Weerfotos nou meer dikwels opgedateer

Kobus Botha
User offline. Last seen 1 year 23 weke ago. Van lyn af
Aangesluit: 11 Jun 2009
Inskrywings:

Baie goeie nuus vir al ons weerliefhebbers is dat al die weersatellietfotos van vandag af twee keer meer dikwels opgedateer word as vantevore- elke drie uur. Die ander fotos wat vantevore uurliks opgedateer was, bly so. Dit geld vir al die fotos op landbou.com-  landbou-mobi ingesluit. Dit is danksy Eumetsat wat hierdie toestemming verleen het. Nou kan die weer baie meer akkuraat gevolg word en kan ons boere baie beter beplan. Die eerste opdatering is reeds om 04:28( vir die melkboere). Ek voorsien ook twee nuwe kaarte: een wat die rigting van storms of reën aandui en een wat bykans so akkuraat as radar is- miskien so teen begin Oktober.

Groete- Kobus Botha

Kobus Botha Weather.

4.25
 
 
Dr. Frans Saaijman--- Agri Pretoria  

Sedert Prof. Botha opgetree het by een van Agri Pretoria se ledevergaderings, maak ek en vele ander lede van sy inligting gebruik.
Onomwonde : dit is akkuraat, maklik hanteerbaar en 'n plesier om te gebruik. Gaan so voort asb.

Huibie Kleingeld 

Kan ek asb 'n kopie kry van Prof Botha se pratjie die aand by Agri pretoria se vergadering? John Vorster Hoërskool se graad 8 leerlinge moet 'n taak maak oor aardverwarming en die prof het sulke interessante en geloofwaaardige opmerkings gemaak die aand dat ek graag die artikel vir die kind wil gee. Dit was 'n voorreg om na sulke opwindende uitsprake te luister!

corlivdm
User offline. Last seen 1 dag 12 ure ago. Van lyn af
Aangesluit: 18 Jan 2011
Inskrywings:

Hi Huibie!
Stuur asb `n epos na cornelia.vdmerwe@landbou.com of kontak my by 0214062516 dan help ek jou graag!
Groete
Corli van der Merwe
Webredakteur

Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.