Is voldoende bemarking van landbouprodukte tydens die Wêreldbeker-sokkertoernooi gedoen?

Kommentaar

Henry Mey 

Hel ek het 'n groot probleem met myself. Dit voel vir my of ek in 'n ander land gaan leer sokker kyk het. Ten eerste het ek geleer sokker kyk, selfs tot saans laat opgebly en opgewonde geraak as "my" span punte aanteken. Ek wou selfs my TV aanrand toe Ghana verloor oor daai handbal. MAAR waar was Eskom se advertensie dat ons ons die "geyser" moet afsit?Waar was die plaasaanvalle, die kapings en die tradisionele moord en doodslag? Waar was Cosatu se massa aksie? Was ek wel hier, ek weet self nie. Dit voel vir my ek is weer aan die neus gelei soos voor 1994. Maar dit is nie waaroor ek die probleem het nie. Ons het soveel unieke Landbouprodukte in ons land, Rooibos, Wyne, Karoolam, Suiwelprodukte, Organiese vleis en wolprodukte om maar net 'n paar te noem. Tog is hulle nie uitermate bemark nie. Ek dink ons het gesit en slaap. Die vraag bly wie moes dit doen en vir watter rede? Wel ek kan net dink wat sal dit aan die bedrywe doen as ons van ons produkte moet kan uitvoer soos wat ons sekere produkte invoer. As ons maar net die unieke smaak van Karoolam kan uitvoer soos wat ons "spare ribs" invoer, om maar net een voorbeeld te noem. Ons kon dit seker nie van die Departement van Landbou verwag het nie, hulle was te besig om al die kaartjies te gebruik wat deur die staatsdepartemente aangekoop is. So in die vervolg moet die onderskeie produsente organisasies maar ons produkte meer aggresief bemark as hier weer so groot gebeurtenis verbykom...

Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.