Agriwiki

Trekkerwerf

Hunter & Jagter

Farming SA

Agra, die enigste landboukoöperasie in Namibië, wil na ‘n maatskappy omskakel. As jy lid was, wat sou jy stem?

Kommentaar

FJE 

Die nut van hierdie skuif is net so goed soos die bestuur se integriteit. Die vraag is of dit wel in die beste belang van die boere gedoen word, of is daar ander bybedoelings (agendas) wat die snare roer?

Interessant dat die peiling "enigste" as geografiese beskrywing gebruik. "Enigste" maatskappy is sinoniem met "monopolie." Dit blyk die kapitalistiese vis byt ook in Namibië.

C Nel 

Dit is een van die grootste rampe wat ons as boere op ons self gebring het om ons kooperasies in hulle maatskapye te verander waar jy net weer n nommer is. Kooperasie bestuur en maatskapy bestuur en doelstellings verskil hemelsbreed en het n doel verskuiwing wat nie die beste kwaliteit teen die laagste prys filosofie uitbou nie. Daar word eerder gekyk na n weier spektrum produkte deur een verskaffer wat n groot premie vra vir klein handige verpakkings van swakker kwaliteit produkte. Dit is maar een van vele waarnemings wat ek sien.Sterkte dit is n moeilike besluit veral as daar geld en aandele tersprake kom en so n laat bonus nodig is.

Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.