Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Mielieraad-heffings-kwyt

Nuus

SA en Australië deel SKA-projek

Ná jare se beplanning en maande se wag het die SKA-organisasie aangekondig dat Suid-Afrika en Australië dié teleskoop sal deel.

  • Gebrekkige rekord oor grondbesit
  • OBP-entstof weer onder skoot
  • SKA: Suid-Afrika hoor dalk vandag
  • Langklooframphulp: Minister help eindelik
  • Oesskatting in die kol – Graan SA
  • John Deere-winkel gewild op Nampo
  • Bosman wen Jongboer van die Jaar
meer...

Lekkerlees

  • Aktekantoor se inligting oop vir publiek
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Saterdag
  • Kans op reën
  • Hoog:18 C
  • Laag:9 C
  • Sondag
  • Sonskyn
  • Hoog:20 C
  • Laag:7 C
  • Maandag
  • Sonskyn
  • Hoog:20 C
  • Laag:8 C
Sonsopkoms: 7:38
Sonsondergang: 17:46

Kaapstad

Bygewerk:26 May 08:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:88%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Mielieraad is heffings kwyt

 
MARLEEN SMITH

Die Mielieraad het die jongste ronde verloor in sy uitgerekte hofstryd om meer as R80 miljoen se beweerde uitstaande mielieheffings van boere in te win.

Regter Faan Hancke van die Bloemfonteinse Hooggeregshof het in die jongste uitspraak in dié geveg beslis dat die raad se eis teen 'n boer van Harrismith ongeldig is.

Dit is deel van 'n reeks van 259 soortgelyke regsgedinge wat die raad teen mielieboere landwyd aanhangig gemaak het.

Hancke het ten gunste van mnr. Temple Albert Hart van Harrismith bevind. Hy was een van talle boere wat deur Rainbow Chickens in die era voordat die mielieheffing afgeskaf is, gekontrakteer is om vir hom mielies te verbou. Die Mielieraad beweer die kontrakte wat tussen die boere en Rainbow gesluit is, was daarop gemik om werklike verkope van die mielies te verbloem en sodoende die betalings van heffings te ontduik.

Die ooreenkoms was dat Rainbow die betrokke lande van Hart gehuur het. Hart moes die nodige arbeid, werktuie, toerusting, brandstof en ondervinding verskaf en toesien dat die mielies geplant, geoes en afgelewer word. Rainbow het die saad, bemesting en spuitstowwe voorsien.

Hart se vergoeding het 'n basiese bestuursfooi ingesluit, asook 'n bonus as die oes groter as 'n bepaalde minimum sou wees. Rainbow het die oes verseker en onderneem om Hart vir sy vaste koste te vergoed selfs al sou die oes misluk.

Omdat Rainbow die mielies self (as hoendervoer) gebruik het en kragtens die kontrak nie van Hart gekoop het nie, is daar geen heffing op betaal nie.

Hancke het bevind die ooreenkoms tussen Hart en Rainbow was nie geveins nie en dus nie daarop gemik om die mielieheffing op onbehoorlike manier te ontduik nie.

"Die feit dat Rainbow gekies het om dit só te doen om mielies goedkoper te bekom omdat geen heffings betaalbaar was nie, is irrelevant," lui die uitspraak.

Hancke het daarop gewys dat Hart en ander boere steeds op soortgelyke manier graan produseer — deesdae vir die onderneming Verus Farms.

Die Vrystaatse uitspraak is in ooreenstemming met 'n vroeëre uitspraak in die Hooggeregshof in Pietermaritzburg, waarin die Mielieraad 'n soortgelyke eis teen 'n boer verloor het.

In die meeste sake tot dusver het Rainbow die boere van wie geëis is, van 'n regspan voorsien en uit sy sak al sowat R30 miljoen se heffings oorbetaal waarvoor boere aanspreeklik bevind is.

Die regstryd duur al sowat vyf jaar en is die enigste taak wat keer dat die Mielieraad sy deure finaal sluit. Uitstaande heffings wat ingewin word, word aan die Mielietrust oorbetaal.

3 Desember 2004

0
 
 
  • 2142 keer gelees

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Waarom is boere so stil?
  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • John Deere-winkel gewild op Nampo
  • Boer aangerand oor begrafnis

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • Plase langs paaie nie 'n vakansie
  • Uitdaging l
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction