|
|
|
| Bygewerk: | 26 May 08:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 88% |
| Wind: |
Die tyd raak min vir instansies wat navorsing oor mielieproduksie of -bemarking doen om om geldelike bystand by die Mielietrust aansoek te doen. Die sluitingsdatum is 15 September.
Mnr. Karabo Peele, voorsitter van die trust, sê enige instelling of organisasie wat 'n projek beoog wat aan die doelwitte en vereistes van die trust voldoen, kan om geld aansoek doen. Die hoofdoel van die trust, wat in 1998 gestig is, is om die mieliebedryf te bevorder.
Die trust stel geld beskikbaar vir die voortdurende verbetering van die mieliebedryf sodat dit internasionaal mededingend en 'n streekleier kan wees. Verdere doelwitte sluit in die verkryging, verwerking en verspreiding van markinligting en die daarstel van marktoegang vir Suid-Afrikaanse mielies.
Volgens Peele sal alle aansoeke op meriete beoordeel word. Aansoeke moet volledige inligting oor die projek en sy doel insluit, asook hoe dit sal bydra tot die Mielietrust se doelwitte, watter sektore van die mieliebedryf daarby sal baat vind, die omvang van die moontlike voordeel, 'n geskatte tydsraamwerk, ander bydraes tot die projek en die totale begroting.
Hy wys daarop dat die trust nie 'n mandaat het om produksiekrediet, finansiering vir individue of algemene geldelike bystand te verleen nie. Belangstellendes kan die administrateurs van die trust bel by tel. 012 333 3429 of e-pos: l-lagric@mweb.co.za.
30 Augustus 2007
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24