meeste moet jy die eiers vir 'n week onttrek van die mark wat jou groot skade gan ly. in die winter val die produksie omrede die son nie so lank skyn nie en kan jy ligte aanskakel vir 'n uur of 2 as die son ondergaan. verpakking gaan afhang van jou mark, hou ingedagte dat dosyn boksies amper dieselfde prys is as 'n tray van 30 eiers. jy behoort gou 'n mark op te bou as jy 'n goeie produk lewer. sterkte en lekker boer
ek soek rhode island reds in bloemfontein as enige mens kan my hulp....0741821801
As jy vry lopende hoenders will grootmaak, raai ek jou aan om dit organies te hou. Ons doen so 1000 tot 1500 op 'n slag, koop net dag oud hoenders en meng bokashi by hul voer in. Nog nooit probleme gehad nie. Dit maak my siek as ek die antibiotika komentaar sien.
Kan enige iemand my bietjie raad gee. Ek bly in Rustenburg. Wil graag met vrylopende hoenders begin boer. Wil weet wat is die regte manier om hul hokke te bou en die regte voeding vir hulle te gee,sodat hulle eiers kan produseer. Wil eiers verkoop.
As enige iemand my asb kan raad gee sal ek dit baie waardeer. Dankie
hello almal ek boer met vry lopende hoenders van kaalnekke tot aostrolops dit is heel n baster spil ek sit eiers in die broeikas en broei hul dan uit ek het n bietjie inligting nodig hul vreet eiers wat kan ek hul gee ek verloor n paar eiers n dag dan het ek n ander probleem dit kom veral in die winter voor dit lyk of die hoender nie asem kry en klink of sy hoes wat kan dit wees en dan vrek sy na n ruk kan iemand my raad gee asb ek het my e-mail adres gegee as iemand wil raad he vry om my te skakel of 'n e-mail te stuur groete
Ek is Opsoek na Rhode Island Reds vir my eerste batch. wil met so 40 begin en sien hoe dinge verloop. kontak my asb. per e-pos. Nicolasvanzyl@gmail.com dankie baie
Mike Bosch het sy eie webtuiste, www.boschveld.co.za Sy kontaknommer is daarop. Jul kan ook in LBW se argiewe gaan kyk, daar was al heelwat artikels oor die Boschveld hoenders.
ek wil graag begin met le hoender, kan iemand vir my inligting gee hoe die hok moet wees en allerhande dinge wat ek moet uitkyk voor my email adress is: qualitysigns@telkomsa.net, wil begin met 10 hoenders want ek het nie baie plek op die plaas nie. wil die eiers net as n hbbie he en vir my famielie voorsien. 083 273 7596 rudi
Hi Julle
Ek het so pas vir my 2 lê hoenders gekoop, 2 vleis hoenders en 2 bantom hoenders. Ek wil ook graag laat hulle eiers lê vir huis gebruik maar dis al 'n week en nog niks het gebeur nie ;-(. Ek voer hulle Mielies. Doen ek iets verkeerd?? Soek dringend raad asb. Email my of mxit my 0798641743
Ek soek dringend vrylopende hoenders, in die distrik Bloemfontein of naby Winburg, ek boer in Winburg. Ek soek so 110 met 1 haan asseblief. My hokke is nie groot. Kan enige iemand my help asseblief.
Hallo. Ek het enige hulp of raad nodig oor hoe ek sterk kan begin met vryloop hoendertjies. Email my asb alle inligting. Vanwynie@yahoo.com
Hallo. Baie dankie vir al d inligting sover rakende vryloop hoenders. Asb ek wil sterk begin met so 50 vryloop hoenders en het alle hulp en inligting nodig. Email my by vanwynie@yahoo.com
Help asb ek is op soek na dag oud kuikens (Hi line of Lohmans Epos chrela99@yahoo.com
Vryloop hoenders beskikbaar, goeie dag mense, ek is daar van Vryheid distrik en boer met vryloop hoenders, jul kan nie verkeerd gaan. Ek verkoop ook dagoud kuikens en hane. Die verskillende hoenders wat ek het is rhode island, new hampshire, australope, koekoeke, Leghorns, baie om van te kies en my pryse is spot goedkoop. Ek sien mense adverteer kuikens in die smalls vir tot twaalf rand, bel my vir beter en begin met vryloop vandag. My nommer is 0837567144. My email is prtoors@gmail.com
Dankie aan almal ek het ook `n paar maande gelede begin om met hoenders te boer maar leer ook baie van u kommentaar. Ek het in 2 weke gelede se rapport gesien in Elgin in die kaap is `n groot "free range" plaas een van die grootstes in die land.Alle inligting oor hul werksaamhede is ook op Internet.Daar is ook baie websites oor alle fasette. Probeer www.backyardchickens.com. www.indgenousbreeds.co.za. By google soek probeer chicen farms of the world. "how to frarm with chickens. Raising chickens free range.
EK SOEK WEER INLIGTING OOR HOE OM MY EIE LêMEEL TE MENG. ONS BOER WEER MET HOENDERS, KALKOENE, GANSE EN KWARTELS.
Ek is nie n kundige nie, maar het al my lewe lank kaalnekhoenders. het nou boschveldhoenders by die kaalnekke en hul teel baie goed in die bosveld na ek die ape kon wegkry van die eiers af. kan iemand my se wat "bhokashi" is wat mens by voer gooi? Tans broei henne self eiers uit en maak ek heelwat kuikens, baster kaalnek-boschvelders, groot. Ek wil die markte betree maar weet nie war die vereistes is vir organiese eiers en hoendervleis is nie, kan iemand help asb? bosveldgroete, corne cdpsafaris@vodamail.co.za
Corne gaan kyk by Google onder Pluimvee en EM. Bokashi is `n vloeistof wat in die water of oor die voer gegooi kan word. Dit help ook plaag beheer en mak die hoendermis reukloos. Dit is ook `n plaasvervanger vir Anti-biotika en groei hormone en maak die verbeter die hoender se spysvertering stelsel en die immuunstelsel
My email adres is as volg: carmon@wispernetodn.co.za
Groetnis
Vollie
Ek wil net vra waar kry mens die bosvelder en kry mens hoenders te koop wat op die punt is om tele ek is n beginner het 25 bosvelders wat mooi le wil begin uit brei waar voor moet ek passop gee le pille en skoon water elke dag kan jy my help asb sal dit wardeer. groete Frans
Hoe stel ek vas wat se geslag die kuikens is? Op watter ouderdom begin jong henne le? Hoe lank broei die henne. Ek sal bly wees as iemand kan help. Baie dankie
Hoe stel ek vas wat die geslag van die kuikens is? Hoe lank broei die henne? Hoeveel hane per hen?
Op watter ouderdom begin die henne te le?
Goeie dag ek soek asb meer ingligting oor die boer van vrylopende hoenders. ek het my hokke wat ek braaikuikens in gedoen het so tot op 80 000 ek wil dit omskakel in vrylopende hoender boerdery kan iemand my asb verwys sodat ek genoegsame inligting verky Dankie.
Kan iemand my asseblief help boer met vrylopende hoenders in Bultfontein omgewing en het probleme met die kuikens, binne 7 dae verstop hulle fondamente en vrek hulle, kan julle help en se hoekom dit gebeur, gee tans kuiken voer vir hulle. Help my ook om te se hoe en waarmee ek my sink hoenderhokke kan skoonmaak. Kontak persoon Jacoba 0711199401 / 0844015624
Ek val seker nou heel uit die bus uit met my vraag, maar waar kan ek batterye koop? Ek en my man het begin met Leghorns maar gaan nou oor na Hiline hoenders toe. Ons het dringend nog batterye nodig. kan iemand my asb dalk help?
Ek wil ook `n bietjie raat vra asseblief. Ek het wit henne en party van hulle kry kaal kolle waar die vere uitval? Veral rondom die stert gedeelte. Ek voer gewone hoenderkos en groen kos wat ek ook al het. Hulle water is skoon en ek poeier die hokke met carba dust. Ek sien geen insekte op hulle nie, maar hulle word ook nie beter nie. Wat kan dit wees?
Hoeveel lê meel gee mens per hoender. En dan behalwe groenvoer wat moet ek nog gee?
Ek sal enige raak waardeer - cornel@twk.co.za
Baie dankie
Cornel, die een kan ek jou antwoord 110g per hen per dag en dan water is die belangrikste. n uur sonder water en jou produksie het n knak. kosgee tyd net so belangrik. en onthou die goue eier is tussen die 4 mure (die kantoor) daar waar jy die produksie op grafiek het. vriend daarsonder kan jy maar los want daar sien jy dadelik as n probleem opduik
groete Johnna J uit 'n pragtige Namibia
Hoelank lê 'n hoeder voor sy begin broei? Waar kan mens bokashi koop?
Janel dit wissel van hoender so +- na 10 eiers as dit in haar nes gelos word is my ondervinding dis nou wegle hen wat haar eie nes gesoek het Johnna J
Hallo Almal!
Wil graag meer uitvind oor Venda hoenders en inligting kry van telers. Ek is op soek na 'n opregte haan en wil weet wat die vereistes is van die ras. Het reeds 'n paar wat ek baie geniet maar wil hulle graag volgens die kriteria klas en net die mooistes hou. Enige inligting rakende venda hoenders sal baie waardeer word.
vivia@precrete.co.za
Hi Vivia
Jy kan Mike Bosch, sel 083 453 0954, e-pos: boschveld@telkomsa.net kontak. Mnr. Bosch kan goeie raad gee oor werfhoenders waarby ingesluit die Venda-Hoender.
Dan kan jy ook die South Africa Poultry Association (SAPA), Tel: 011 795 2051; sapa@sapoultry.co.za kontak. Hulle sal ook kan help.
Groete
Corli van der Merwe
Hi Corli!
Baie dankie vir die inligting, sal definitief daarvan gebruikmaak.
Groete
Vivia
Hallo almal!
Ek soek asb raad namens my ma, sy het nou al seker so 4 jaar vrylopende hoenders (boer nie met hulle nie - is maar vir huis gebruik, sy het seker so 30 henne), daar is nou so paar van die henne wat ewe skielik vreeslik maer word, dis asof hulle eet, maar kry nie gesluk nie en dan los hul die kos. Dis maar moeilik vir my ma-hul want hulle is ver van die dorp af, so as daar enige boereraad is sal dit wardeer word.
Ek het ook vrylopende hoenders op die plot maar party eet die eiers wat kan ek doen ek wil nie graag slag of weggee nie.
Kan iemand my verwys na iemand in Namibie of dalk hoe om klompie vryloop hoenders in die hande te kry.fib@iway.na of 00264 812460660 Hansie
Ek is op soek na vryloop hoenders in Namibie. Kan iemand dalk van hulp wees 00264 812460660 of fib@iway.na
hi, ek beplan om eiers te verkoop aan onafhanklike winkels, ek is woonagtig in vaaldriehoek, kan iemand my dalk met eiers voorsien in 100km radius, my adres iarconeddie@gmail.com.
Ons is op soek na 'n mark om 3 000 lewendige hoenders te verkoop. Die hoenders is 6 weke oud op 18 Nov 2011. Ons help opkomende boere om finansieel onafhanklik te raak. Ons ontvang geen fondse vanaf die boere nie. Kan iemand ons asb help met advies? Die area is Rooiwal, Pretoria.
More almal
Ek wil lewendige vrylopende hoenders, wat slag gereed is, in die Vaaldriehoek omgewing bemark aan verkieslik die swart gemeenskappe. Ek benodig 100 plus hoenders op n weeklikse basis. Ek benodig ook verder eiers wat ek aan ketting groepe en die plaaslike gemeenskap kan bemark. Enige betroubare verskaffers is welkom om my te kontak. Ek dank u en verneem graag. Cell - 072 500 2006 of shemanagement@webmail.co.za
Kan iemand asb raad gee, een van my hoenders het vergroeisels op sy voete en dit raak al groter hy loop baie moeilik, baie dankie
Ons verskaf bokashi en SCD Bio Livestock aan boere regoor die land, sowel as in Namibia en Botswana.
Hoenders op bokashi het baie beter gesondheid, en raak ook vetter met groot borskaste. Dit is ook belangrik dat jy Probiotics vir jou hoenders voer wanneer op antibiotika, maar laasgenoemde moet so ver as moontlik vermy word.
Ons het ook gevind dat eier doppe is harder, minder voer word geeet aangesien die mikrobes help dat die hoenders meer uit die kos haal as gewoonlik, en dat die hoendermis amper nooit reuk nie aangesien die mikrobes die amonia neutraliseer. Dit maak dit die mis 'n nog beter plant kunsmis.
Stuur gerus 'n epos indien u meer inligting verland na vernon@bokashi.co.za of besoek ons webwerf by www.bokashi.co.za.
Ek het pas twee batteryhenne aangeneem op my erf in Pretoria, ene Gin en Tonic. Hulle is alreeds 'n handvol, so ek haal my hoed af vir 'n hoenderboer (enige boer for that matter). My ouma het haar dorpshuis met haar hoenderboerdery betaal, maar sy was heeldag (en soms heelnag) met hulle besig. Beide my Gin en my Tonic het baie aandag en aanprysing nodig. Dalk kan jy vir Candy Ristic kontak (sel 083 480 5554) wat die hoenderrehabilitasieprogram bestuur. Sterkte en voorspoed, jy het reeds die energie vir die boerdery, doen dit net ;-)