Sal graanboere die aanbevelings nakom om drasties minder mielies te plant?

Kommentaar

Onbekende besoeker 

nee, vra n ou wat 9 ton mielies stroop op droeland in bothaville of in middelburg om minder te plant hul gaan dood eenvoudig nie luister nie.... met die huidige prys kan daai ouens nog geld maak.. en dan bestaan daar nog die moontlikheid dat die prys kan styg. Hulle gaan plant dis wat hy nog sy hele lewe doen dis wat sy pa gedoen het en dis wat betaal het vir sy mercedes so nee, wat wel gaan gebeur is dat klomp ouens in "swakker" mielie distrikte nie finansiering sal kry nie...

attiee 

@ Onbekende besoeker, dit is presies hoe ek dit ook sien en daarom het ek dan ook nee gestem. 'n Kwota stelsel is al wat sal kan werk. Dit is nie net wit boere nie, ek dink dit is maar net die mens en sy strewe na oorlewing wat sal veroorsaak dat almal nie inval by so 'n plan nie.

Reint Dykema 

Vrydag het die konferensie plaasgevind. Kry al die klank van die dag van die verskillende sprekers op die Solidariteitblog: http://www.solidariteit-blog.co.za/sal-ek-mielies-plant-die-volgende-sei...

GSA-lid 

Kan ons asb. die inligting kry hoeveel hoofbestuurslede van GSA gaan 50% minder plant?

Reint Dykema 

Lees ook blog:http://www.solidariteit-blog.co.za/mielieboere-voor-moeilike-produksiebesluite-vir-die-2011-seisoen/
oor Vrydag se seminaar vir mielieboere in Pretoria.

Onbekende besoeker 

Ek stem NEE,
Daar sal n klomp eerbare boere wees en minder plant.
MAAR.....
Ons weet mos by die tyd dat die wit boere
(ek is ook n wit boer en is al vele keer getrap)
nie saam kan werk en saam staan nie. DIT IS NOU MY KANS OM GOEIE GELD TE MAAK AS DIE ANDER MINDER PLANT..

Gelukkig is almal nie so nie, maar daar is genoeg om die goeie bedoeling te kelder en plaas daar van dat almal 15% van sy grond laat rus.

Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.