Weervoorspelling

Jakkals
User offline. Last seen 1 year 45 weke ago. Van lyn af
Aangesluit: 6 Jul 2009
Inskrywings:

Ek is vandag heel knorrig. Soos 'n goeie boer (vrou) sit ek heel eerste elke oggend my kompertjie aan en kyk die weervoorspelling op LWB se webwerf. Soos almal weet, as jy lusern sny dan kom reen dit. Van laasweek Maandag wys dit dat vandag gaan gedeeltelik bewolk wees en warm maar more se wolkie is amper swart en die druppeltjies val. Goed dan los ek die snyery en wag dat more se reen val en alles mooi nat is dan kan ek Donderdag sny en die volgende Maandag ophark en uitry en maal. Dinsdag kom en dit is gedeeltelik bewolk en warm en die donker wolkie met reendruppeltjies skuif een dag aan en so hou dit aan. Ek sny nie Lusern want dit gaan mos reen. Tot Maandagoggend ignoreer ek die reenwolkie en sny Lusern en Dinsdag reen dit nat en kry ons 25 mm. Woensdagoggend reen dit weer nat en kry ons 35mm en Donderdag reen dit weer nat en kapoet nog 18 mm en om te verseker dat die lusern mooi kompos word reen dit 4 mm gisternag.

Nou moet ek weer die volgende klomp sny. Die vraag is nou net wanneer? Die donkerwolkie met die reendruppeltjies skuif alweer elke dag net een aan?

0
 
 
`Groot melkboer van die vrystaat. 

Verbasend genoeg speel die weer n baie groot rol in suid afrika die afgelope tyd.Maar dit lyk my in die stad staan dinge nie stil nie.Veral nie vir n kerel wat n baie indrukwekkende website wat tools verkoop nie.As dit nie vir hom was nie het ek vandag seker nie n huis oorgehaad nie.ek moes dringend nog gereedskap aankoop en het gladnie geweet waar om te begin kyk nie.toe het goeie huisvriend van my, my vertel van boman hardware,gereedskap wat jy kan koop en dit word sommer die volgende dag ook afgelewer.Ek was totaal en al in my skik gewees met die aankope wat ek by boman hardware gekoop het,ek moes hom net dadelik bel en self vir hom se hoe dankbaar ek is vir sy uitstekende wat hy aan my gelewer het.ek vertel vir almal van die mannetjie.Boman Hardware jou DORING!!!Vir die van julle wat dalk sal belangstel gaan loer gerus op sy website by www.boman.co.za julle sal jul verstom met goeie diens en raad.

Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.