Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Mielieboer-namibi

Nuus

SA en Australië deel SKA-projek

Ná jare se beplanning en maande se wag het die SKA-organisasie aangekondig dat Suid-Afrika en Australië dié teleskoop sal deel.

  • Gebrekkige rekord oor grondbesit
  • OBP-entstof weer onder skoot
  • SKA: Suid-Afrika hoor dalk vandag
  • Langklooframphulp: Minister help eindelik
  • Oesskatting in die kol – Graan SA
  • John Deere-winkel gewild op Nampo
  • Bosman wen Jongboer van die Jaar
meer...

Lekkerlees

  • Aktekantoor se inligting oop vir publiek
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Saterdag
  • Kans op reën
  • Hoog:18 C
  • Laag:9 C
  • Sondag
  • Sonskyn
  • Hoog:20 C
  • Laag:7 C
  • Maandag
  • Sonskyn
  • Hoog:20 C
  • Laag:8 C
Sonsopkoms: 7:38
Sonsondergang: 17:46

Kaapstad

Bygewerk:26 May 08:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:88%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Mielieboer is Namibi

 
Andries Gouws
Mnr. Heinz van Biljon is aangewys as Namibië se meester-akkerbouer. Hier is hy en sy vrou, Corlia, met hul trofee.
Mnr. Heinz van Biljon is aangewys as Namibië se meester-akkerbouer. Hier is hy en sy vrou, Corlia, met hul trofee.

'n Mielieboer van die Grootfontein-omgewing is aangewys as Namibië se meester-akkerbouer. Ernstige kommer is deur leiers in die bedryf uitgespreek omdat mielie-aanplantings die afgelope paar jaar met sowat die helfte afgeneem het.

Die onlangse styging in die mielieprys het nuwe optimisme in Namibië se mieliebedryf gebring nadat wisselvallige reën en stygende produksiekoste die aanplanting die afgelope tyd met bykans die helfte laat krimp het.

Op 'n boeredag op Nehlen, Kombat, die plaas van mnr. Heinz van Biljon, Namibië se meester-akkerbouer, het mnr. Jan Engelbrecht, voorsitter van die Akkerbouprodusentevereniging van Namibië, gesê in die afgelope dekade was daar net drie goeie jare.

Dit het groot finansiële druk veroorsaak, skuld die hoogte laat inskiet en boere se skuldverhouding baie laat verswak. Dietoestande het die gebied onder mielies laat krimp van 15 000 ha 'n paar jaar gelede tot die huidige skatting van sowat 8 000 ha.

Die verbouing van ander gewasse, soos katoen en grondbone, het ook aansienlik afgeneem. Dit kan ernstige gevolge vir dieland se akkerboubedryf inhou, aangesien boere sekere vaste uitgawes, soos arbeid en skulddelging, sal moet dek sonder die nodige inkomste.

Die hoër graanpryse het vir baie boere 'n uitkoms gebring, maar die geweldige prysskommeling op die Suid-Afrikaanse mark bring mee dat net één verkeerde besluit 'n boer in een jaar kan knak.

Hy het 'n beroep op Namib-meulens gedoen om aanplantingskontrakte vooruit met produsente aan te gaan om hul risiko te verklein.

Die nuwe omgewing waaraan boere blootgestel is, vereis aanpassings. Die dramatiese verswakking van die ruilwaarde van die Namibiese dollar teen die Amerikaanse dollar dwing boere om hul bewerking en bestuur só aan te pas dat die koste tot die minimum beperk word.

Die akkerboubedryf bly een van die belangrikste hoekstene waarop landbou-ontwikkeling in Namibië moet rus, aangesien diebedryf in verhouding tot sy grootte 'n belangrike werkskepper is.

Volgens die jaarverslag van die Namibiese Akkerbouprodusentevereniging is die akkerbou by 'n kruispad. Boere is onseker oor wit mielies omdat daar geen vasgestelde prysvooruitsig is nie en daar ook nie genoeg opbergplek vir graan in dieland is nie.

Daarom het die Akkerbouraad besluit dat Namibië se grense vir die invoer van mielies gesluit moet bly totdat die hele witmielie-oes verkoop is, en dat die Safex-invoerpariteitsprys die grondslag sal wees vir die Namibiese produsenteprys.

'n Voorplant-vloerprys sal gegee word wat gegrond is op die gemiddelde Safex-toekomsprys vir Julie die volgende jaar - soos uiteengesit in Oktober van die voorafgaande jaar - plus 10 %, plus die vervoerkoste na die onderskeie meulenaarsentrums.

Volgens die jaarlikse opname deur die Akkerbouprodusentevereniging kos dit sowat 1 400 Namibiese dollar om een hektaar mielies op onbesproeide grond te verbou en 1 530 dollar per hektaar vir katoen.

Boere word gemaan om hul produksie eerder konserwatief te beplan en hul koste doeltreffend te bestuur om die risiko so laag moontlik te hou. Hulle moet ook die koop van nuwe werktuie so ver moontlik beperk.

As die verhoging van plaaslike produksie ter sprake kom, moet onthou word dat Namibië se lae en ongereelde reënval dit 'n marginale mielieproduksiegebied maak. Daarom is dit noodsaaklik dat die regering moet wys dat hy boere wil help deur verantwoordelikheid vir die risiko's verbonde aan akkerbou te help dra. Daar moet ook onderhandel word om brandstofkoste vir die akkerbou verder te verlaag, die belasting op produksiemiddele moet verlaag word en stappe moet deur die Suider-Afrikaanse Doeane-unie gedoen word om die invoertariewe op werktuie te verlaag.

Op die vergadering van die Akkerbouprodusentevereniging is besluit dat die kultivarproewe - wat met die samewerking van saadmaatskappye op plase gedoen word - voortgesit en uitgebrei moet word en dat dit oopbestuifde kultivars moet insluit.

Grondbewerkingsproewe is te duur om plaaslik gedoen te word. Daarom sal navorsing wat die LNR se Graaninstituut op Potchefstroom ten opsigte van bewerking en rywydtes doen, deur kenners vir Namibië aangepas word.

Mnr. Christof Brock, hoof van die Akkerbouraad, het gesê daar word met angs kennis geneem van die kwynende graanaanplantings. 'n Omvattende ondersoek gaan gedoen word, en as iets aan die oorsake gedoen kan word, sal met die ministerie van landbou onderhandel word om 'n oplossing vir dieprobleem te kry.

Hoewel 'n mens geen beheer oor die klimaat het nie, glo hy nie koste is die grootste probleem nie, maar wel opbrengs. Hy glo egter as die regering wys hy stel in die bedryf belang, sal boere meer plant.

Die ondervinding in die suiwelbedryf het gewys dat as die regering net 'n klein bydrae lewer om bestendigheid te bewerkstellig, die boere bereid is om meer in só 'n bedryf te belê.

Sy raad, saam met die Akkerbouprodusentevereniging en die Namibiese landbou-unie, het besluit om 'n kursus vir graanboere - met die samewerking van Graan SA - aan te bied om boere in te lig oor hoe om verskansing in die bemarking van hul produk as nóg 'n hulpmiddel te gebruik.

Daar is ook planne om dispute oor gradering te verminder deur monsters meer professioneel te neem en selfs boere te nooi om die kursus te volg.

24 Mei 2002

0
 
 
  • 1895 keer gelees

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Waarom is boere so stil?
  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • John Deere-winkel gewild op Nampo
  • Boer aangerand oor begrafnis

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • Kostes per bees op huur grond
  • Vertroue in landbou tuimel
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction