Ons is van die vorige groep boere wat deur SADEVCO in die Congo gaan boer het en na 2 jaar moes vlug vir ons lewens. Nooit Weer Nie!
Die boere wat dit oorweeg om daar te gaan boer het duidelik geen benul hoe dinge regtig daar inmekaar steek nie. Praat met die boere, en ek bedoel regte boere, wat daar voorheen geboer het. Niemand weet beter as ons hoe dit is om daar te probeer boer nie. Niemand praat Engels nie, daar is geen skole nie, malaria is so algemeen soos verkoue en 'n mens moet of by jou eie huis mediese sorg kry, deur dokters wat nie Engles kan praat nie, of jy moet terugvlieg SA toe om hier behandel te word. Tensy jy in Point Noir wat meer kosmopolitaans kan gaan bly, moet die vroue en kinders ook maar liewer vir eers in Suid Afrika agterbly.
Ja dit is 'n pragtige vrugbare land, maar enigeiemand wat dink dat die Congo die land van melk en heuning is moet mooi dink. Dit is of was daardie tyd, die 4de duurste land in die werêld, die arbeid is vrek lui, veral die mans. Hulle siesta vanaf 12 to 3 elke dag en die Franse wil regtig geen vooruitgand daar hê nie. Hulle melk die land vir al wat dit werd is, ploeg niks maar niks terug in die land nie, en is baie onbehulpsaam, amper vyandig met SA boere wat die plaaslike bevolking wil leer hoe om vir hulself te boer.
Die paaie is ongelooflik sleg. Vlugte tussen Congo en SA is ook baie duur, so 'n heen en weer gekuier met jou familie hier gaan die goedkoop wees nie!
Vroue wat graag meer oor die werklike Congo en hoe dit is om te bly en te werk, kan my gerus skakel op 013 7924932. Kom ons praat en dan oordeel julle maar self.
Laeveld groete, Ada Meiring.
Kommentaar

Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)