|
|
|
| Bygewerk: | 26 May 08:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 88% |
| Wind: |
Een van Suid-Afrika se voorste Merinotelers het met sy nuwe status as 'n "miljardêr" sy siening van sukses aan medeboere op Bonsmara SA se jaarlikse boeredag geskets.
Mnr. Andries (Tot) Pienaar van Klipplaatsfontein in die distrik Colesberg, was 'n genooide spreker op dié boeredag en hy het die aanwesiges vermaak met 'n Zimdollar-noot van 50 miljard (maar wat ongelukkig nie van hom 'n regte, egte miljardêr maak nie!) Met dié noot het hy medeboere by Bonsmara SA se jaarlikse boeredag vermaak.
Hy het sy siening van sukses op alle lewensvlakke met die gehoor gedeel. Maar wat maak 'n geërde skaapboer en "n 50 miljard Zim-dollar-noot in die teenwoordigheid van Bonsmara-telers?
Dié banknoot het hy onlangs op 'n lughawe vir R20 gekoop. Eintlik oorbestee daarop, sê hy, aangesien hy nie kleingeld gehad het vir die destydse heersende waarde van R15 nie. En deesdae nie eens 'n sent werd nie, aangesien dit op 31 Desember verlede jaar verval het en nou net as toiletpapier bruikbaar is.
En dit is juis as vir dié dat hy onderneem het om aan pres. Robert Mugabe van dié land te skryf met die versoek dat dit van sagter papier gemaak word.
20 Maart 2009
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24