Wat is 'n widget? Widget is ‘n afkorting vir “Windows gadget”. Dis ‘n dingesie wat op jou rekenaarskerm vertoon en waar jy sekere nuttige inligting met ‘n oogopslag kan sien.
Hieronder is ‘n skakel na ‘n widget van Audi. http://www.audi.co.za/za/brand/en/experience/audi_widget.html Die prentjie wat jy daar sien, is van hul widget.
‘n Mens laai ‘n widget gratis van ‘n webwerf op jou rekenaar af en as dit daar is, kan jy dit so met die een oog dophou, sonder om ‘n ander webwerf oop te maak. Die Audi-widget wys onder meer die weer op my dorp vir die volgende drie dae, die wisselkoers van die rand teenoor die dollar, die pond en die euro, die tyd in Londen en Los Angeles, asook ‘n nuusvoer.
My vraag is: Sal jy só ‘n gratis agri-widget benut, wat bv. die volgende aanbied: Safex-pryse, vleispryse, die weer in jou distrik, dorp op stad, kort landbou-nuusberigte, en ander nuttige landbou-inligting? Jy kan dit skrap wanneer jy wil.
Stem asb. sodat ons jou mening kan lees.
Jan Bez, landbou.com
Kommentaar
Beslis! So ding is baie welkom

Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)